Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vyf swartes verkrag vrou voor haar seuntjie
Vyf swartes verkrag vrou voor haar seuntjie [boodskap #119746] Wo, 23 Junie 2010 08:40
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vyf swartes verkrag vrou voor haar seuntjie

Donderdag, 17 Junie 2010
Praag

'n Blanke vrou van Port Elizabeth is deur vyf swart gewapende rowers
in haar huis verkrag terwyl haar vierjarige seuntjie moes toekyk.
Volgens 'n plaaslike koerant in die Baai is dit "die eerste
gewelddadige huisaanval waar verkragting betrokke is" sedert die
aanvang van die wêreldsokkerbekertoernooi.

'n Woordvoerder vir die polisie, adjudant-offisier Precious Timla, het
gesê dat die rowers omstreeks 3-uur vm. deur 'n venster van die
kothuis in 'n tuin toegang verkry het.

Die vrou van Pekingstraat, Morningside is deur die geluid van stemme
in die kothuis wakker gemaak. "Die volgende oomblik het die (swart)
mans haar op die bed vasgedruk," het Timla gesê. "Hulle het 'n pistool
teen haar kop gehou en haar bankkaarte en pinnommer geëis voordat
hulle beurte geneem het om haar te verkrag terwyl haar seun dit in die
vertrek moes aanskou."

Blykbaar is 'n mes ook teen die vierjarige seuntjie se keel gehou om
sy ma te dwing om saam te werk.

Die geweldenaars het gedreig om haar seun as gyselaar aan te hou
terwyl hulle bank toe gaan om die geld te trek, maar die vrou kon
hulle oorreed om hom agter te laat.

"Ons is nie seker wat tussen haar en die rowers gebeur het nie, maar
hulle het uiteindelik die kind agtergelaat," het Timla gesê.

Hoewel daar geen tekens van 'n inbraak is nie, het 'n polisiebron gesê
dat die vensters oud is en nie behoorlik toemaak nie, dus kon die
rowers maklik deur een van hulle ingekom het.

Sommige aanvallers het weer deur die venster uitgeklim terwyl ander
deur die agterdeur vertrek het. Die vensterskarniere is los en het
geklap toe die rowers uitgeklim het, wat die huiseienaar op dieselfde
perseel wakker gemaak het.

Hy het opgestaan om ondersoek in te stel en het die vlugtende swartes
skrams gesien. "By die kothuis gekom, het hy die vrou huilende op die
bed gevind," het die bron gesê.

Die polisie is onmiddellik ontbied.

Volgens Timla is "drie van die mans met pistole gewapen, terwyl 'n
vierde blykbaar 'n speelgoedpistool by hom het".
Die erg geskokte vrou is na die hospitaal geneem en later ontslaan.
"Die vrou is hoogs emosioneel en erg getroumatiseer," het die
polisieman gesê. "Haar seuntjie is ook baie ontsteld oor die
voorval."

Oorsprong:Praag
(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3851164/http ://praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/ 8301-vyf-swartes-verkrag-vrou-voor-haar-seuntjie.html
)
Vorige onderwerp: Rowers val gesin in ‘teikenhuis’ 2 keer in 6 weke aan
Volgende onderwerp: Re: The Torture of White Limpopo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:21:36 MGT 2024