Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Rowers val gesin in ‘teikenhuis’ 2 keer in 6 weke aan
Rowers val gesin in ‘teikenhuis’ 2 keer in 6 weke aan [boodskap #119743] Wo, 23 Junie 2010 07:50
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Rowers val gesin in ‘teikenhuis’ 2 keer in 6 weke aan

2010-06-11 22:56
Hilda Fourie

Binne ses weke het hy een keer ’n rower op sy vrou gekry en die
volgende keer is hy in die gewrig en maag geskiet.

’n Week later het mnr. Gert van Tonder uit sy huurhuis in
Rietvalleipark, in die ooste van Pretoria, getrek nadat hy by sy bure
en die polisie gehoor het dié huis in Escombelaan is ’n gereelde
teiken van misdadigers.

Van Tonder (36), ’n bedryfsbestuurder van ’n veiligheidsmaatskappy,
het in Januarie ingetrek.

“Ek voel die verhuringsmaatskappy moes aan my bekend gemaak het wat
die misdaadsituasie in die omgewing is,” het Van Tonder gister by sy
nuwe huis in Moreletapark gesê.

“As hulle vir my gesê het, het ek nooit daar ingetrek nie.

“Ek dink ’n lewe is meer werd as ’n bietjie sake.”

Twee weke gelede was Van Tonder en sy vrou, Lizette (37), besig om te
braai toe vyf mans, van wie een gewapen was, op hulle afstorm.

“My vrou het hulle eerste gesien en begin skree,” het Van Tonder
gesê.

“Ek het die wapen uit die een se hand gegryp. Dis toe dat hy my in die
gewrig skiet. Ons het verder om die wapen gestoei waarna die tweede
skoot geklap het. Ek is in die maag getref. Toe die tweede skoot klap,
het hulle weggehardloop. Hulle het niks gevat nie.”

Ses weke voor dié voorval het Van Tonder wakker geword van sy vrou wat
skree dat daar ’n misdadiger op haar klim.

Dié misdadiger se makker het langs Van Tonder gestaan.

Van Tonder het die man wat bo-op sy vrou was, geslaan, waarna hy en sy
makker met ’n skootrekenaar en selfone gevlug het.

“Ek moes trek, want ek gaan nie daar bly dat mense my beroof nie. Ek
kan nie my gesin in sulke gevaar stel nie,” het Van Tonder gesê.

“’n Mens moet ondersoek instel die misdaad in die omgewing voordat jy
’n huis koop of huur. Ek weet misdaad kom oral voor, maar ek voel tog
die verhuringsmaatskappy moet ’n mens daaroor inlig.

“As daar weer mense in daardie huis intrek, sal ek hulle self van die
misdaad gaan vertel.

“Netnou dra hulle ’n lyk by daardie huis uit.”

Oorsprong:Beeld
(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3851164/http ://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-val-gesin-in-teiken huis-2-keer-in-6-weke-aan-20100611
)
Vorige onderwerp: Geskiet toe pa stop om iets te koop
Volgende onderwerp: Vyf swartes verkrag vrou voor haar seuntjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:43:54 MGT 2024