Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Geskiet toe pa stop om iets te koop
Geskiet toe pa stop om iets te koop [boodskap #119742] Wo, 23 Junie 2010 07:48
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Geskiet toe pa stop om iets te koop

2010-06-10 23:48
Hilda Fourie

’n Gholfafrigter van Centurion is eergisteraand op ’n kort afstand
deur ’n bakkievenster geskiet kort voordat twee mans haar pa van
duisende rande beroof het.

Dié voorval het net ’n paar honderd meter van die Leriba Lodge, waar
die Italiaanse sokkerspan tuisgaan, gebeur.

Me. Madeleine Kleinhaus (21), wat in die arm en been getref is, is
gister uit die Unitas-hospitaal in Centurion ontslaan.

Haar pa, mnr. Stefan Kleinhaus, het gesê hy gaan sy dogter “uit dié
Sodom en Gomorra” vat en saam met hom terug Pongola toe neem.

“Daar by ons is dit (’n skietery tydens ’n rooftog) ongehoord. Hier
skiet hulle die mense soos vlieë dood,” het mnr. Kleinhaus gesê.

Hy en sy vrou, Santa, het Maandagaand in Centurion aangekom om
onderdele te kom koop. Hulle het eergisteroggend omstreeks 11:00 saam
met hul dogter by die Eerste Nasionale Bank in Centurion gaan geld
trek. Op pad terug na haar huis in Lyttelton het hulle naby die
laagwaterbrug digby die Leriba Lodge langs die pad stilgehou by ’n man
wat tafels verkoop.

Mnr. Kleinhaus het uit sy voertuig geklim, terwyl Madeleine en haar ma
bly sit het.

“Twee mans het van voor af na die bakkie aangestap gekom,” het
Madeleine gesê. Haar pa het aan die agterkant van die bakkie gestaan.

“Toe ek hulle sien, het ek aan my ma gesê hier is nou moeilikheid.”
Madeleine en haar ma het die bakkie se deure gesluit. Een van die mans
het aan die bestuurderskant se deur geruk. Mnr. Kleinhaus het dit
gesien en nader geloop. Terwyl een van die mans ’n vuurwapen op hom
gerig het, het die ander een na Madeleine se kant geloop.

“Toe ek die vuurwapen (wat die man op haar gerig het) sien, het ek
afgebuk. Ek het weer opgekom. Dis toe wat hy my deur die venster
skiet.

“Hulle het na my ma toe gegaan en gevra: ‘Where is the bag, where is
the bag?’ Hulle het presies geweet wat hulle kom haal het. Ek het
gevoel hoe ek warm word en toe vir my pa-hulle gesê ek is geskiet en
dat hulle my moet help, want ek gaan doodgaan.”

Mnr. Kleinhaus het ’n verbygaande motoris voorgekeer wat Madeleine en
mev. Kleinhaus na die Unitas-hospitaal geneem het.

“Ons het niks verkeerds gedoen nie. Ons het openlik gery en langs die
pad stilgehou om iets te koop, toe word ek geskiet,” het Madeleine
gesê.

“Ná die voorval het ek net agtergekom ’n mens se lewe is nie in jou
eie hande nie.”

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Oorsprong:Beeld
( http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3851164/http ://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Geskiet-toe-pa-stop-om-iet s-te-koop-20100610
)
Vorige onderwerp: Rowers skiet pa voor dogter
Volgende onderwerp: Rowers val gesin in ‘teikenhuis’ 2 keer in 6 weke aan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:55:45 MGT 2024