Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Oue vemoor: Wag vas
Oue vemoor: Wag vas [boodskap #119732] Wo, 16 Junie 2010 17:58
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Oue vemoor: Wag vas

2010-06-04 11:15
Virginia Keppler

Beeld

Een van die aanvallers van ’n bejaarde Duitse vrou wat verlede week in
haar huis in ’n veiligheidskompleks in Silverton, Pretoria, vermoor
is, is glo ’n veiligheidswag wat die kompleks moes bewaak.

Maria Wiing, wat in die 70 was, is verwurg. Sy het alleen gewoon. Haar
lyk is Vrydag deur inwoners van die kompleks gevind.

Ses mense is in verband met die moord aangekeer.

Ao. Mike Mbewe, polisiewoordvoerder, het gesê dit is onduidelik
wanneer Wiing vermoor is.

Die polisie het onmiddellik na leidrade begin kyk en Woensdag in die
vroeë oggendure op ’n huis in Motetema in Limpopo toegeslaan. Wiing se
voertuig is hier gekry.

“Van daar af het die polisie verdere leidrade opgevolg tot by ’n huis
in Denilton in Mpumalanga waar hulle drie verdagtes gearresteer het,”
het Mbewe gesê.

Die polisie het toe teruggery na ’n huis in Mamelodi, Pretoria, waar
hulle die wag wat by die kompleks gewerk het, aangekeer het.

Nóg twee mense is in Mamelodi by ’n ander huis gearresteer in verband
met Wiing se moord.

Mbewe het gesê die polisie het by al die huise waar mense in hegtenis
geneem is, van die slagoffer se besittings gekry. Dit is
gekonfiskeer.

Die polisie het ook op ’n gesteelde polisievuurwapen beslag gelê. Die
wapen se reeksnommer is afgevyl.

Die aangekeerdes is tussen 25 en 30 jaar oud. Hulle verskyn binnekort
in die hof.

Mbewe het die polisielede geloof vir hul vinnige optrede en gesê
misdadigers sal uitgesnuffel word, ongeag waar hulle wegkruip.

- Beeld

Oorsprong:Beeld

( http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Oue-vemoor-Wag-vas-201006 04
)
Vorige onderwerp: Vrou van Bfn met tuinvurk aangeval
Volgende onderwerp: Straat mag naam van bomplanter hê
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:40:04 MGT 2024