Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vrou van Bfn met tuinvurk aangeval
Vrou van Bfn met tuinvurk aangeval [boodskap #119731] Wo, 16 Junie 2010 17:57
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vrou van Bfn met tuinvurk aangeval

2010-06-05 01:25
Earl Coetzee

’n BLOEMFONTEINSE vrou is in die hospitaal opgeneem nadat sy
gistermiddag wreed met ’n tuinvurk in haar huis aangeval is.

Mev. Karien van Rheede van Oudshoorn is gistermiddag omstreeks 15:00
in haar huis in Curlewisstraat, Heuwelsig, aangeval.

’n Man wat reeds drie jaar lank vir die Van Rheede van Oudshoorns in
hul tuin werk, is vermoedelik vir die aanval verantwoordelik.

Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê die 28-jarige man het
gistermiddag vir Van Rheede van Oudshoorn om koerantpapier gevra om ’n
sigaret mee te rol.

Toe sy vir hom die deur oopmaak, het hy glo ingestorm en haar met ’n
tuinvurk aangeval.

Sy het blykbaar steekwonde in haar nek opgedoen.

Dit is nie duidelik hoeveel keer sy gesteek is nie.

Die man het glo aangedring op geld en sy het vir hom al die geld wat
sy in die huis gehad het gegee, voordat hy gevlug het.

Volgens Wrensch is sy in die Bloemfontein-Medi-Clinic opgeneem.
Volksblad kon nie gister inligting oor haar toestand kry nie.

Haar familie wou ook nie gister met Volksblad praat nie, omdat hulle
te getraumatiseer was.

Wrensch sê die polisie is steeds op soek na die man en hoop om hom
binnekort in hegtenis te neem.

Van Rheede van Oudshoorn het ’n afskrif van sy identiteitsdokument
gehad, en die polisie weet dus presies wie hy is en waar hy bly.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad

(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-van-Bfn-met-tuinv urk-aangeval-20100604
)
Vorige onderwerp: Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae
Volgende onderwerp: Oue vemoor: Wag vas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:54:26 MGT 2024