Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae
Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae [boodskap #119730] Wo, 16 Junie 2010 17:54
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae

2010-06-03 01:01
Tom de Wet

VIRGINIA. – Die gruwelike wreedheid van die grusame en wreedaardige
moorde op ’n bejaarde vrou van Allanridge en haar ongetroude dogter
het hier in die hooggeregshof die eerste keer uit die
lykskouingsverslae duidelik geword.

Mej. Helen Lotter (57) se dood is veroorsaak deur skerp trauma en
beserings aan haar onderlyf toe sy en haar ma op 6 Maart 2009 in hul
huis aangeval is.

Luidens die verslag van dr. Horst Bumba, wat as bewysstuk by die hof
ingedien is, was mej. Lotter se voortande uit en haar hele liggaam was
vol sny-, kneus en skaafwonde. Haar geslagsdele was vermink tot in
haar ingewande, wat ook beskadig is. Met die lykskouing was daar geen
uterus of serviks nie.

Hy beskryf die oorsaak van die beserings as “duidelike penetrasie met
’n skerp voorwerp”. Daar kon weens die omvang van dié beserings nie
vasgestel word of sy verkrag is nie.

Luidens die verslag van dr. Wilhelm van Heusden is mev. Alice Lotter
(76) dood weens verstikking en versmoring ná die inaseming van bloed
weens penetrerende steekwonde in haar nek en keel.

Regter S.P.B. Hancke het gister in die binneverhoor in die verhoor van
die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22) en Joseph Khumalo
(21), bevind Hlongwane se bewerings dat hy deur die polisie gedreig,
gedwing en voorgesê is wat hy in sy vroeëre bekentenis moet sê, is
onwaar.

Regter Hancke het beslis dat Hlongwane die bekentenis, met detail-
beskrywings oor hoe die aanval op die twee Lotter-vroue plaasgevind
het en wat in hul huis gesteel is, vrywillig afgelê het en dit as
getuienis toegelaat word.

Dit kom ná getuieis in dié verband deur landdros J.A. Smith van
Wesselsbron voor wie die bekentenis afgelê is, asook kapt. Francois
Laux wat by die uitwysings betrokke was, ao. James Mahlatsi, die
ondersoekbeampte, en kapt. André Niemann wat Mahlahtsi na Smith in
Wesselsbron gebring het.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad

(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Wreedaardigheid-van-mo orde-blyk-uit-verslae-20100603
)
Vorige onderwerp: Slagoffer het haar ‘teëgesit’
Volgende onderwerp: Vrou van Bfn met tuinvurk aangeval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 16:19:22 MGT 2024