Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Slagoffer het haar ‘teëgesit’
Slagoffer het haar ‘teëgesit’ [boodskap #119729] Wo, 16 Junie 2010 17:51
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Slagoffer het haar ‘teëgesit’

2010-06-02 01:39
Jana Engelbrecht

KIMBERLEY. – Mev. Hettie Uys (72) van Huis Stillerweë het ’n rukkie ná
die grusame aanval in die Weseinde-begraafplaas in Kimberley beswyk.
Beserings aan haar kop en die swelling van haar brein het dit
aangedui, het dr. Adin Don Surtie van die regsmediese laboratorium in
die stad gister in die hooggeregshof getuig.

Uys se lyk was oortrek met kneusplekke en beserings.

Die weduwee is op 18 Januarie verlede jaar in die Weseinde-
begraafplaas oorval terwyl sy blomme op haar man se graf gesit het.

Mnr. Andries Mohale (22) het vroeër skuld op aanklagte moord,
verkragting en roof voor waarnemende regter B.M. Pakati ontken.

Surtie het gesê Uys se skedel was gekneus; haar oë was geswel en haar
vingerpunte was pers. Op haar wang en voorkop was die trapmerke van ’n
skoen. Uys is klaarblyklik verwurg. Bloeding is op albei kante van die
brein aangetref. Sy het skaafmerke op haar regterarm en bobeen gehad.

Mnr. John Fourie het getuig hy het die oggend van die voorval ’n groen
motor in die begraafplaas opgemerk. Die motor se deur was oop.

“Ons het my seun se graf skoongemaak. Ek het niemand by die motor
gesien nie. Ek het gedink dit is gesteel.” Hy het twee voete sien
uitsteek toe hy verbyry.

“Ek het dadelik uitgeklim. Die vrou het daar gelê. Haar onderklere was
uitgetrek. Sy was heeltemal kaal van haar middellyf ondertoe. Haar
gesig was vol bloed.

“Ek het die polisie gebel en gewag totdat hulle opdaag. Ek het ’n
bebloede klip ’n entjie verder gewaar.”

Mnr. Monapule Windvogel (19), wat eers ’n verdagte was, het as ’n art.
204-getuie vir die staat getuig. Hy het vertel hoe hy, Mohale en ’n 16-
jarige seun die oggend van die voorval mense gesoek het om te beroof.

“Ons het die vorige aand gedrink. Ons het nie meer geld gehad nie.”

Die vriende het buite die begraafplaas gesit. “Seun (Mohale) het vir
my gesê ek moet sigarette koop.”

Windvogel het van sy vriende by die winkel ontmoet en eers saam met
hulle dagga gerook voordat hy teruggegaan het.

“By die begraafplaas aangekom, het ek nie vir Seun gewaar nie. Toe ek
mooi kyk, het ek hom op die grond gesien.”

Mohale het tussen ’n groen motor en ’n boom gehurk.

“Ek het ’n vrou se voete opgemerk. Sy het op haar rug gelê. Sy was nie
dood nie, want haar linkerbeen het nog beweeg.

“Haar onderlyf was kaal en haar kop was vol bloed.”

Mohale het in die motor geklim. Hy het ’n bruin beursie uitgehaal wat
hy op die grond gegooi het.

Hulle het toe na Donkerhoek in Galeshewe gegaan om verder te drink.

Mohale het vir Windvogel gesê hy het die vrou aangerand, omdat sy haar
“teëgesit” het toe hy haar wou beroof. Hy het haar met ’n klip teen
die kop gekap.

Die verhoor duur vandag voort.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad

(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Slagoffer-het-haar-te% C3%ABgesit-20100602
)
Vorige onderwerp: Bejaarde se gebed laaste woorde voor dood
Volgende onderwerp: Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 19:26:48 MGT 2024