Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bejaarde se gebed laaste woorde voor dood
Bejaarde se gebed laaste woorde voor dood [boodskap #119726] Wo, 16 Junie 2010 16:13
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bejaarde se gebed laaste woorde voor dood

2010-06-01 00:58
Tom de Wet

WELKOM. – “Dankie, Here, dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil,”
was die gebed en van die laaste woorde van die sterwende mev. Alice
Lotter nadat sy en haar dogter op 6 Maart 2009, in wat deur geharde
polisiemanne as een van die wreedaardigste misdaadtonele van hul
loopbane beskryf word, beseer is.

Lotter (76) is kort ná haar aankoms in die hospitaal aan haar
beserings dood, en haar dogter, mej. Helen Lotter (57), enkele dae
later.

Dié wrede moorde op die twee vroue (mej. Lotter is onder meer met ’n
gebreekte bierglas gemolesteer en vermink) het wye reaksie ontlok en
mnr. Eugene Terre‘Blanche het tot kort voor sy moord nog in onderhoude
na dié grusame moorde verwys. Hy het ook optogte na die hofgebou op
Odendaalsrus gelei waar die twee vermeende moordenaars eers verskyn
het.

Die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22), die Lotters se
tuinier, en Joseph Khumalo (21), het gister hier in die hooggeregshof
voor regter S.P.B. Hancke skuld op drie aanklagte van moord en een van
huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende
omstandighede ontken.

Kapt. Koos Venter, hoof van die speurtak op Allanridge, het gister in
die verhoor getuig hy het die nag van 6 Maart ’n oproep van mev.
Lotter gekry. Sy het gevra “kaptein, waar is jy?” waarna die telefoon
doodgegaan het.

Hy kon nie weer na haar deurkom nie en het in sy motor gespring en van
sy huis op Odendaalsrus na Allanridge gejaag.

By die agterdeur het hy op die erg beseerde mej. Lotter op die
kombuisvloer afgekom. Haar gesig was vol bloed, van haar tande was
uit, sy het ’n bebloede T-hemp aangehad en haar naakte onderlyf was
vol bloed. Daar was ’n bebloede mes en skêr op die toneel, sowel as
die gebreekte onderdeel van ’n bierglas wat naby haar bene gelê het.

In die eetkamer het ’n erg beseerde mev. Lotter teen ’n stoel
aangeleun en was besig om te val. Venter het haar gehelp en op die
sitkamermat neergelê.

“Wie is jy?” het sy hom gevra terwyl hy gapende wonde aan haar keel,
arms en hande gesien het. Hy het gesê wie hy is, waarop sy gesê het:
“Dankie Here dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil.”

Venter het die huis deurgesoek en net op die vroue se twee honde in
die een kamer afgekom. Hy het die vroue gemaklik gemaak en nooddienste
ontbied. Mev. Lotter het sy aandag getrek en gesê dit is Joseph wat in
die tuin werk wat hulle seergemaak het. Sy het vir hom gesê Joseph se
besonderhede is in haar paspoort op die eetkamertafel. Sy het nie weer
gepraat nie en is kort daarna dood.

Venter, met 31 jaar diens as polisieman agter die rug, het getuig die
misdaadtoneel was die wreedaardigste wat hy nóg gesien het.

Hlongwane word onder meer met vingerafdrukke met die moorde verbind.
(Lees berig op bl.4.)

Adv. Sophie Giorgi kla aan, adv. Jan Nkhahle en mnr. Law-rence
Chabalala verskyn vir die beskuldigdes. Regter Hancke word bygestaan
deur twee assessore, mnr. P. Haasbroek en me. B. Smal. Die verhoor
duur voort.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad

(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-se-gebed-laas te-woorde-voor-dood-20100601
)
Vorige onderwerp: Boere trek polisievrou vas
Volgende onderwerp: Slagoffer het haar ‘teëgesit’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:21:46 MGT 2024