Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boere trek polisievrou vas
Boere trek polisievrou vas [boodskap #119717] Ma, 24 Mei 2010 15:51
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Boere trek polisievrou vas

2010-05-23 22:33
Amanda Roestoff

’n Polisievrou is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in Schweizer-
Reneke, Noordwes, en ’n voormalige polisielid word in verband met die
voorval gesoek.

Mnr. Abraham Oosthuizen (35), ’n saai-en-beesboer op die plaas
Grootlaagte, is Vrydag 20:00 aangeval toe hy by sy plaas aangekom het
nadat hy werkers gaan aflaai het.

Hy het met sy bakkie onder ’n afdak sowat 15 m van sy huis stilgehou
en uitgeklim met dokumentasie en sy .22-haelgeweer in sy hand.

Die volgende oomblik het drie mans op hom afgestorm en ’n skoot op hom
gevuur.

“My eerste reaksie was om aan te val en ek het sommer so (een skoot)
van die heup af geskiet,” het Oosthuizen vertel.

Een van die aanvallers het weggehardloop, maar twee het agter sy
bakkie gaan wegkruip. “Toe skiet hulle sommer so oor die enjinkap van
my bakkie na my toe!”

Oosthuizen het by sy huis ingehardloop, die deur gesluit en ander
boere se hulp oor ’n tweerigting­radio ingeroep.

Binne sewe minute was van die boere daar. Hulle het na die aanvallers
begin soek en die plaas gefynkam.

“Die boere was fantasties,” het Oosthuizen gesê. “Van hulle het tot
sover as 60 km gery om te kom help.

“So ver soos hulle gery het, het hulle paaie toegemaak en mense
deurgesoek.”

’n Verdagte wit Colt-bakkie is op die Hartsfontein-grondpad van die
pad gedwing.

’n Vrou is agter die stuur aangetref en in hegtenis geneem.

Sy is ’n 34-jarige konstabel van die Florida-polisiekantoor in
Roodepoort se misdaadvoorkomingseenheid.

Ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, kon nie sê hoekom die bakkie
verdag was of wat die vrou met die aanval verbind nie.

Hy het net gesê die bakkie is deurgesoek en daar is vasgestel dat dit
geregistreer is in die naam van ’n voormalige polisielid van
Rustenburg wat in Februarie glo uit die polisie bedank het.

Dié oudlid was ook na bewering deel van die aanval en sou hom gister
aan die polisie oorgegee het, maar teen druktyd het dit nog nie gebeur
nie.

Nog ’n verdagte, ’n 36-jarige man, is eergister in Ipelegeng, net
buite Schweizer-Reneke, vasgetrek.

Nog ’n verdagte is steeds soek.

Verskeie polisie-items is in die bakkie gevind, waaronder die
voormalige polisielid se aanstellingsertifikaat, die vrouekonstabel se
aanstellingsertfikaat, ’n polisie-flitslig, twee handradio’s en ’n
oranje noodlig.

Daar is ook op een van die verdagtes se rybewys, asook ’n Z88-pistool
en ’n magasyn met 15 patrone beslag gelê.

Oosthuizen het die polisie se beweerde betrokkenheid by die aanval as
teleurstellend bestempel.

Die polisievrou en die 36-jarige man sal vandag op aanklag van poging
tot moord in die hof verskyn.

Oorsprong:Beeld

( http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3840502/http ://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-trek-polisievrou-vas -20100523
)
Vorige onderwerp: ‘Eendag in Boerland’
Volgende onderwerp: Bejaarde se gebed laaste woorde voor dood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:17:44 MGT 2024