Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bewerings in media teen die Suidlanders
Bewerings in media teen die Suidlanders [boodskap #119609] Di, 20 April 2010 20:17
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Op Sondag 18 April verskyn daar ‘n berig in die “Sunday Tribune”
waarin daar verskeie bewerings gemaak word teen die Suidlanders
waaronder die werwing van oud militêre en veiligheids polisie lede en
ook dat die Suidlanders agter ‘n e-pos veldtog is wat daarop uit is om
die 2010 sokker toernooi in Suid Afrika te boikot. Daar word verder
ook beweer dat die persone wat in Worcester gearresteer is met
onwettige wapens en springstowwe Suidlanders was.

Die skrywer van die artikel gaan selfs so vêr om te beweer dat die
Suidlanders “ondergrondse” strukture het wat gemobiliseer word om
sekere onwettige aksies te loods. Die joernalis, ene Dewet Potgieter
skryf vêrder dat hierdie bewerings aan hom deurgegee is deur ‘n “bron”
binne die Suidlanders.

Die Nasionale bestuur van die Suidlanders verwerp hierdie bewerings
met die minag wat dit verdien en daag mnr Dewet Potgieter en ook die
SAPD om hierdie bewerings in die publiek met feite te staaf. Die
bewerings word gesien as ‘n poging om die Suidlanders te diskrediteer
om sodoende die steun wat die Suidlanders huidiglik geniet te
minimaliseer.

Die Suidlander Nasionale bestuur stel dit onomwonde dat daar GEEN
ondergrondse aktiwiteite bedryf word nie en dat daar geen intensie of
poging bestaan om enige onwettige aktiwiteite te bedryf nie. Die
amptelike Suidlander DEKLERASIE stel dit duidelik dat geen onwettige
aktiwiteite geduld sal word nie. Alles wat deur die Suidlanders bedryf
word is in die ope en sigbaar.

Die Nasionale bestuur was vandag in gesprek met die Suidlander bestuur
in die Weskaap en ook die sameroeper van Worcester om te bepaal of die
aangeklaagdes deel was van enige van die Suidlander groepe. Dit is
bevind dat die aangeklaagdes nie deel was of is van enige Suidlander
groepe nie en is daar ook geen rekord dat hulle ooit enige Suidlander
vergaderings in die streek bygewoon het nie.

Die Nasionale bestuur is egter besig om die saak verder te ondersoek
en sal die bevindinge in die media bekend maak so spoedig moontlik.

Ons wens weereens alle ondersteuners te vra om nie summier alle
gerugte te glo of verder te versprei voor dit nie behoorlik getoets is
nie. Die Nasionale bestuur wens ook alle ondersteuners te maan om te
waak teen ENIGE onwettige optrede aangesien dit nie net u self en u
gesin beinvloed nie maar ook ‘n groot gemeenskap van ondersteuners
landwyd wat reeds in die Suidlander strukture opgeneem is.

Oorsprong:Die Suidlanders
( http://suidlanders.co.za )
( http://suidlanders.co.za/bewerings-in-media-teen-die-suidlan ders/ )
Vorige onderwerp: Die boere is dood - Dubul-ibhunu = Skiet die boere
Volgende onderwerp: Rian Van Heerden se versteurde denke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:14:22 MGT 2024