Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rian Van Heerden se versteurde denke
Rian Van Heerden se versteurde denke [boodskap #119611] Di, 20 April 2010 20:25
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Deur Vlad du Plessis,
Dinsdag, 20 April, 2010

In 'n verbysterende stuk werklikheidsontekenning val die Naspes
rubriekskrywer, Rian van Heerden, Afrikaners aan vir hul rassistiese
reaksie tot die moord op Eugene Terre Blanche. Van Heerden vind dit
wêreldvreemd dat Afrikaners toenemend op die internet rassisties op
hierdie gebeurtenis reageer.

Van Heerden se analise is egter, soos alle Naspers joernaliste en
rubriekskrywers, van die veroordelende tipe wat binne die isolasie van
sy eie belewingswêreld kom. Syne is 'n wêreld waar hy meerendeels
omring is deur 'n eendersdenkende liberale kliek wat Suid Afrika nie
op die werklikheid interpreteer nie, maar wel o.g.v. hul uitgediende
liberale ideologie. Deel van hierdie mislukte ideologie is om nie te
verstaan dat mense reageer binne 'n breër milieu waarin raswerklikheid
elke dag op onaangename en selfs brutale wyse aan hulle opgedwing word
nie.

Bloot oor hul velkleur, loop blanke werksoekers dag vir dag in geslote
deure vas. Sedert 1994 is om en by 90 000 wit vroue deur swartes
verkrag en nog 'n verdere 45 000 blankes is deur swartes vermoor.
Anders as wat Van Heerden dink is die moord op Eugene Terre Blanche
glad nie die oorsaak vir die ongekende vlaag van wit rassisme nie.
Nee, dit was maar net die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek
het.

Dat amper elke wit misdaadslagoffer tot hede deur swartes aangeval is,
is volgens Van Heerden se logika 'n blote toevalligheid wat nie
blankes met woede jeens swartes moet vul nie. Dat Julius Malema
openlik "Skiet die Boere" sing en dat blankes ,en veral Afrikaners,
uit bykans elke sfeer van die samelewing, deur die swart regering,
gedwing word, moet ook nie ons rasseverhoudinge beinvloed nie.
Duidelik is Van Heerden se logika in die omgewing van die absurde.

Volgens navorsing, wat Ferdie Greyling, nog 'n Naspes rubriekskrywer
aanhaal, sou mens selfs kon argumenteer dat rassisme 'n noodsaaklike
oorlewingstrategie is, daar waar een ras deur 'n ander bedreig voel.
Ek dink nie dat laasgenoemde punt Greyling se bedoeling was nie, maar
dit is die onvermydelike gevolg van die navorsing wat hy, duidelik
ondeurdag, aanhaal. Met Afrikaners wat elke dag deur swartes vermoor
en verkrag word en met 'n swart regering wat ons bates wil afneem, is
dit seker net logies dat Afrikaners deur swartes bedreig voel. Hoe kan
wittes dan nie met woede teenoor swartes sit nie?

Dat Afrikanerorganisasies nou hul verdedigingsarms in een
bevelstruktuur verenig is ook 'n aanduiding daarvan dat Afrikaners ook
nie bereid is om voortaan net met hul wantroue teenoor swartes te sit
en wag vir beter dae nie. Nee, ervaring het vir hulle gewys dat die
swart bedreiging in der mate 'n werklikheid is, dat hulle daadwerklik
iets daaraan moet doen. Hierdie is die werklikheid en die linkse
ideoloë in Naspers moet maar ophou om liberale lugkastele te bou en
met die groeiende rassekonflik van die NSA verlief neem.

Oor Afrikaners se internet woede sê Van Heerden: "Ek het 'n weeklange
naarheid in my gehad. Ek wou elke dag braak oor wat mense kwytraak."
Tog spraak Van Heerden nie 'n sprook na die boere wat elke dag
brutaal, deur swartes, vermoor word nie. Dit regverdig geen woede teen
swartes nie. Die vele wit vroue wat met afgebreekte bottelkoppe in hul
vaginas opeindig, nadat swartbendes hulle verkrag het, se lot is
volgens Van Heerden se logika geen rede vir Afrikaners om nie hul
swartbroers se hand in vriendskap te neem nie. Nee dit maak hom nie
naar nie en hy kan ook nie verstaan waarom dit Afrikaners ontstel,
selfs woedend rassisties maak nie. Hy het die vermetelheid om te se:
"Die volk het van sy spreekwoordelike trollie af gebliksem." Dus,as jy
die swart moordenaar en verkragter verag is jy van jou trollie af.
Watter soort logika is dit? Wie is werklik van sy trollie af? Hierdie
gekke-logika is sprekend van die waansinnigheid waaraan die wit
linkses, of 'Afrikaanses', van Naspers ly. Duidelik lei liberalisme in
Afrika tot versteurde denke.

Oorsprong:Perspektief Blog deur Vlad du Plessis
( http://tinyurl.com/y7bgmw6 )
Vorige onderwerp: Bewerings in media teen die Suidlanders
Volgende onderwerp: Plaasmense veg in voorste linie van oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:00:20 MGT 2024