Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nóg 3 bejaardes in huise vermoor in vlaag van aanvalle
Nóg 3 bejaardes in huise vermoor in vlaag van aanvalle [boodskap #119380] Ma, 08 Maart 2010 15:02
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nóg 3 bejaardes in huise vermoor in vlaag van aanvalle

2010-02-21 22:37

Fanie van Rooyen

Die vlaag van moorde op bejaardes het die naweek voortgeduur toe nog
drie mense by hul huise in onderskeidelik Mokopane, Limpopo en
Eldoraigne, Centurion, vermoor is.

Mnr. en mev. Jozua (70) en Esmé Booysen (54) is Vrydag deur rowers
buite hul huis op ’n mynperseel in Mokopane ingewag en met klippe
doodgegooi.

Die tuinwerker van mnr. Jerzy (George) Kanienski (60), ’n ingenieur
wat oorspronklik van Pole kom, het eergisteroggend omstreeks 07:00 op
Kanienski se bebloede lyk afgekom waar dit in ’n gang in sy huis in
Eldoraigne gelê het.

Kanienski se hande was met kabelbinders vasgebind en daar was
steekwonde aan sy liggaam.

Dit volg nadat ses bejaardes reeds sedert begin vanjaar in Pretoria
vermoor is.

Kapt. Louise Reed, polisiewoordvoerder, het gesê Kanienski is
waarskynlik Vrydag laatmiddag reeds deur ’n onbekende aantal rowers
vermoor.

Die rowers het met slegs ’n kamera en twee handwapens van Kanienski
gevlug.

“Dis verskriklik, ek weet nie eers wat om te sê nie,” het ’n bedroefde
me. Johanna Fidos, ’n niggie van Kanienski en sy enigste familie in
die land, gister gesê.

“Ek verstaan nie hoe jy iemand vir niks kan doodmaak nie. Is ’n kamera
en twee pistole werklik iemand se lewe werd?”

Fidos het Donderdag laas met Kanienski gepraat en hulle sou eergister
ontmoet het om te kuier.

“Ek het uitgesien om hom te sien, maar toe bel ’n vriend van hom wat
deur die polisie gekontak is my om my van sy dood in te lig,” het sy
gesê.

“Dit is ’n absolute skok.”

Kanienski, wat by die departement van waterwese gewerk het, woon al
meer as 25 jaar in Suid-Afrika. Hy is jare gelede geskei en het geen
kinders gehad nie.

Supt. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gister gesê die
Booysen-egpaar het Vrydag gaan inkopies doen en is by hul terugkeer by
hul huis deur vermoedelik twee rowers oorval.

“Twee van die egpaar se werkers is vroeër die dag deur die rowers
oorval en in die huis vasgebind,” het Otto gesê.

“By hul aankoms by hul huis is die egpaar toe ook deur die rowers
oorval en met klippe doodgegooi.”

Die rowers het volgens haar verskeie vuurwapens uit die Booysen-egpaar
se huis gebuit en in mnr. Booysen se Mercedes-Benz van die toneel
gevlug.

Die egpaar se werkers kon hulself loswikkel en het hulle na ’n
nabygeleë polisiekantoor gehaas om die voorval aan te meld.

Die polisie het kort daarna die Booysen-egpaar se lyke by hul huis
gekry.

Mnr. Booysen se uitgebrande motor is later sowat 20 km van die
moordtoneel deur die polisie gekry.

Niemand is nog in verband met dié moorde aangekeer nie.

( http://tinyurl.com/y8sl2mh )
Vorige onderwerp: Bejaarde vrou in Benoni vermoor, man beseer
Volgende onderwerp: Solidariteit Brief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:23:19 MGT 2024