Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bejaarde vrou in Benoni vermoor, man beseer
Bejaarde vrou in Benoni vermoor, man beseer [boodskap #119379] Ma, 08 Maart 2010 14:58
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-02-15 11:37

René-Jean van den Berg en Wolfram Zwecker

Die moordenaars van ’n bejaarde vrou van Northmead, Benoni, was teen
gister nog op vrye voete.

Mev. Alice Botha (75) is in die gang van haar huis dood weens ’n hou
teen die kop.

Haar man, Jack, (ook 75) word in die hoësorgeenheid van die Unie-
hospitaal in Alberton behandel waar sy toestand gister nog as
bedenklik bestempel is.

’n Onbekende aantal mense het die egpaar Vrydagnag in hul huis in
Negende Laan oorval, het konst. Ron Nchali, polisiewoordvoerder,
gesê.

Die egpaar se dogter, mev. Antoinette Jannecke, het op hulle afgekom
toe sy en haar vriend, mnr. José Vieira, van ’n fliek by die huis
gekom het.

Vieira het gesê toe hulle omstreeks 23:00 by die huis kom, was die
garagedeur oop en was daar bloed op die deur se handvatsel.

“Dit was alles vreemd. Antoinette is eerste by die huis in en het haar
pa op die vloer in die kombuis gekry.”

’n Vreemde man het uit een van die vertrekke kombuis toe gekom om by
die huis uit te gaan, het Vieira gesê.

“Hy het ’n baie welkome houding gehad, asof hy die volste reg het om
in die huis te wees.”

’n Struweling het buite die huis tussen Vieira en die vreemdeling
ontstaan, maar die vreemdeling het hom glo nie teëgesit nie.

“Antoinette het intussen histeries begin gil en ek het besef sy is
alleen in die huis. Ek het toe net ingehol en hy het weggekom.”

In die gang na die slaapkamer het mev. Botha se lyk gelê.

Konst. Godin Nyathi, polisiewoordvoerder, het gesê dit is nog nie
bekend wat alles gesteel is nie, maar ’n plastieksak met selfone en
juwele is in die tuin opgetel.

Oorsprong:Beeld

( http://tinyurl.com/y97g89h )
Vorige onderwerp: Re: Is "Dutch" 16 different languages
Volgende onderwerp: Nóg 3 bejaardes in huise vermoor in vlaag van aanvalle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 06:52:27 MGT 2024