Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Dave - Foto Edit
Dave - Foto Edit [boodskap #119011] Do, 05 Maart 2009 09:58 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hi Dave

Ek weet nie veel van foto edit goed af nie, maar as jy my kan help met iets
kleins sal ek dit waardeer. In die Beeld byvoorbeeld sien jy baie keer 'n
rugbyspeler op 'n "wit" agtergrond. Hulle het met ander woorde die ou net so
uit ge-edit en hom geprint.

Ek wil min of meer dieselfde doen. Is daar software wat die taak kan
makliker maak.

'n Ander voorbeeld is as ek 'n logo vir 'n besigheid kaartjie gemaak het op
'n wit agtergrond, en ek wil die logo gebruik op swart papier lyk dit baie
sleg - ek wil net die logo skrif en die prentjie kan oordra, sodat dit lyk of
die background van die begin af dieselfde kleur was as wat die kaartjie ook
mag wees

Hoop jy verstaan
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119012 is 'n antwoord op boodskap #119011] Do, 05 Maart 2009 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" wrote:

> Hi Dave
>
> Ek weet nie veel van foto edit goed af nie, maar as jy my kan help met iets
> kleins sal ek dit waardeer. In die Beeld byvoorbeeld sien jy baie keer 'n
> rugbyspeler op 'n "wit" agtergrond. Hulle het met ander woorde die ou net so
> uit ge-edit en hom geprint.
>
> Ek wil min of meer dieselfde doen. Is daar software wat die taak kan
> makliker maak.
>
>
> 'n Ander voorbeeld is as ek 'n logo vir 'n besigheid kaartjie gemaak het op
> 'n wit agtergrond, en ek wil die logo gebruik op swart papier lyk dit baie
> sleg - ek wil net die logo skrif en die prentjie kan oordra, sodat dit lyk of
> die background van die begin af dieselfde kleur was as wat die kaartjie ook
> mag wees
>
> Hoop jy verstaan
>

Daar is vele vele programme wat di wat jy wil hê kan doen, Riaan.
Want al wat jy werklik wil doen is om die agtergrond deurskynend
(transparent) te maak.

So, jy soek 'n program (sommiges sal 'n bygevoegde plugin daarvoor
benodig) wat die foto kan uitsny en die agtergrond uitvee.

'kay.., nou weet jy waarvoor om te soek. Kliek nou hier en kyk hulle
deur. Dit is gratis en verniet programme.
http://graphicssoft.about.com/od/pixelbasedwin/tp/freephotoe dw.htm

NS.
Jy wil egter nie net die agtergond uitvee (en deurskynend maak!) nie.
Jy sal ook dan die kontras, kleurhelderheid, skerpheid en rande van
die foto moet regdokter. Nou is dit nie meer so eenvoudig nie, maar
steeds, as jy weet wat jy doen, enkele minute se werk, (steeds
afhangende van die eenvoudigheid van die foto, natuurlik).

Daar is soveel dinge wat hier faktore is, bv. as ek ure aan 'n foto
spandeer, en dit topnotch doen, en jy kyk daarna op 'n skerm wat nie
gekalibreer is nie,( maw jou swart lyk nie soos die op my skerm nie en
jou wit is donkerder as myne, en jou rooi is einlik magenta ens.) gaan
dit by jou heel anders lyk as by my, my harde werk ten
spyt. Dit is ook waarom 'n foto dikwels anders lyk wanneer dit van die
drukkers af kom, as wat dit op jou skerm gelyk het. En as jy dit self
druk is die vraag dieselfde, of jou drukker gekalibreer is. Maar nou
praat ons van 'druk wat jy op jou skerm sien' wat nie so eenvoudig is
as wat dit klink nie. Weer, hang dit alles af van hoe vol fiemies jy
is. Soos ek gesê het, is hier hope dinge wat rolle speel wanneer van
fotos gepraat word.

Dit neem my 'n 300ste of 'n 1000ste van 'n sekonde om 'n foto te neem
en dan werk ek somtyds 'n ½ uur of langer daaraan voor dit reg is vir
'n drukker.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119013 is 'n antwoord op boodskap #119012] Do, 05 Maart 2009 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek nie verduidelik het nie, Riaan, (omdat ek dit nie nodig geag
het nie, maar nou tog byvoeg) is dat 'n transparent background
natuurlk tot gevolg het dat die deurskynende agtergrond die kleur van
die papier of dié van die nuwe file as agtergrond gebruik. Of, jy kan
dit 'fill' met enige gewenste kleur.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119014 is 'n antwoord op boodskap #119011] Do, 05 Maart 2009 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Mar 2009 14:46:51 +0200, Ferdi wrote:

>
> Gaan check bietjie www.gigapan.org vir 'n interessante ontwikkeling

Ek is nou besig om na die link te kyk, en dit laat my 'n download
doen. Weet steeds nie wat afgelaai word nie. Nee, toe ek nou kyk was
dit reeds meer as 11MB en ek weet nie wat dit is nie. Miskien is dit
Google Earth wat ek reeds het. So ek het die download gestop.

Jy sal vind dat mense wat (soos ek) gebruik maak van Photoshop
weier om enige eits anders te gebruik. Want daar is hoegenaamd nie 'n
ander foto manipuleerder wat enigsins daarmee vergelyk kan word of in
dieselfde geselsskap bespreek kan word nie. Maar dit is gesofistikeerd
en nie 'n program wat jy vir 'n leek aanbeveel om vinnig 'n paar
veranderings te doen nie.

Ek sien die link wat jy hier gee praat van high resolution panoramas.

Hiér is high resolution panoramas wat ek (uit my woonstel) geneem het.
Van dieselfde area 'n paar uur uitmekaar.
high resolution panoramas het ek gesê. Dit is verklein vir die web
maar met 9MPX fotos gedoen en die oorspronklikes is sowat 167MB Tif's.
Die skip is die Melody.

http://dave.photos.gb.net/c1510605.html

NS.
Weet jy watse download is dit daar by die link wat jy gegee het?
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119015 is 'n antwoord op boodskap #119014] Do, 05 Maart 2009 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Mar 2009 17:59:36 +0200, Dave wrote:

> NS.
> Weet jy watse download is dit daar by die link wat jy gegee het?

Ja. Sorry man, moes seker gese het.
Google E is betrokke. Saam met Carnegie Melon universiteit en ander
ouens.
Wat hulle ontwikkel het, is 'n klein robot waarop jy 'n digitale
kamera sit. Dan kliek jy op die foto links bo en regs onder. So bepaal
jy die doek wat die robot moet volmaak.
Dan neem die robot outomaties 'n paar honders fotod - in gezoem. en
"stitch" dit aanmekaar in die panorama.
Stitching is ou nuus, maar omdat die stelsel so baie fotos vat en
elkeen inzoem, maar dit 'n panorame waarop jy insoem tot jou asem
wegslaan.
Wat mens aflaai is 'n voorbeeld. Vir ouens met geen cap en 'n vinnige
lyn is dit koel, maar by ons vat dit tyd - soos jy agtergekom het.
Dis egter die moeite werd.
Die voorbeeld is van Obama se inswering. Dan zoem jy tot in die verste
grys van die skare in en kan individuele gesigte duidelik sien.
Dis soos die CIA stuff wat in scifi movies gewys word.
Jy sal bv 'n panorama van Durban kan neem wat so inzoembaar is dat jy
later die mense aan die oorkant van die baai kan sien.
Kyk gerus. Maar die voorbeeld van die Hawaii beach oop. Hy is nogal
impressive.
Hulle het al begin vervaardig aan die robot en dit sal glo so R3000
kos.
Daar word ook gewerk aan een wat 'n SLR kan vat.
Toe dink ek - SLR's neem so 6 frames 'n sekonde. So 'n panprama foto
van bv. 'n staats-ding soos 'n inswering sal seker in 'n kort tyd
geneem kan word. Neem dit rereels en jy sal 'n rekord van al die mense
in die skare he - nes in die movies.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119016 is 'n antwoord op boodskap #119015] Do, 05 Maart 2009 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Mar 2009 20:28:45 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 05 Mar 2009 17:59:36 +0200, Dave wrote:
>
>
> > Weet jy watse download is dit daar by die link wat jy gegee het?
>
> Ja. Sorry man, moes seker gese het.
> Google E is betrokke. Saam met Carnegie Melon universiteit en ander
> ouens.
> Wat hulle ontwikkel het, is 'n klein robot waarop jy 'n digitale
> kamera sit. Dan kliek jy op die foto links bo en regs onder. So bepaal
> jy die doek wat die robot moet volmaak.
> Dan neem die robot outomaties 'n paar honders fotod - in gezoem. en
> "stitch" dit aanmekaar in die panorama.
> Stitching is ou nuus, maar omdat die stelsel so baie fotos vat en
> elkeen inzoem, maar dit 'n panorame waarop jy insoem tot jou asem
> wegslaan.
> Wat mens aflaai is 'n voorbeeld. Vir ouens met geen cap en 'n vinnige
> lyn is dit koel, maar by ons vat dit tyd - soos jy agtergekom het.
> Dis egter die moeite werd.

Nou's ek jammer ek het die download gestop (op 11MB!). 'n Voorbeeld sê
jy. Nou's ek nuuskierig. Hoe groot is dit?
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119017 is 'n antwoord op boodskap #119016] Do, 05 Maart 2009 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Mar 2009 20:34:49 +0200, Dave wrote:

>> Dis egter die moeite werd.
>
> Nou's ek jammer ek het die download gestop (op 11MB!). 'n Voorbeeld sê
> jy. Nou's ek nuuskierig. Hoe groot is dit?

Jy behoort baie naby aan klaar afgelaai gekom het.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119018 is 'n antwoord op boodskap #119017] Do, 05 Maart 2009 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Mar 2009 20:38:42 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 05 Mar 2009 20:34:49 +0200, Dave wrote:
>
>
> Dis egter die moeite werd.

>> Nou's ek jammer ek het die download gestop (op 11MB!). 'n Voorbeeld sê
>> jy. Nou's ek nuuskierig. Hoe groot is dit?
>
> Jy behoort baie naby aan klaar afgelaai gekom het.

Grand, ek gaan hom haal
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119019 is 'n antwoord op boodskap #119018] Do, 05 Maart 2009 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Mar 2009 20:47:36 +0200, Dave wrote:

> On Thu, 05 Mar 2009 20:38:42 +0200, Ferdi wrote:
>
>> On Thu, 05 Mar 2009 20:34:49 +0200, Dave wrote:


>> Dis egter die moeite werd.
>
>>> Nou's ek jammer ek het die download gestop (op 11MB!). 'n Voorbeeld sê
>>> jy. Nou's ek nuuskierig. Hoe groot is dit?

>> Jy behoort baie naby aan klaar afgelaai gekom het.
>
> Grand, ek gaan hom haal

Neee, daars baie downloads.
Die eerste is 'Browse Panoramas in Google Earth ' (waarmee ek begin
het en weer gestop het)
Dan is daar die 'Most Popular GigapanSM Panos:'
En dan nog ander.
As jy van die most popular ones praat
het ek buitendien verkeerde plek gekliek.
Dalk praat jy van die popular ones.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119020 is 'n antwoord op boodskap #119019] Vr, 06 Maart 2009 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Onder die banner foto by die opskrif FIND (in oranje), is daar
Hanauma Bay
Check hom bietjie

On Thu, 05 Mar 2009 20:55:23 +0200, Dave wrote:

> On Thu, 05 Mar 2009 20:47:36 +0200, Dave wrote:
>
>> On Thu, 05 Mar 2009 20:38:42 +0200, Ferdi wrote:

>>> On Thu, 05 Mar 2009 20:34:49 +0200, Dave wrote:
>
>
>>> Dis egter die moeite werd.
>>
>>>> Nou's ek jammer ek het die download gestop (op 11MB!). 'n Voorbeeld sê
>>>> jy. Nou's ek nuuskierig. Hoe groot is dit?
>
>>> Jy behoort baie naby aan klaar afgelaai gekom het.

>> Grand, ek gaan hom haal
>
>
> Neee, daars baie downloads.
> Die eerste is 'Browse Panoramas in Google Earth ' (waarmee ek begin
> het en weer gestop het)
> Dan is daar die 'Most Popular GigapanSM Panos:'
> En dan nog ander.
> As jy van die most popular ones praat
> het ek buitendien verkeerde plek gekliek.
> Dalk praat jy van die popular ones.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119021 is 'n antwoord op boodskap #119020] Vr, 06 Maart 2009 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Mar 2009 11:49:34 +0200, Ferdi wrote:

>
> Onder die banner foto by die opskrif FIND (in oranje), is daar
> Hanauma Bay
> Check hom bietjie
>

Ek is verstom... Daar staan 'n meisiekind met 'n rooi broek besig om
paddaskoene aan te trek. Die een wat buk met die blou broek is besig
om smarties uit haar handsak te haal en jy kan selfs die letters lees
om die surf board. Maar dit moet seker Spookbaai wees want tussen die
girl met die smarties en die een wat sit en Huisgenoot lees, stap 'n
halwe man met sy bolyf so ent agter hom. Dit lyk asof die bolyf
gedeelte 'n snorkel om die nek het. Sal sien as ek toemaak en weer
oopmaak, of hy reg aanmekaar gesit gaan wees.
Maar dit is werklik verstommend goed.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119022 is 'n antwoord op boodskap #119021] Vr, 06 Maart 2009 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Mar 2009 13:54:03 +0200, Dave wrote:

> On Fri, 06 Mar 2009 11:49:34 +0200, Ferdi wrote:
>

>> Onder die banner foto by die opskrif FIND (in oranje), is daar
>> Hanauma Bay
>> Check hom bietjie

>
>
> Ek is verstom... Daar staan 'n meisiekind met 'n rooi broek besig om
> paddaskoene aan te trek. Die een wat buk met die blou broek is besig
> om smarties uit haar handsak te haal en jy kan selfs die letters lees
> om die surf board. Maar dit moet seker Spookbaai wees want tussen die
> girl met die smarties en die een wat sit en Huisgenoot lees, stap 'n
> halwe man met sy bolyf so ent agter hom. Dit lyk asof die bolyf
> gedeelte 'n snorkel om die nek het. Sal sien as ek toemaak en weer
> oopmaak, of hy reg aanmekaar gesit gaan wees.
> Maar dit is werklik verstommend goed.

Yep, daar's plekke waar die stitching nie mooi uitgewerk het nie.
Die fotograaf behoort dit uit te gevee het of te geclone het.
Het jy opgelet dat daardie foto 5.63 gigapixels groot is!
En uit 194 fotos aanmekaar gesit is?
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119023 is 'n antwoord op boodskap #119022] Vr, 06 Maart 2009 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Mar 2009 14:28:30 +0200, Dave wrote:

> Yep, daar's plekke waar die stitching nie mooi uitgewerk het nie.
> Die fotograaf behoort dit uit te gevee het of te geclone het.
> Het jy opgelet dat daardie foto 5.63 gigapixels groot is!
> En uit 194 fotos aanmekaar gesit is?

Ja. Die spoke is veral baie regs op die uitkykpunt - naby aan die
kamera.
Dis obviously omdat die foto's oor 'n tydperk geneem word en die
stitching nie altyd goed is nie - soos jy se.

Maar ek dink aan SLR's wat baie vinniger is en internet 2 wat baie
vinnig gaan wees - en sit met 'n Matrix advertensie-pamflet waar ek
sien 'n terabyte HDD kos R1 600.
Re: Dave - Foto Edit [boodskap #119024 is 'n antwoord op boodskap #119023] Vr, 06 Maart 2009 22:10 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Mar 2009 19:12:15 +0200, Ferdi wrote:

> On Fri, 06 Mar 2009 14:28:30 +0200, Dave wrote:
>
>
> vinnig gaan wees - en sit met 'n Matrix advertensie-pamflet waar ek
> sien 'n terabyte HDD kos R1 600.
>

Ja, kort na ek laat verlede jaar 'n 500gig external hard drive
vir R1500 gekoop het, het ek 'n ad gesien vir 'n terabyte @ R1600.
Snaakse prysverhouding - net soos die tyd toe jy skeermeslemme gekoop
het teen 'n stewige prys en vir R2 meer was 'n skeermes ingesluit.
Vorige onderwerp: Telmom Update
Volgende onderwerp: Voorstel...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:26:09 MGT 2024