Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Die Groot Trek na Argentinië
Die Groot Trek na Argentinië [boodskap #117785] |
Mon, 23 June 2008 11:20 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die Groot Trek na Argentinië
Mar 14 2008 06:40:21:350PM - (SA) Meer as 'n eeu gelede het 'n klomp
Boere hul goed gevat en in Argentinië gaan bly om van Engelse oorheersing
weg te kom. Vandag praat hul klein- en agterkleinkinders nie 'n woord Engels
nie, maar ook nie Afrikaans nie. Marida Fitzpatrick het gaan vasstel wat van
die sogenaamde Boere-Argentyne geword het.
Haar naam is Sarie de Langer. Sy ken van koeksisters, boerewors en biltong
en sy luister graag na Boeremusiek. Haar ouma was Sahara Spies. Dié het haar
vertel van die Groot Trek, Bloed?rivier en die Anglo-Boere-oorlog.
Maar Sarie is nie 'n Afrikaner nie. Om die waarheid te sê, sy praat
Afrikaans met moeite. Met haar kinders praat sy net Spaans.
Sarie is eintlik 'n Argentyn. Sy was nog nooit in Suid-Afrika nie en weet
nie hoe om "rosyntjies" en "niggies" te spel nie.
Dít is omdat haar Afrikaner-voorgeslagte al drie generasies terug uit
Suid-Afrika na Argentinië geëmigreer het. Hulle het deel gevorm van 'n hele
gemeenskap Boere wat hulle in die vroeë 1900's in Patagonië, die suidelike
deel van Argentinië, gaan vestig het.
Die 48-jarige Sarie is nou deel van die laaste generasie in Argentinië wat
hoegenaamd Afrikaans kan verstaan en praat.
Vir die jong Boere-Argentyne is Afrikaans verlore. Hulle praat net Spaans en
weet nie wat braaivleis of melktert beteken nie.
Maar een keer per jaar hardloop hulle driebeenresies, spring in goiingsakke
rond en hardloop met eiers in lepels.
En af en toe, as hul ma's of oumas 'n bietjie Boeremusiek opsit, dans hulle
die vastrap en die seties.
Die Boeregemeenskap in Argentinië het meer as 100 jaar gelede net ná die
Anglo-Boereoorlog ontstaan, verduidelik mnr. Eduardo Monteagudo, 'n
Argentynse antropoloog wat 'n studie van die Boere-nasate in Argentinië
doen.
Die eerste Afrikaners wat hulle in Argentinië gaan vestig het, was almal
Boere wat teen die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog geveg het en nie
onder Britse heerskappy wou leef nie, vertel Monteagudo.
"Die migrasie is gereël deur 'n ooreenkoms tussen die Argentynse en Britse
regerings. Die eerste groep families het in 1902 gearriveer. Ander groepe
het in 1903, 1905 en 1908 aangekom." Dis nie duidelik hoeveel daar was nie,
maar daar is vandag na raming sowat 100 Boerefamilies in Patagonië oor.
Hulle almal het hul in Patagonië, in die suidelike deel van die provinsie
Chubut, gevestig. "Die Argentynse regering het vir elke familie 'n stuk
grond gegee om met skape te boer, sodat hulle 'n kolonie kon vorm." Dié
kolonie is later Colonia Escalante gedoop.
Baie min Argentyne het destyds in daardie deel van die land gewoon, sê
Monteagudo. "Die oorgrote meerderheid van die gemeenskap in Patagonië het
destyds uit Boere bestaan."
Volgens Monteagudo het hulle net Afrikaans met mekaar gepraat en onder
mekaar getrou. "Die eerste drie generasies het neergesien op diegene wat met
mense getrou het wat nie Afrikaners was nie."
Vandag is daar egter baie gemengde huwelike, hoewel Patagonië vandag nog 'n
yl bevolkte plek is. Hoewel 'n paar families oor die dekades heen 'n bietjie
noord of suid getrek het, het die meeste van die Boerefamilies in Patagonië
aangebly, sê Monteagudo.
Volgens hom is die gemeenskap vandag finansieel goed daaraan toe, hoewel min
van hulle universiteitsgrade het. "Diegene wat nie op hul plase woon nie,
woon óf op die dorp Comodoro Rivadavia, Argentinië se belangrikste
petroleumsentrum, óf in Sarmiento."
Daar is, sover vasgestel kan word, nie syfers oor hoeveel van dié mense nog
Afrikaans kan praat nie, maar Monteagudo meen dit is bitter min en hulle is
almal ouer as 45 jaar. "Die jonger generasie kan die taal glad nie praat of
verstaan nie, met die uitsondering van 'n paar woorde hier en daar."
Die oorgrote meerderheid van die Boere-Argentyne se eerste taal is nou
Spaans en min van hulle kan Engels praat. 'n Handjievol beskou nog steeds
Afrikaans as hul eerste taal, maar hulle is meestal ouer as 55 en kan die
taal nie juis lees of skryf nie.
Dit voel of 'n mens deur 'n tydgleuf val tot in die vroeë 1900's as jy met
Sarie de Langer oor die foon praat. Eers probeer sy in Spaans uitvind wie
praat en kom ná 'n gesukkel agter dis iemand uit Suid-Afrika wat Afrikaans
praat. Dan slaan sy verlig na Afrikaans oor, maar dit is 'n ou, meer formele
Afrikaans.
Dit voel of 'n mens met jou ouma- of oupagrootjie uit die jaar toet praat.
Haar aksent klink op 'n manier effens Hollands en sy gebruik woorde soos
"voorgister" en praat van die "Ingelse" as sy oor die Anglo-Boereoorlog
praat waarin haar oupa geveg het. "Ons praat 'n ou Afrikaans," beaam Sarie.
"Ons Afrikaans het gebly in die tyd. Ons kort baie woorde."
Daarom verkies sy om eerder my vrae per e-pos te beantwoord.
Maar voordat sy aflui sê sy: "Dit was vir my aangenaam. Dalk kan ons eendag
'n koppie tee drink."
Uit haar e-pos blyk dit duidelik dat Sarie nie meer in Afrikaans kan spel
nie en dat sy dit bloot foneties skryf. Só skryf sy byvoorbeeld "uie" pleks
van eie, "mingsel" pleks van mengsel, "gebow" pleks van gebou, "tuit" pleks
van tyd en "niewe" pleks van nuwe.
Volgens Monteagudo is dit egter bewonderenswaardig dat Sarie nog hoegenaamd
Afrikaans kan lees en skryf.
"Onthou, sy het geen skoolonderrig in die lees en skryf van Afrikaans gekry
nie en moes basies haarself leer. Sy is een van bitter min mense van haar
gemeenskap wat Afrikaans kan lees en skryf."
Ter wille van verstaanbaarheid is die spel- en taalfoute in haar
e-posantwoorde reggemaak in die artikel, maar sien kassie hiernaas vir
ongeredigeerde uittreksels uit die e-pos.
Vervolg van bl.?8) Sarie se storie begin by haar grootouers: "My oupa, Joe
Weber, het in 1902 gekom en my ouma, Sahara Spies, in 1907. Hulle is in 1908
getroud en kon eers in 1919 met hul eie plaas begin. "My ouma en oupa het
hul huis uit modderstene en klip gebou. Die veld het baie hout gehad en oupa
het dié verruil vir ware soos vrugte, konfyt en lusern vir die muile." Die
skape se wol het hulle op die dorp Comodoro Rivadavia verkoop en die geld
gebruik om materiaal, suiker, koffie, meel, rosyntjies, gemmer en vel vir
skoene te koop, vertel Sarie. Haar van was eintlik De Lange, "maar iemand
het vir my pa 'n 'r' aangelas". As die derdegenerasie-Boere-Argentyn het
Sarie met Jorge Vilardo, 'n digter van Argentynse, Italiaanse en Chileense
afkoms, getrou. Hulle het vier kinders gehad, maar is intussen geskei. Hul
kinders is Barbara (24), Lucas (21), Muriel (17) en Nicole (13). Die kinders
praat almal Spaans. Sy boer sedert 2003 "met skaap op die plaas van my
moeder se familie" in die provinsie Chubut in die suidelike deel van
Argentinië. Dit is dieselfde plaas waar oupa Joe Weber en Ouma Sahara Spies
hul lewe lank gebly en hul kinders grootgemaak het, skryf sy. Maar van
Afrikaans is daar weinig op die plaas oor. Sarie-hulle praat nou net Spaans
in die huis. Op die vraag hoekom sy moeite doen om Afrikaans te leer,
antwoord sy: "Ek weet dit nog nie. Dalk om vir Suid-Afrika die geskiedenis
te vertel van die Boere hier in Patagonië." Die Boere-Argentyne het
Afrikaans oor die afgelope eeu slegs mondeling oorgedra, verduidelik
Monteagudo. "Ma's het met hul kinders Afrikaans gepraat, maar Afrikaans is
nooit op skool geleer nie. Ek weet nog steeds nie van een enkele plek in die
hele Argentinië waar 'n mens Afrikaans behoorlik kan leer nie." Afrikaans
het ook vir baie gesinne verlore geraak wanneer 'n Boere-nasaat met 'n
Argentyn getrou het. In sulke huishoudings het die kinders gewoonlik nie
Afrikaans geleer nie, selfs al was die ma se moedertaal Afrikaans. Hoewel
die taal grootliks verlore gegaan het, het die Boere-Argentyne ander
Afrikaner-kultuurgewoontes behou. Hulle hou byvoorbeeld steeds boeresport en
maak sekere eg-Afrikaanse lekkernye soos koeksisters. "Sommige van hulle is
nog steeds lede van die Nederduits Gereformeerde Kerk, maar ek verneem die
pastoor daar praat ook nie Afrikaans nie," sê Monteagudo. Sommige van die
Boere-gesinne het ná Suid-Afrika se uniewording in 1910 na hul vaderland
teruggekeer, maar baie van hulle is weer vort na Patagonië. Baie min van dié
wat permanent in Argentinië aangebly het, het al Suid-Afrika besoek, sê
Monteagudo. Omdat die meeste van hulle nie Afrikaans of Engels kan lees of
skryf nie en eintlik net Spaans magtig is, het hulle kontak met hul familie
in Suid-Afrika verloor. Sarie sê Afrikaans was hul huistaal toe sy
grootgeword het. "My vader en moeder het met ons Afrikaans in die huis
gepraat, maar die meerderheid van my generasie, my neefs, broer en niggies,
het Spaans op skool geleer. Van Engels het ons net 'n idee. Ek kan nie twee
Engelse woorde na mekaar sê nie." Wat weet sy van haar Boere-voorgeslagte?
"Ek weet van die nedersetting van Nederland in die Kaap, daarna die Engelse,
die Groot Trek, van Bloedrivier, die Boere-oorlog waar oupa Weber geveg het
teen die Engelse. Ouma Spies was ook in 'n kamp met haar familie." Van
Suid-Afrika vandag weet sy nie veel nie, gee sy toe, maar sy sal graag die
land wil sien ? "al die plekke waar die dinge gebeur het wat te doen het met
my voorouers se geskiedenis en met my eie geskiedenis". Sarie is nie lief
vir kook nie, "maar ek ken beskuit, melktert, gemmerbier, koeksisters en
asynpoeding". En hoewel sy nie Afrikaans met haar kinders praat nie, luister
hulle saam na Boeremusiek, sê sy. "Dan dans ons die vastrap en die seties."
En só, tussen die Spaans en die dans, onthou hulle elke nou en dan vir Oupa
Joe Weber en Ouma Sahara Spies. p>Ongeredigeerde uittreksels uit Sarie de
Langer se e-pos:
Oor haar grootouers se begindae in Patagonië:
"In 1919 koon hulle (Oupa Weber en Ouma Spies) eers met hulle uie plaas
begin. Eers die huis met moder steene en klip, toe die tuin, waar hulle, met
die tuit, all die groente ge hues het vir die jaar en ge stoor het onder
grond vir die winter. Die seuns het die moder mingsel ge maak, en Ouma die
steene ge sny, en wanner Oupa terug ge kom het, met die waa 'n muile weer by
die plaas, het jy die miere op ge bow vir die niewe huis. Die wool van die
skaape het verkoop ge word in Comodoro Rivadavia, en met die geelt, all die
waare vir die heel jaar ge koop. Materiaal ver kleure, suiker, koffie, meel,
veel vir skoene, resuinkies, gemeer, ens."
Oor taal:
"Ons praat spans in die huis, die land taal. Afrikaans was ons huis taal,
terwil ons op die plaas groot ge wort het. Die tradisie, soos die taal, is
mondelik verskuif, van groot mense naa kinders. Ook is ons woordeskat maar
arem, hoe meer spaans ons ge leer het hoe vinnegir het ons afrikaans eenkant
ge laat. My neefs, broer, en negies, en die meerderuit van my generaasie
(derde) het spaans ge leer op skool. Op hierdie manier kan jy self begruip,
moeilikir wass dit om spaans te leer op skool. Engels wort ge leer op skool,
maar net 'n idee van die taal."
Oor die verskillende kulture in Patagonië :
In september maant, eelke jaar, word hier 'n fees ge maak van all die groepe
wat naa Patagonia ge inmigreer het, en verskilinde momente. Soos Griekke,
Spanjaarde, Portegeese, Italianers, Duitsers, Russe, Arebiere, Chileiners,
Boere ens. Daar wort die verskilinde volk danse, met tiepiesse kleere ge
dans, deer groepe kinders, en eelke gemeenskap maak 'n stand waar die koss
en drank van eelke land, voor ge sit word. Vir drie daë, kuier ons by
mekaar, en prue ons allderaane koss en leer oor die ander mense se kultier
ken, soos hulle ons sen. Duiosende mense loop heen en weer en geniet die
familie fees van die kultier . . .
Oor die ander Boere-Argentyne:
"Die grootste groepe naasate woon in Comodoro Rivadavia en Sarmiento, 'n
stat wat 140 km Wess van hier is.
"By die tuit is ons amper allmal familie, van een of ander kant. Ongelikig
weet ons nie huefeel ons is nie. Seekirlik meer aas duisend persoone."
Telefonies het sy bygevoeg dat die Boere-nasate van haar generasie meestal
Spaans met mekaar praat, "want dis makliker. Ons praat kombuis-Afrikaans,
want ons moet die woorde soek. Dan sê ons die Spaanse woord."
|
|
|
Re: Die Groot Trek na Argentinië [boodskap #117790 is 'n antwoord op boodskap #117785] |
Mon, 23 June 2008 11:59 |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 23 Jun 2008 13:20:13 +0200, "Torreke" wrote:
> Die Groot Trek na Argentinië
> Mar 14 2008 06:40:21:350PM - (SA) Meer as 'n eeu gelede het 'n klomp
> Boere hul goed gevat en in Argentinië gaan bly om van Engelse oorheersing
> weg te kom. Vandag praat hul klein- en agterkleinkinders nie 'n woord Engels
> nie, maar ook nie Afrikaans nie. Marida Fitzpatrick het gaan vasstel wat van
> die sogenaamde Boere-Argentyne geword het.
> Haar naam is Sarie de Langer. Sy ken van koeksisters, boerewors en biltong
> en sy luister graag na Boeremusiek. Haar ouma was Sahara Spies. Dié het haar
> vertel van die Groot Trek, Bloed?rivier en die Anglo-Boere-oorlog.
>
> Maar Sarie is nie 'n Afrikaner nie. Om die waarheid te sê, sy praat
> Afrikaans met moeite. Met haar kinders praat sy net Spaans.
>
> Sarie is eintlik 'n Argentyn. Sy was nog nooit in Suid-Afrika nie en weet
> nie hoe om "rosyntjies" en "niggies" te spel nie.
>
> Dít is omdat haar Afrikaner-voorgeslagte al drie generasies terug uit
> Suid-Afrika na Argentinië geëmigreer het. Hulle het deel gevorm van 'n hele
> gemeenskap Boere wat hulle in die vroeë 1900's in Patagonië, die suidelike
> deel van Argentinië, gaan vestig het.
>
Heel interessant, en iets waaroor ek al gewonder het.
Dieselfde is natuurlik nou aan die gebeur in Aus, NZ, en meer plekke
in die wêreld. Dink jy ons is besig om 'n Sigeneuriese volk te word?
(Jy weet natuurlik dat die Gypsies die enigste volk is wat nie 'n land
het nie.)
|
|
|
Re: Die Groot Trek na Argentinië [boodskap #117804 is 'n antwoord op boodskap #117790] |
Mon, 23 June 2008 12:42 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dave skryf
> Dieselfde is natuurlik nou aan die gebeur in Aus, NZ, en meer plekke
> in die wêreld. Dink jy ons is besig om 'n Sigeneuriese volk te word?
Ek is bevrees dat wat met Afrikaans in Argentinië
gebeur het, alreeds in SA begin gebeur, reg uit jou
mond en jou pen. Weet jy nie hoe om die woord
Sigeuner te gebruik nie? Dit behoort "Sigeuners-
volk" te wees, of anders "sigeuneragtige volk."
Gloudina
|
|
|
Re: Die Groot Trek na Argentinië [boodskap #117807 is 'n antwoord op boodskap #117804] |
Mon, 23 June 2008 12:57 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
> Dieselfde is natuurlik nou aan die gebeur in Aus, NZ, en meer plekke
> in die wêreld. Dink jy ons is besig om 'n Sigeneuriese volk te word?
Ek is bevrees dat wat met Afrikaans in Argentinië
gebeur het, alreeds in SA begin gebeur, reg uit jou
mond en jou pen. Weet jy nie hoe om die woord
Sigeuner te gebruik nie? Dit behoort "Sigeuners-
volk" te wees, of anders "sigeuneragtige volk."
Gloudina
Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, Hessie die khakis, Hessie die khakis
Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, khakis onderstebo
Julle maak verniet Ta' Hessie se rywerk sleg
Ta' Hessie se pogings klap die hele nuusgroep weg.
|
|
|
Re: Die Groot Trek na Argentinië [boodskap #117814 is 'n antwoord op boodskap #117807] |
Mon, 23 June 2008 13:28 |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 23 Jun 2008 14:57:44 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Hessie" < wrote
>
>> Dieselfde is natuurlik nou aan die gebeur in Aus, NZ, en meer plekke
>> in die wêreld. Dink jy ons is besig om 'n Sigeneuriese volk te word?
>
> Ek is bevrees dat wat met Afrikaans in Argentinië
> gebeur het, alreeds in SA begin gebeur, reg uit jou
> mond en jou pen. Weet jy nie hoe om die woord
> Sigeuner te gebruik nie? Dit behoort "Sigeuners-
> volk" te wees, of anders "sigeuneragtige volk."
>
> Gloudina
>
> Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, Hessie die khakis, Hessie die khakis
> Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, khakis onderstebo
> Julle maak verniet Ta' Hessie se rywerk sleg
> Ta' Hessie se pogings klap die hele nuusgroep weg.
Kyk hoe vergeet Ta' Hessie die boerkinners se raad,
die boerkinners se raad,die boerkinners se raad....
Kyk hoe vergeet Ta' Hessie ie boerkinners se raad
Kyk hoe vry Ta' Hessie na die khaki soldaat...
|
|
|
Re: Die Groot Trek na Argentinië [boodskap #117817 is 'n antwoord op boodskap #117814] |
Mon, 23 June 2008 13:44 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Dave" > Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, Hessie die khakis, Hessie die khakis[/color]
>> Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, khakis onderstebo
>> Julle maak verniet Ta' Hessie se rywerk sleg
>> Ta' Hessie se pogings klap die hele nuusgroep weg.
>
>
> Kyk hoe vergeet Ta' Hessie die boerkinners se raad,
> die boerkinners se raad,die boerkinners se raad....
> Kyk hoe vergeet Ta' Hessie ie boerkinners se raad
> Kyk hoe vry Ta' Hessie na die khaki soldaat...
>
Kyk hoe trap Ta' Hessie die wittes, Hessie die wittes, Hessie die wittes
Kyk hoe trap Ta' Hessie die wittes, die wittes in die grond
Almal praat verniet Ta' Hessie se trapwerk sleg
Ta' Hessie se trapwerk sien die apartheidsvarke reg
|
|
|
Re: Die Groot Trek na Argentinië [boodskap #117821 is 'n antwoord op boodskap #117817] |
Mon, 23 June 2008 13:56 |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 23 Jun 2008 15:44:46 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Dave"
>>> Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, Hessie die khakis, Hessie die khakis
>>> Kyk hoe ry Ta' Hessie die khakis, khakis onderstebo
>>> Julle maak verniet Ta' Hessie se rywerk sleg
>>> Ta' Hessie se pogings klap die hele nuusgroep weg.
>> Kyk hoe vergeet Ta' Hessie die boerkinners se raad,
>> die boerkinners se raad,die boerkinners se raad....
>> Kyk hoe vergeet Ta' Hessie ie boerkinners se raad
>> Kyk hoe vry Ta' Hessie na die khaki soldaat...
>
> Kyk hoe trap Ta' Hessie die wittes, Hessie die wittes, Hessie die wittes
> Kyk hoe trap Ta' Hessie die wittes, die wittes in die grond
> Almal praat verniet Ta' Hessie se trapwerk sleg
> Ta' Hessie se trapwerk sien die apartheidsvarke reg
Kyk hoe neuk Ta' Hessie se helde die hele land op
kyk hoe beland Ta' Hessie se helde die boere in die sop
Kyk hie lieg Ta' Hessie oor die swak hospitale
en dit doen Ta' Hessie vele male
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sat Dec 21 16:08:57 UTC 2024
|