Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Burgers buite SA mag stem, maar hulle moet move...
Burgers buite SA mag stem, maar hulle moet move... [boodskap #119034] Do, 12 Maart 2009 18:48
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Suid-Afrikaners in die buiteland wat geregistreer is mag hul kruisie
in vanjaar se algemene verkiesing trek.

Die konstitusionele hof het Donderdagoggend bevind Suid-Afrikaanse
burgers wat hulle in die buiteland bevind by die land se sendings in
die buiteland mag stem.

Die kiesers sal slegs aan die nasionale en nie die provinsiale
verkiesings nie deelneem.

Diegene wat kwalifiseer en wat wil stem, moet die
hoofverkiesingsbeampte teen 27 Maart van hul voorneme in kennis stel.

Die hof het uitspraak gelewer nadat hy vroeër die saak van mnr. Willem
Richter (27), 'n Pretorianer wat tans in Brittanje skoolhou, aangehoor
het.

'n Aansoek dat Suid-Afrikaners in die buiteland wat nog nie
geregistreer het nie, toegelaat moet word om dit voor die verkiesing
te doen, is afgekeur.

Regter Piet Ebersohn het verlede maand in die Pretoriase hooggeregshof
beslis dele van die kieswet is ongrondwetlik en Richter moet toegelaat
word om in die buiteland stem.

Die aansoek is deur die konstitusionele hof bekragtig.

Me. Pansy Tlakula, hoofverkiesingsbeampte, het buite die hof gesê die
Onafhanklike Verkiesingskomissie is gereed vir die kiesers wat in die
buiteland wil stem.

"Ons sal meer stembriewe moet druk en sal eers na die einde van Maart
weet hoeveel mense in die buiteland wil stem," het sy gesê.

" In hierdie stadium het sowat 5 000 kiesers gesê hulle wil in die
buiteland stem , maar ons verwag dit sal meer as verdubbel." Mev.
Martie Richter, Willem se ma, sê sy is trots op haar seun wat
geskiedenis gemaak het en het hom reeds 'n sms gestuur.

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2484183,00.h tml
Vorige onderwerp: Die Groot Trek na Argentinië
Volgende onderwerp: gaan jy oorsee Holland toe?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:38:16 MGT 2024