Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Andre Brink oor misdaad in SA
Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117276] Vr, 16 Mei 2008 12:05 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Oorgelaat aan barbare'
May 15 2008 08:40:17:147PM - (SA)

Hilda Fourie

Die bekroonde skrywer André P. Brink het gister uitgevaar oor die land
se misdaadkrisis nadat sy susterskind die naweek deur rowers
doodgeskiet is.

"Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van
barbare," het hy onder meer gesê.

Mnr. Adriaan Steenberg (45), seun van die ontslape skrywer Elsabé
Steenberg (Brink se suster), is Saterdagoggend in sy slaapkamer voor
sy vrou, Leonie (41), in die gesig geskiet.

Hulle woon op 'n kleinhoewe in Leeufontein in die noordooste van
Pretoria. Die egpaar se drie jong kinders, wat onderskeidelik 11, 9 en
8 jaar oud is, het in die huis geslaap toe hul pa geskiet is.

"Ons moet teen alle hoop bly hoop dat iemand beheer sal kry, want dit
blyk dat die regering nie meer die land kan regeer nie," het Brink
gister per telefoon uit die Wes-Kaap gesê.

Mev. Steenberg het gister vertel dat hulle verlede Vrydagaand haar
skoonpa, prof. Dawie Steenberg (68), 'n Alzheimer-lyer, in Centurion
gaan haal het om by hulle te kuier.

Hulle het Saterdagoggend omstreeks 02:30 gaan slaap.

"Ek weet nie hoe laat dit was nie, maar my man het opgespring en gesê
daar is iemand in die huis," het Steenberg gesê. Die verdagtes het
deur 'n venster in die eetkamer toegang tot die huis gekry.

"Adriaan het gesê ek moet langs die bed op die vloer lê. Hy het ook
langs die bed gaan lê.

"Ons het voetstappe op die trap gehoor en my skoonpa wat 'Help, help'
skree. Adriaan het opgestaan om die paniekknoppie te druk.

"Hy was nog half regop toe skiet hulle hom in die wangbeen. Ek het die
vlam gesien en toe val Adriaan."

Terwyl die verdagtes aan Steenberg gesê het: "Ons gaan jou doodmaak,
ons gaan jou doodmaak", het hulle haar met 'n vuurwapen gedreig en
beveel om die alarm af te skakel.

Daarna het hulle haar na prof. Steenberg se kamer geneem waar hulle
haar hande vasgebind en haar skoonpa uitgetrek en sy hande ook
vasgebind het.

Prof. Steenberg het net sy hemp aangehad.

"Een was saam met ons in die kamer en nog twee buite. My skoonpa het
op sy rug gerol en die deur met sy voete toegestamp om hulle uit te
hou.

"Hy het hulle ook met sy kierie geslaan," het Steenberg gesê.

"Hy het opgehou nadat hulle gedreig het dat hulle hom sal doodmaak."

Steenberg het aan die boewe gesê hulle moet vat wat hulle wil hê en
gaan. Sy wou net by haar man kom om hom te help. Toe hulle haar uit
haar skoonpa se kamer neem, het een van die rowers buite die kamer met
'n vuurwapen teen haar negejarige dogtertjie se kop gestaan.

"Sy wou huil, maar ek het haar gekalmeer en na haar oupa geneem."

Die skurke het Steenberg deur die huis geneem en geld, selfone en 'n
skootrekenaar gesteel. In 'n stadium het hulle haar alleen in die
kamer by haar man gelos.

"Ek het sy pols gevoel, maar daar was niks nie. Ek wou net iets vir
Adriaan probeer doen, maar ek kon nie."

Steenberg het nog skote buite gehoor, wat glo deur 'n
veiligheidsmaatskappy afgevuur is, en die rowers het daarna op die
vlug geslaan.

"Dit was onnodig om hom te skiet," het Steenberg gesê. "Hy het geglo
hy was goed vir almal en dat niemand ons sal seermaak nie."

Beeld het verneem dat ses verdagtes wat twee dae later in Mamelodi in
verband met sowat 18 moorde en verkragtings in die
Kameeldrift-omgewing in hegtenis geneem is, met Steenberg se moord
verbind kan word.

'n Huldigingsdiens sal Maandagmiddag om 12:00 vanuit die NG kerk
Kameeldrif gehou word.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117280 is 'n antwoord op boodskap #117276] Vr, 16 Mei 2008 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> Terwyl die verdagtes aan Steenberg gesê het: "Ons gaan jou doodmaak,
> ons gaan jou doodmaak", het hulle haar met 'n vuurwapen gedreig en
> beveel om die alarm af te skakel.
>

Sulke simpel woorde. Dit stuit mens met 'n slag teen die bors om die
tipe kak te lees. Verdagtes skiet op mense en verdagtes vermoor na
bewering mense en bly verdagtes en selfs na die gemors skuldig bevind
is, word hy nog steeds vereer met 'n titel van 'meneer'.

Dat koerante en berigskrywers hulself moet beskerm is verstaanbaar
maar as so een nie eens die verbeelding aan die dag kan lê om bv. te
skryf 'en toe is daar aan haar gesê...' nie, ...

Onthou, dit is nie 'na bewering' aan haar gesê nie. Dit is aan haar
gesê.

Die meeste van daardie berigte, indien nie almal, kan geskryf word
sonder om hulle verdagtes te noem, en steeds veilig bly. Hier het ek
'n voorbeeld genoem. Vind julle dit nie ook so irriterend om in
dieselfde berig 'n paar kan te lees van wat die 'verdagte' gedoen het
na hy iemand geskiet en voor hy iemand geskiet het, en wat hy na
bewering gesê het nie.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117282 is 'n antwoord op boodskap #117280] Vr, 16 Mei 2008 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, onthou ek verkeerd of nie, as ek wil terugroep
dat in my jonger dae, toe ek veel minder geinteresseerd was in
politiek, was Andre Brink een van die meer liberale (nou nie
kanadeesliberaal nie, maar tog erg) uitgesprokenes, wat pad gevat het
landuit, omdat menseregte nie op die verligte vlak was wat hom
gelukkig gemaak het nie? En teruggekeer het toe die hokke oopgemaak
is?
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117294 is 'n antwoord op boodskap #117282] Sa, 17 Mei 2008 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Is soos jy sê Dave. Ek het vir Andre persoonlik geken in die dae toe ek op
Rhodes varsity was. Ook 'n paar jaar daarna toe ek myself in die
filmindustrie bevind het, het ek saam met hom 'n TV dokkie gemaak.

Hy was baie uitgesproke (daardie dae) oor die regering ten tye, en het wel
landverlaat vir 'n tydperk. Tog 'n besonderse mens gewees om te geken het.

Jan van Perth

"Dave" skryf in boodskap news:i49r24pqtpfulo377otak1cr9q33n2euq2@4ax.com...
>
>
> Ferdi, onthou ek verkeerd of nie, as ek wil terugroep
> dat in my jonger dae, toe ek veel minder geinteresseerd was in
> politiek, was Andre Brink een van die meer liberale (nou nie
> kanadeesliberaal nie, maar tog erg) uitgesprokenes, wat pad gevat het
> landuit, omdat menseregte nie op die verligte vlak was wat hom
> gelukkig gemaak het nie? En teruggekeer het toe die hokke oopgemaak
> is?
>
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117298 is 'n antwoord op boodskap #117294] Sa, 17 Mei 2008 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 17 May 2008 13:14:46 +0800, "Daniel le Roux"
wrote:

> Is soos jy sê Dave. Ek het vir Andre persoonlik geken in die dae toe ek op
> Rhodes varsity was. Ook 'n paar jaar daarna toe ek myself in die
> filmindustrie bevind het, het ek saam met hom 'n TV dokkie gemaak.
>
> Hy was baie uitgesproke (daardie dae) oor die regering ten tye, en het wel
> landverlaat vir 'n tydperk. Tog 'n besonderse mens gewees om te geken het.
>
> Jan van Perth
>
> "Dave" wrote in message
> news:i49r24pqtpfulo377otak1cr9q33n2euq2@4ax.com...


>> Ferdi, onthou ek verkeerd of nie, as ek wil terugroep
>> dat in my jonger dae, toe ek veel minder geinteresseerd was in
>> politiek, was Andre Brink een van die meer liberale (nou nie
>> kanadeesliberaal nie, maar tog erg) uitgesprokenes, wat pad gevat het
>> landuit, omdat menseregte nie op die verligte vlak was wat hom
>> gelukkig gemaak het nie? En teruggekeer het toe die hokke oopgemaak
>> is?

>

Yep, dan onthou ek reg, Jan. Miskien moet een of ander rubriekskrywer
eendag met 'n paar van hulle onderhoude voer, oor hoe hulle nòu
teenoor eie politieke siening van destyds, voel.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117312 is 'n antwoord op boodskap #117282] Ma, 19 Mei 2008 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 May 2008 17:19:37 +0200, Dave wrote:

> Ferdi, onthou ek verkeerd of nie, as ek wil terugroep
> dat in my jonger dae, toe ek veel minder geinteresseerd was in
> politiek, was Andre Brink een van die meer liberale (nou nie
> kanadeesliberaal nie, maar tog erg) uitgesprokenes, wat pad gevat het
> landuit, omdat menseregte nie op die verligte vlak was wat hom
> gelukkig gemaak het nie? En teruggekeer het toe die hokke oopgemaak
> is?

Nee. Hy was die hele tyd hier.

Rhodes Universiteit en nou UCT.

Sy kritiek moet jy ook goed verstaan. Hy het destyds gese die NP
vertrap menseregte en is 'n kak regering. Nou sê hy die ANC begin
menseregte vertrap en is 'n kak regering.

Sy geveg was altyd vir menseregte en vir vryheid en 'n beter
samelewing. Dit is steeds.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117313 is 'n antwoord op boodskap #117294] Ma, 19 Mei 2008 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 17 May 2008 13:14:46 +0800, "Daniel le Roux" wrote:
> Is soos jy sê Dave. Ek het vir Andre persoonlik geken in die dae toe ek op
> Rhodes varsity was. Ook 'n paar jaar daarna toe ek myself in die
> filmindustrie bevind het, het ek saam met hom 'n TV dokkie gemaak.
>
> Hy was baie uitgesproke (daardie dae) oor die regering ten tye, en het wel
> landverlaat vir 'n tydperk. Tog 'n besonderse mens gewees om te geken het.

Sover ek weet het hy nooit die land verlaat nie.
Dalk verwar jy hom met JM Coetsee.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117315 is 'n antwoord op boodskap #117312] Ma, 19 Mei 2008 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 May 2008 12:08:34 +0200, Ferdi wrote:

> On Fri, 16 May 2008 17:19:37 +0200, Dave wrote:
>
> > dat in my jonger dae, toe ek veel minder geinteresseerd was in
>> politiek, was Andre Brink een van die meer liberale (nou nie
>> kanadeesliberaal nie, maar tog erg) uitgesprokenes, wat pad gevat het
>> landuit, omdat menseregte nie op die verligte vlak was wat hom
>> gelukkig gemaak het nie? En teruggekeer het toe die hokke oopgemaak
>> is?
>
> Nee. Hy was die hele tyd hier.
>
> Rhodes Universiteit en nou UCT.
>
> Sy kritiek moet jy ook goed verstaan. Hy het destyds gese die NP
> vertrap menseregte en is 'n kak regering. Nou sê hy die ANC begin
> menseregte vertrap en is 'n kak regering.
>
> Sy geveg was altyd vir menseregte en vir vryheid en 'n beter
> samelewing. Dit is steeds.
>
>

Hy, Van Zyl Slabbert, Alex Boerein (sp) en diegene sê dat dit wat Suid
Afrika nou het, is nie wat hulle voor geveg het nie. Ek wonder watter
deuntjie sing Helen Suzman nou.

Volgens 'Perspektief' in die nuutse Rapport, het een uit vyf
Suid Afrikaners in die dekade na 1995 geëmigreer. Wie die Rapport
gekoop het, gaan lees 'Die Derde Groot Trek' in Perspektief.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117318 is 'n antwoord op boodskap #117315] Ma, 19 Mei 2008 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:cgl234dgh164igsd0jodgtgfsee9i34erv@4ax.com...

> Hy, Van Zyl Slabbert, Alex Boerein (sp) en diegene sê dat dit wat Suid
> Afrika nou het, is nie wat hulle voor geveg het nie. Ek wonder watter
> deuntjie sing Helen Suzman nou.
>
> Volgens 'Perspektief' in die nuutse Rapport, het een uit vyf
> Suid Afrikaners in die dekade na 1995 geëmigreer. Wie die Rapport
> gekoop het, gaan lees 'Die Derde Groot Trek' in Perspektief.

Geskryf deur Sokrates de Wet
Sondag, 18 Mei 2008
Dis nogal hartseer as openbare figure soos Andre P. Brink, alias mnr.
Hyde, die stelling maak dat dieselfde mense vir wie hy so 'n vurige
kampvegter was en dalk in sy hart nog is, nou skielik "barbare" is. Mens kan
net wonder wat oor sy lewe geloop het. Dat moord gebeur, is deel van die
nuwe Suid-Afrika en - so jammer as wat dit is - moet hy saamleef daarmee,
net soos die res van ons. Want dis sy nalatenskap aan ons. Dit is 'n
nalatenskap wat deur sy pen geskep is in die jare hier.

Ek sal nie kan sê of sy familie dieselfde politieke oriëntering gehad
het as hyself nie, maar weereens kom sekere dinge sterk na vore. Die
sogenaamde monsters na wie hy verwys, diskrimineer nie, nie as dit kom by
diefstal van die presidentswoning se weerligafleiers nie, en ook nie as dit
kom by diefstal en moord op familielede van apartheidsaktiviste nie. Ek is
jammer meneer, dat verlies deel is van die lewe behoort jy reeds teen dié
tyd te weet. Ek voel met jou vir die verlies van julle familie lid. En
ongelukkig kan ek niks meer doen as meegevoel hê nie.

Wat ek wel sou wil weet, is hoekom skielik nou, nie 'n paar jaar terug
nie, maar nou, nadat die monsters in jou binnekring begin maai het, is hulle
skielik monsters? Of is dit juis die ding? As hulle elders wei, is hulle jou
mense, maar sodra hulle aan jou binnekring raak, word hulle monsters. Wel,
jy kan ongelukkig nie die brood aan albei kante gebotter hê nie.

Soos die Zombies in die rekenaar speletjie "Return to Castle
Wolfenstein" (wat ek sterk kan aanbeveel as ontlaaimeganisme wat briljant
werk in ons moderne tyd) nie diskrimineer tussen vriend en vyand nie, is die
monsters wat jy in jou pen-en-papier-laboratorium geskep het ook glad nie
diskriminerend nie.

Hulle weet nie dat jy deel van die span wetenskaplikes was wat hulle
geskep het nie, en hulle weet nie dat daar vriend en vyand is nie. Hulle
tree op volgens hulle natuur, soos wat hulle gemaak is, sonder denke, sonder
om vrae te vra. Dis die mooi van die saak. Geen vrae nie, geen uitsonderings
nie, niks.

Hulle is gemaak met leë skedels wat nie denke toelaat nie, vir die
grootste hoeveelheid van hulle en dit is nie my toedoen nie, maar joune. Ek
is nie die een wat geskreeu het dat hulle meer regte en beter lewens moet hê
nie, maar jy. Dus kan jy nie die mense wat jy gehelp skep het sommer net
monsters noem nie, dis mos monsteragtig om so te maak. Hoe is jou hart dan
nou?

Dat jy hartseer is en baie gewis nie lekker voel nie kan ek begryp.
Maar om hulle monsters te noem, nee man, los dit uit. Net ons rassistiese
Afrikanerblankes noem die mense wat sulke dinge doen monsters en jy is nie
een van ons nie, so moet jou nie daardie reg aanmatig nie.

Die feit dat jy Afrikaans baie goed magtig is, is maar net 'n klein
tegniese toevalligheid. Dat ons jou naam kan verander na Dr. Jekyll is
gewis. Die feite is dat jy in die verlede jou met onheil besig gehou het en
die slang wat jy getroetel het, het nou te groot geword om te beheer. Dit
het verander in 'n monsterslang, 'n reusagtige onstuitbare ding waaroor nie
jy of jou geesgenote enige beheer het nie. So moenie nou kla nie. Elke aksie
het 'n reaksie; en die reaksie van jou aksies is op ons, en op jou. Die
reaksie is dat jy nou die prys moet betaal. Ons almal moet betaal vir die
ondier wat jy en jou soort help skep het.

Dat die ding moes gebeur, is totaal onnodig. Indien jy in die verlede,
tesame met jou geesgenote dieselfde energie sou bestee het om die land op te
bou en nie monsters te maak nie, was die saak dalk nie vandag op die nuus
nie, maar dit het gebeur en niks wat jy nou doen en sê sal meer die verlede
verander nie.

Hoewel daar nog 'n klein kans is indien jy en jou geesgenote die boot
kan swaai ná die nodige hartsverandering, selfs 'n hartoorplanting indien
nodig. Dis tyd dat julle vir terapie en sjirurgie sal moet gaan. En dit
beter deksels vinnig gebeur ook.

Maar as julle nou niks doen nie, is julle self direk verantwoordelik
vir dit wat nog wag, en glo my, ons blanke Afrikaners sien nie tans 'n mooi
toekoms nie. Dis nou die tyd vir julle klomp wat die land in die verlede so
afgekraak het om voor die rekenaars te gaan sit en planne te beraam.

Planne om die skeppings van julle te stuit voor dit ons almal
verswelg, vernietig en verbrysel, sodat selfs die gedagte van die Afrikaner
nie eers meer in die geheue van die eks-Suid-Afrikaners wat oorsee sit, sal
oorbly nie.

Dis nou nie meer in ons hande nie, maar in julle s'n. In die pen wat
julle so lustig geswaai het in die verlede. Dis tyd dat julle die pen moet
opneem en begin om 'n ander wysie aan die orkes te dirigeer, een van
samewerking en lewe, nie een van moord en vernietiging nie. So, begin werk
aan die nuwe storie vir 'n toekoms.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117333 is 'n antwoord op boodskap #117318] Di, 20 Mei 2008 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie veel respek vir mense wat andere persoonlik aanval terwyl
hulle onder skuilname skryf nie.

Ek het dus nie verder as die skuilnaam aan die aangehegte stuk gelees
nie.

On Mon, 19 May 2008 13:09:34 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:cgl234dgh164igsd0jodgtgfsee9i34erv@4ax.com...
>
>> Hy, Van Zyl Slabbert, Alex Boerein (sp) en diegene sê dat dit wat Suid
>> Afrika nou het, is nie wat hulle voor geveg het nie. Ek wonder watter
>> deuntjie sing Helen Suzman nou.

>> Volgens 'Perspektief' in die nuutse Rapport, het een uit vyf
>> Suid Afrikaners in die dekade na 1995 geëmigreer. Wie die Rapport
>> gekoop het, gaan lees 'Die Derde Groot Trek' in Perspektief.
>
>
>
> Geskryf deur Sokrates de Wet
> Sondag, 18 Mei 2008
> Dis nogal hartseer as openbare figure soos Andre P. Brink, alias mnr.
> Hyde, die stelling maak dat dieselfde mense vir wie hy so 'n vurige
> kampvegter was en dalk in sy hart nog is, nou skielik "barbare" is. Mens kan
> net wonder wat oor sy lewe geloop het. Dat moord gebeur, is deel van die
> nuwe Suid-Afrika en - so jammer as wat dit is - moet hy saamleef daarmee,
> net soos die res van ons. Want dis sy nalatenskap aan ons. Dit is 'n
> nalatenskap wat deur sy pen geskep is in die jare hier.
>
> Ek sal nie kan sê of sy familie dieselfde politieke oriëntering gehad
> het as hyself nie, maar weereens kom sekere dinge sterk na vore. Die
> sogenaamde monsters na wie hy verwys, diskrimineer nie, nie as dit kom by
> diefstal van die presidentswoning se weerligafleiers nie, en ook nie as dit
> kom by diefstal en moord op familielede van apartheidsaktiviste nie. Ek is
> jammer meneer, dat verlies deel is van die lewe behoort jy reeds teen dié
> tyd te weet. Ek voel met jou vir die verlies van julle familie lid. En
> ongelukkig kan ek niks meer doen as meegevoel hê nie.
>
> Wat ek wel sou wil weet, is hoekom skielik nou, nie 'n paar jaar terug
> nie, maar nou, nadat die monsters in jou binnekring begin maai het, is hulle
> skielik monsters? Of is dit juis die ding? As hulle elders wei, is hulle jou
> mense, maar sodra hulle aan jou binnekring raak, word hulle monsters. Wel,
> jy kan ongelukkig nie die brood aan albei kante gebotter hê nie.
>
> Soos die Zombies in die rekenaar speletjie "Return to Castle
> Wolfenstein" (wat ek sterk kan aanbeveel as ontlaaimeganisme wat briljant
> werk in ons moderne tyd) nie diskrimineer tussen vriend en vyand nie, is die
> monsters wat jy in jou pen-en-papier-laboratorium geskep het ook glad nie
> diskriminerend nie.
>
> Hulle weet nie dat jy deel van die span wetenskaplikes was wat hulle
> geskep het nie, en hulle weet nie dat daar vriend en vyand is nie. Hulle
> tree op volgens hulle natuur, soos wat hulle gemaak is, sonder denke, sonder
> om vrae te vra. Dis die mooi van die saak. Geen vrae nie, geen uitsonderings
> nie, niks.
>
> Hulle is gemaak met leë skedels wat nie denke toelaat nie, vir die
> grootste hoeveelheid van hulle en dit is nie my toedoen nie, maar joune. Ek
> is nie die een wat geskreeu het dat hulle meer regte en beter lewens moet hê
> nie, maar jy. Dus kan jy nie die mense wat jy gehelp skep het sommer net
> monsters noem nie, dis mos monsteragtig om so te maak. Hoe is jou hart dan
> nou?
>
> Dat jy hartseer is en baie gewis nie lekker voel nie kan ek begryp.
> Maar om hulle monsters te noem, nee man, los dit uit. Net ons rassistiese
> Afrikanerblankes noem die mense wat sulke dinge doen monsters en jy is nie
> een van ons nie, so moet jou nie daardie reg aanmatig nie.
>
> Die feit dat jy Afrikaans baie goed magtig is, is maar net 'n klein
> tegniese toevalligheid. Dat ons jou naam kan verander na Dr. Jekyll is
> gewis. Die feite is dat jy in die verlede jou met onheil besig gehou het en
> die slang wat jy getroetel het, het nou te groot geword om te beheer. Dit
> het verander in 'n monsterslang, 'n reusagtige onstuitbare ding waaroor nie
> jy of jou geesgenote enige beheer het nie. So moenie nou kla nie. Elke aksie
> het 'n reaksie; en die reaksie van jou aksies is op ons, en op jou. Die
> reaksie is dat jy nou die prys moet betaal. Ons almal moet betaal vir die
> ondier wat jy en jou soort help skep het.
>
> Dat die ding moes gebeur, is totaal onnodig. Indien jy in die verlede,
> tesame met jou geesgenote dieselfde energie sou bestee het om die land op te
> bou en nie monsters te maak nie, was die saak dalk nie vandag op die nuus
> nie, maar dit het gebeur en niks wat jy nou doen en sê sal meer die verlede
> verander nie.
>
> Hoewel daar nog 'n klein kans is indien jy en jou geesgenote die boot
> kan swaai ná die nodige hartsverandering, selfs 'n hartoorplanting indien
> nodig. Dis tyd dat julle vir terapie en sjirurgie sal moet gaan. En dit
> beter deksels vinnig gebeur ook.
>
> Maar as julle nou niks doen nie, is julle self direk verantwoordelik
> vir dit wat nog wag, en glo my, ons blanke Afrikaners sien nie tans 'n mooi
> toekoms nie. Dis nou die tyd vir julle klomp wat die land in die verlede so
> afgekraak het om voor die rekenaars te gaan sit en planne te beraam.
>
> Planne om die skeppings van julle te stuit voor dit ons almal
> verswelg, vernietig en verbrysel, sodat selfs die gedagte van die Afrikaner
> nie eers meer in die geheue van die eks-Suid-Afrikaners wat oorsee sit, sal
> oorbly nie.
>
> Dis nou nie meer in ons hande nie, maar in julle s'n. In die pen wat
> julle so lustig geswaai het in die verlede. Dis tyd dat julle die pen moet
> opneem en begin om 'n ander wysie aan die orkes te dirigeer, een van
> samewerking en lewe, nie een van moord en vernietiging nie. So, begin werk
> aan die nuwe storie vir 'n toekoms.
>
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117335 is 'n antwoord op boodskap #117333] Di, 20 Mei 2008 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:269534t83ba8qhnrhdpmgfh4eavnq37siv@4ax.com...
>
>
> Ek het nie veel respek vir mense wat andere persoonlik aanval terwyl
> hulle onder skuilname skryf nie.
>
> Ek het dus nie verder as die skuilnaam aan die aangehegte stuk gelees
> nie.

Persoonlik gee ek nie veel om wat mense hulleself noem nie ... Die skryf van
sekere artikels onder 'n skuilnaam is in sekere gevalle nie net 'n goeie
idee nie, maar uiters noodsaaklik.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117336 is 'n antwoord op boodskap #117335] Di, 20 Mei 2008 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 May 2008 12:56:19 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Ferdi" wrote in message
> news:269534t83ba8qhnrhdpmgfh4eavnq37siv@4ax.com...


>> Ek het nie veel respek vir mense wat andere persoonlik aanval terwyl
>> hulle onder skuilname skryf nie.

>> Ek het dus nie verder as die skuilnaam aan die aangehegte stuk gelees
>> nie.
>
>
> Persoonlik gee ek nie veel om wat mense hulleself noem nie ... Die skryf van
> sekere artikels onder 'n skuilnaam is in sekere gevalle nie net 'n goeie
> idee nie, maar uiters noodsaaklik.
>

En weet jy hoeveel keer lees ons in die koerante van iemand wat iets
gesê het, maar nie sy naam genoem wil hê nie? Somtyds sulke algemene
goed dat ek wonder waarom die spreker nie sy naam genoem wil hê nie,
en dan wonder of die verslaggewer vergeet het om sy naam te vra.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117342 is 'n antwoord op boodskap #117333] Di, 20 Mei 2008 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 May, 12:16, Ferdi wrote:
> Ek het nie veel respek vir mense wat andere persoonlik aanval terwyl
> hulle onder skuilname skryf nie.
>
> Ek het dus nie verder as die skuilnaam aan die aangehegte stuk gelees
> nie.
>
Geen nugter mens kan so klomp stront kwytraak sonder om skaam te wees
om sy regte naam te gebruik nie.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117343 is 'n antwoord op boodskap #117342] Di, 20 Mei 2008 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
On May 20, 4:06 pm, Jottie wrote:
> On 20 May, 12:16, Ferdi wrote:> Ek het nie veel respek vir mense wat andere persoonlik aanval terwyl
>> hulle onder skuilname skryf nie.
>
>> Ek het dus nie verder as die skuilnaam aan die aangehegte stuk gelees
>> nie.
>
> Geen nugter mens kan so klomp stront kwytraak sonder om skaam te wees
> om sy regte naam te gebruik nie.

Wat sou die "klomp stront" dan wees, Jottie ?

Is alles net sumier "stront" ?
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117344 is 'n antwoord op boodskap #117343] Di, 20 Mei 2008 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 May, 20:19, "Jim Again..." wrote:
> Is alles net sumier "stront" ?
Ja, dis my opinie. Ek het nie eers verder as die eerste paragraaf
gelees nie want daarin het die skrywer genoeg gesê vir my om 'n mening
te vorm. Ek forseer myself nie om soiets tot die einde te lees en dan
te besluit dat my eerste opinie reg was nie. As die skrywer self hier
sou tevoorskyn kom sou ek dalk nog met hom daaroor kon redeneer tot 'n
punt maar ek dink die kanse is maar skraal.
Die skrywer stem nie met Brink se politieke standpunt saam nie. Geen
fout daarmee nie. Dit is sy reg. Maar in die heel eerste sin probeer
die skrywer die indruk skep dat al die mense vir wie se regte Brink al
die jare 'n kampvegter was, nou verantwoordelik is vir die moord. In
die volgende sin gaan hy selfs verder en blameer dit op Brink! Sorry
maar dit was genoeg vir my.
Jy mag dalk dink dit is die beste stuk literatuur sedert die laaste
Harry Petotter. Dis jou reg - print en raam dit.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117345 is 'n antwoord op boodskap #117344] Di, 20 Mei 2008 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
On May 20, 10:20 pm, Jottie wrote:
> On 20 May, 20:19, "Jim Again..." wrote:> Is alles net sumier "stront" ?
>
> Ja, dis my opinie. Ek het nie eers verder as die eerste paragraaf
> gelees nie want daarin het die skrywer genoeg gesê vir my om 'n mening
> te vorm. Ek forseer myself nie om soiets tot die einde te lees en dan
> te besluit dat my eerste opinie reg was nie. As die skrywer self hier
> sou tevoorskyn kom sou ek dalk nog met hom daaroor kon redeneer tot 'n
> punt maar ek dink die kanse is maar skraal.
> Die skrywer stem nie met Brink se politieke standpunt saam nie. Geen
> fout daarmee nie. Dit is sy reg. Maar in die heel eerste sin probeer
> die skrywer die indruk skep dat al die mense vir wie se regte Brink al
> die jare 'n kampvegter was, nou verantwoordelik is vir die moord. In
> die volgende sin gaan hy selfs verder en blameer dit op Brink! Sorry
> maar dit was genoeg vir my.
> Jy mag dalk dink dit is die beste stuk literatuur sedert die laaste
> Harry Petotter. Dis jou reg - print en raam dit.

Ek sien jou punt in, Jottie. Maar ek glo jy wil nie insien dat
heer Sokrates de Wet dit eintlik half kollektief blaamvol-sar-
kasties bedoel het - teenoor die linkses / liberaliste - nie,
en daarvoor het hy vir Brink as paslike offerdier gebruik. -
Iets waarmee ek as konserwatiewe nogal kan simpatiseer.

Jy wil natuurlik daardie skrywe so letterlik as moontlik op-
neem, sonder om na die kollektiewe sarkasme te kyk. Die
man het ten minste goeie redes om inhalig en sarkasties
teenoor die wit linkses / liberaliste te wees - dit is nou juis
diegene wat oa "kampvergters vir die houtkoppe" was/is,
of hoe ?

De-moer met al die liberaliste en kampvergters vir die
houtkoppe ! Hulle is 'n bol laakbare, verraderlike gespuis !

Ek meen, ek het self boggerol tyd vir linkses / liberaliste /
kampvegters vir naturelle. Wat de hel wil enige blanke 'n
"kampvegter" wees vir 'n spul (die meerderheid) barbaarse
sub-mense ? Vir wat sal enige regdenkende witman daar-
aan dink om sowat 40 Miljoen naturelle (destyds) ter wil-
le te (wil) wees en te (wil) help voortplant na 80 Miljoen
of meer ? - Sulke mense koester mos blatante blanke
volksmoordgedagtes !

So 'n witman (soos Brink) was/is dan seer sekerlik getik,
gepik in die bol en van sy trollie af !

Kom ons wees realisties : Daar is nie meer plek vir wit-
mense wat glo in (interrassige) "vryheid, gelykheid, me-
demenslikheid, broederskap, verbroedering, vermenging,
verbastering", ...ens, nie ; of vir diegene wat die bg Teo-
sofiese 'beginsels' bevorder of verkondig nie !

Laat die wit liberalis weet : Jou dae is getel en hulle is min
; en tot dan (terwyl jy nog lewe) gaan ons (nl die konser-
watiewes / anti-liberales) jou dae HEL maak... Brink in
kuis !

Jim
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117347 is 'n antwoord op boodskap #117345] Wo, 21 Mei 2008 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 May, 01:31, "Jim Again..." wrote:
Ek het dit net-net tot by die 3de paragraaf gemaak - pot stront!
cheers!
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117350 is 'n antwoord op boodskap #117347] Wo, 21 Mei 2008 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Jottie wrote:

> Ek het dit net-net tot by die 3de paragraaf gemaak - pot stront!
> cheers!

en dit was in opvolg van Jim wat sê:
> Kom ons wees realisties : Daar is nie meer plek vir wit-
> mense wat glo in (interrassige) "vryheid, gelykheid, me-
> demenslikheid, broederskap, verbroedering, vermenging,
> verbastering", ...ens, nie ; of vir diegene wat die bg Teo-
> sofiese 'beginsels' bevorder of verkondig nie !

Jim, ek glo nie die mense wat sê dat hulle 'n stuk nie klaar gelees
het nie. Dis 'n pot stront. Hulle verslind elke woord maar dit is hul
metode om te wys dat hulle nie daarmee saamstem nie, en dit kan
mos op 'n meer eerlike manier gedoen word.

Dit is soos om 'n kar as 'n kak kar te beskryf sonder om die enjinkap
of deure oop te maak, net omdat jy nie van die kleur hou nie. Pot
stront.

Sê jou wat, speel hom 'n mbeki; stille diplomasie.
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117368 is 'n antwoord op boodskap #117350] Wo, 21 Mei 2008 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Jy is absoluut reg, Dave. Verslind, ja.

Jottie se binneste pla hom en hy is in "denial".

Sê jou wat : Ek het besluit om van die goeie (kalm)
invloed wat jy op my uit-oefen gebruik te maak. Ek
dag toe so by myself om jou raad te volg, deur nie
die man te staat en vloek of iets nie. Kom ek stel
dit maar kalm : Jottie is 'n linkse, 'n liberalis, ...en
hy hou nie daarvan dat ons ernstig anders as hy
voel oor sake nie.

Hoe's daai, Dave ? ;-)

Jim
Re: Andre Brink oor misdaad in SA [boodskap #117370 is 'n antwoord op boodskap #117368] Wo, 21 Mei 2008 16:34 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 08:43:44 -0700 (PDT), "Jim Again..."
wrote:

> Jy is absoluut reg, Dave. Verslind, ja.
>
> Jottie se binneste pla hom en hy is in "denial".
>
> Sê jou wat : Ek het besluit om van die goeie (kalm)
> invloed wat jy op my uit-oefen gebruik te maak. Ek
> dag toe so by myself om jou raad te volg, deur nie
> die man te staat en vloek of iets nie. Kom ek stel
> dit maar kalm : Jottie is 'n linkse, 'n liberalis, ...en
> hy hou nie daarvan dat ons ernstig anders as hy
> voel oor sake nie.
>
> Hoe's daai, Dave ? ;-)
>
> Jim

Daar kos jy my nou byna 'n monitor, Jim..!
Toe my bors onwillekeurig so uitstoot het ek vir 'n oomblik nie besef
die ruimte hiervoor my is beperk nie. Ek moes gryp na 'n monitor wat
gekantel het:-)

En jy't my aand gemaak, Jim. Nie geweet ek het iets van waarde gesê
nie:-) Sal weer praat wanneer ek dit meer beskeie kan doen - nou voel
ek heel vol van myself:-)))
Vorige onderwerp: Hierdie is Afrika
Volgende onderwerp: 12 keer met 'n mes doodgesteek.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:06:00 MGT 2024