|
Re: African Institute of Mathematical Sciences [boodskap #117197 is 'n antwoord op boodskap #117182] |
Mon, 12 May 2008 14:28 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf
>
>> Stephen Hawking,
> Dit is nou een ou met wie ek bitter graag sal wil gesels. Ek dink die man is
> verstommend slim
Man, Riaan, die man moet "verstommend slim" wees,
maar ek is taamlik agterdogtig vir sy soort wetenskap,
wanneer hy so elke nou en dan met sy rekenaarstem
"God" in sy berekeninge inbring. Ek verstaan en
respekteer dit wanneer jy wat Riaan is God in jou
berekenings inbring. Ek verstaan en respekteer dit
wanneer Mohammedane of Christene God in hulle
berekenings inbring, maar ek kan nie verstaan hoe
'n wiskundige of fisikus die konsep van "God" as
'n wetenskaplike gegewe in sy berekenings kan
inbring nie. Miskien kan iemand dit vir my
verduidelik.
Gloudina
|
|
|