Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 6 April 1652
6 April 1652 [boodskap #116816] So, 06 April 2008 11:50 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Joernaal van Jorik"
D.J. OPPERMAN

Sien dan voor Tafelberg en Duiwelspiek
hoe klein die bruin beeld van Jan van Riebeek
tussen die mallemeul se meganiek
en rooi skoorstene van die hawe steek.
Re: 6 April 1652 [boodskap #116819 is 'n antwoord op boodskap #116816] Ma, 07 April 2008 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
>     Uit  "Joernaal van Jorik"
>         D.J. OPPERMAN
>
> Sien dan voor Tafelberg en Duiwelspiek
> hoe klein die bruin beeld van Jan van Riebeek
> tussen die mallemeul se meganiek
> en rooi skoorstene van die hawe steek.

Ek moedig almal aan om hierdie lang gedig
van Opperman te lees. Dis een van die grootste
moderne Afrikaanse gedigte. 'n Gedig wat diep
peins oor die werklikheid wat Afrikanerskap is.
Ek kan nie onthou of 6 April in my dae
in SA 'n publieke vakansiedag was nie. Is dit
nog een, en herdoop tot iets anders?
Dit kan ook nuttig wees om weer te dink
aan wat die HOIK se beleid was in die jare
onmiddellik na 1652. Hulle wou nie inval
en oorwin nie. Hulle het gemengde huwelike
aangemoedig. Hulle wou net handel.

Gloudina
Re: 6 April 1652 [boodskap #116822 is 'n antwoord op boodskap #116819] Ma, 07 April 2008 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:acbce1bf-b1ef-45f1-a7e0-48571f1430fa@1g2000prg.googlegr oups.com...

> Uit "Joernaal van Jorik"
> D.J. OPPERMAN
>
> Sien dan voor Tafelberg en Duiwelspiek
> hoe klein die bruin beeld van Jan van Riebeek
> tussen die mallemeul se meganiek
> en rooi skoorstene van die hawe steek.

Ek moedig almal aan om hierdie lang gedig
van Opperman te lees. Dis een van die grootste
moderne Afrikaanse gedigte. 'n Gedig wat diep
peins oor die werklikheid wat Afrikanerskap is.
Ek kan nie onthou of 6 April in my dae
in SA 'n publieke vakansiedag was nie. Is dit
nog een, en herdoop tot iets anders?
Dit kan ook nuttig wees om weer te dink
aan wat die HOIK se beleid was in die jare
onmiddellik na 1652. Hulle wou nie inval
en oorwin nie. Hulle het gemengde huwelike
aangemoedig. Hulle wou net handel.

Gloudina
----Ja, hulle het gedink hulle kan Afrika wit spyker......
Re: 6 April 1652 [boodskap #116824 is 'n antwoord op boodskap #116822] Ma, 07 April 2008 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> ----Ja, hulle het gedink hulle kan Afrika wit spyker......

Ha, ha. Dis 'n nuwe verklaring vir die beleide
van die Hollands Oos Indiese Kompanie.
Mens moet in ag neem dat die HOIK die
sewentiende eeu se version was van die
groot multinationals vandag. Profyt en
nuttigheid was die rigsnoere wat dinge
bepaal. Onthou, hulle het hulle alreeds in
die besigheids en sosiale lewe van Oos-
Indië gevestig.
Ek is egter altyd verbaas hoe nuut
hierdie idee van "rassesuiwerheid" is.
Gedurende die Amerikaanse agtiende
eeu was dit algemeen in gebruik om
slawe vroue openlik te bevrug en kinders
van hulle te erken. Ek dink George
Washington het een na Parys geneem
op 'n besoek.
As ek dit nie mis het nie, het Strom
Thurmond 'n buite-egtelike swart kind
gehad wat hy geldelik onderhou het.
Ek dink die "rassesuiwerheid" wat
die apartheidsvaders in wette probeer
vaslê het, is 'n moderne verskynsel,
heelwaarskynlik beinvloed deur Hitler
se verheerliking van die Ariese ras.

Gloudina
Re: 6 April 1652 [boodskap #116825 is 'n antwoord op boodskap #116824] Di, 08 April 2008 04:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:279a9f20-f406-4bfd-8e55-a726a9fd4e9f@u12g2000prd.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> ----Ja, hulle het gedink hulle kan Afrika wit spyker......

Ha, ha. Dis 'n nuwe verklaring vir die beleide
van die Hollands Oos Indiese Kompanie.
Mens moet in ag neem dat die HOIK die
sewentiende eeu se version was van die
groot multinationals vandag. Profyt en
nuttigheid was die rigsnoere wat dinge
bepaal. Onthou, hulle het hulle alreeds in
die besigheids en sosiale lewe van Oos-
Indië gevestig.
Ek is egter altyd verbaas hoe nuut
hierdie idee van "rassesuiwerheid" is.
Gedurende die Amerikaanse agtiende
eeu was dit algemeen in gebruik om
slawe vroue openlik te bevrug en kinders
van hulle te erken. Ek dink George
Washington het een na Parys geneem
op 'n besoek.
As ek dit nie mis het nie, het Strom
Thurmond 'n buite-egtelike swart kind
gehad wat hy geldelik onderhou het.
Ek dink die "rassesuiwerheid" wat
die apartheidsvaders in wette probeer
vaslê het, is 'n moderne verskynsel,
heelwaarskynlik beinvloed deur Hitler
se verheerliking van die Ariese ras.

Gloudina
-----Wyl ek met jou saamstem dat dit elke ou se keuse is met wie hy wil meng
en teel, so is dit sekerlik die ander ou se reg om ook te verkies om dit nie
te doen nie? Apartheid se fout was dat hulle die spul op die wetboeke gaan
plaas het. Hier sit ons vandag na 18 jaar van nuwe regering in Namibië en
die groot gros mense-variëteite hou maar by hulleself. Daar is wel 'n
klein minderheid wat oor die kleurgrense heen kuier en trou, maar die groot
gros sorteer die groepe maar by hulleself. Selfs onder die verskillende
swart groepe, koek die verskillende groepe bymekaar. Dit sê eintlik maar
net een ding: Soort soek soort. Jy moet dit egter nie met die wet
probeer afdwing nie.
Dan rassesuiwerheid: Jy moet onthou dat die Boere juis dit was in die
ou jare: Boere wat op plase met diere gewerk het en geweet het jy kan
diere met swakhede reg teel deur die koei by die regte bul te kry. Kyk tog
wat tussen die wit en swart mense gebeur het. 'n Bruin nasie wat vandag
nog sukkel om 'n eie identiteit te kry want tot watter van die hoofgroepe
behoort hy nou eintlik?
Re: 6 April 1652 [boodskap #116828 is 'n antwoord op boodskap #116825] Di, 08 April 2008 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

  Hier sit ons vandag na 18 jaar van nuwe regering in Namibië en
> die groot gros mense-variëteite hou maar by hulleself.   Daar is wel 'n
> klein minderheid wat oor die kleurgrense heen kuier en trou, maar die groot
> gros sorteer die groepe maar by hulleself.   Selfs onder die verskillende
> swart groepe, koek die verskillende groepe bymekaar.   Dit sê eintlik maar
> net een ding:   Soort soek soort.   Jy moet dit egter nie met die wet
> probeer afdwing nie.

Ja, natuurlik. Daar was geen rede vir die
apartheidsdiktators om hierdie soort ding
in wette te probeer afdwing nie. Maar
ongelukkig was meeste van hierdie mense
onder die invloed van die Nazi denke wat
geen twintig jaar vantevore, toe hulle jong
mense was, baie mode in Europa en SA
was nie.

Gloudina
Re: 6 April 1652 [boodskap #116829 is 'n antwoord op boodskap #116825] Di, 08 April 2008 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

>     Dan rassesuiwerheid:   Jy moet onthou dat die Boere juis dit was in die
> ou jare:   'n Bruin nasie wat vandag
> nog sukkel om 'n eie identiteit te kry want tot watter van die hoofgroepe
> behoort hy nou eintlik?

Hier stem ek nie met jou saam nie. Die groot aantalle
bruin mense in SA is duidelik teken dat daar 'n
grootskaalse mengsel van saad was tussen hoofsaaklik
Afrikaners en inheemse bevolking. En ek dink dat die
bruinmense die redding van SA sal wees. Soos hulle
getalle groter word, sal hulle die toonaangewendes
in SA word.

Gloudina
Re: 6 April 1652 [boodskap #116832 is 'n antwoord op boodskap #116828] Di, 08 April 2008 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:a1e05af2-d2c3-466c-ad93-3d6c908e6679@t36g2000prm.google groups.com...
"Suidwester" skryf

Hier sit ons vandag na 18 jaar van nuwe regering in Namibië en
> die groot gros mense-variëteite hou maar by hulleself. Daar is wel 'n
> klein minderheid wat oor die kleurgrense heen kuier en trou, maar die
> groot
> gros sorteer die groepe maar by hulleself. Selfs onder die verskillende
> swart groepe, koek die verskillende groepe bymekaar. Dit sê eintlik maar
> net een ding: Soort soek soort. Jy moet dit egter nie met die wet
> probeer afdwing nie.

Ja, natuurlik. Daar was geen rede vir die
apartheidsdiktators om hierdie soort ding
in wette te probeer afdwing nie. Maar
ongelukkig was meeste van hierdie mense
onder die invloed van die Nazi denke wat
geen twintig jaar vantevore, toe hulle jong
mense was, baie mode in Europa en SA
was nie.

Gloudina
-----Miskien was dit ook maar vrees wat gekom het uit die geskiedenis van
byvoorbeeld die Boereoorlog van Engeland wat net wil instap en oorvat? Jy
moet ook toegee dat die land van Suid-Afrika groot en wyd was met plek vir
almal. Tog is dit interessant dat dit die swart mense was wat werk gaan
soek het by die wit plase en nie andersom nie. Dit het die mense benoud
gemaak dat hulle ekonomiese eenhede op die been bring en dan kom
buitestaanders en trek soontoe om uiteindelik die entrepeneurs met getalle
te verdring en met die politiek gedwing word om dat wat hy geskep het met
ander mense te moet deel, of sommer weg te gee. Ek dink dit was een van
die primôre redes vir apartheid. Hierdie poging om die groepe apart te hou
en daardeur seggenskap te behou oor dit wat jou eie is.
Re: 6 April 1652 [boodskap #116833 is 'n antwoord op boodskap #116829] Di, 08 April 2008 15:25 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:01c4b348-4bfc-4256-b40e-435320f9589f@q27g2000prf.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> Dan rassesuiwerheid: Jy moet onthou dat die Boere juis dit was in die
> ou jare: 'n Bruin nasie wat vandag
> nog sukkel om 'n eie identiteit te kry want tot watter van die hoofgroepe
> behoort hy nou eintlik?

Hier stem ek nie met jou saam nie. Die groot aantalle
bruin mense in SA is duidelik teken dat daar 'n
grootskaalse mengsel van saad was tussen hoofsaaklik
Afrikaners en inheemse bevolking. En ek dink dat die
bruinmense die redding van SA sal wees. Soos hulle
getalle groter word, sal hulle die toonaangewendes
in SA word.

Gloudina
-----Jy is duidelik nie meer in SA nie, want dan sou jy geweet het hoe die
bruin gemeenskappe kla oor hulle nie eintlik voordeel getrek het uit
onafhanklikheid en die nuwe regering nie want hulle behoort tot geen groep
nie. Dis egter net logies wat jy sê, want hoe meer die bloed meng, hoe
meer kleurlinge gaan jy kry en hoe meer prominent gaan hulle word.
Vorige onderwerp: " Bloubaard verwelkom sy vrou " deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 15:55:28 MGT 2024