| 6 April 1652 [boodskap #116816] |
So., 06 April 2008 11:50  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Uit "Joernaal van Jorik"
D.J. OPPERMAN
Sien dan voor Tafelberg en Duiwelspiek
hoe klein die bruin beeld van Jan van Riebeek
tussen die mallemeul se meganiek
en rooi skoorstene van die hawe steek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 6 April 1652 [boodskap #116825 is 'n antwoord op boodskap #116824] |
Di., 08 April 2008 04:37   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:279a9f20-f406-4bfd-8e55-a726a9fd4e9f@u12g2000prd.google groups.com...
"Suidwester" skryf
> ----Ja, hulle het gedink hulle kan Afrika wit spyker......
Ha, ha. Dis 'n nuwe verklaring vir die beleide
van die Hollands Oos Indiese Kompanie.
Mens moet in ag neem dat die HOIK die
sewentiende eeu se version was van die
groot multinationals vandag. Profyt en
nuttigheid was die rigsnoere wat dinge
bepaal. Onthou, hulle het hulle alreeds in
die besigheids en sosiale lewe van Oos-
Indië gevestig.
Ek is egter altyd verbaas hoe nuut
hierdie idee van "rassesuiwerheid" is.
Gedurende die Amerikaanse agtiende
eeu was dit algemeen in gebruik om
slawe vroue openlik te bevrug en kinders
van hulle te erken. Ek dink George
Washington het een na Parys geneem
op 'n besoek.
As ek dit nie mis het nie, het Strom
Thurmond 'n buite-egtelike swart kind
gehad wat hy geldelik onderhou het.
Ek dink die "rassesuiwerheid" wat
die apartheidsvaders in wette probeer
vaslê het, is 'n moderne verskynsel,
heelwaarskynlik beinvloed deur Hitler
se verheerliking van die Ariese ras.
Gloudina
-----Wyl ek met jou saamstem dat dit elke ou se keuse is met wie hy wil meng
en teel, so is dit sekerlik die ander ou se reg om ook te verkies om dit nie
te doen nie? Apartheid se fout was dat hulle die spul op die wetboeke gaan
plaas het. Hier sit ons vandag na 18 jaar van nuwe regering in Namibië en
die groot gros mense-variëteite hou maar by hulleself. Daar is wel 'n
klein minderheid wat oor die kleurgrense heen kuier en trou, maar die groot
gros sorteer die groepe maar by hulleself. Selfs onder die verskillende
swart groepe, koek die verskillende groepe bymekaar. Dit sê eintlik maar
net een ding: Soort soek soort. Jy moet dit egter nie met die wet
probeer afdwing nie.
Dan rassesuiwerheid: Jy moet onthou dat die Boere juis dit was in die
ou jare: Boere wat op plase met diere gewerk het en geweet het jy kan
diere met swakhede reg teel deur die koei by die regte bul te kry. Kyk tog
wat tussen die wit en swart mense gebeur het. 'n Bruin nasie wat vandag
nog sukkel om 'n eie identiteit te kry want tot watter van die hoofgroepe
behoort hy nou eintlik?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 6 April 1652 [boodskap #116833 is 'n antwoord op boodskap #116829] |
Di., 08 April 2008 15:25  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:01c4b348-4bfc-4256-b40e-435320f9589f@q27g2000prf.google groups.com...
"Suidwester" skryf
> Dan rassesuiwerheid: Jy moet onthou dat die Boere juis dit was in die
> ou jare: 'n Bruin nasie wat vandag
> nog sukkel om 'n eie identiteit te kry want tot watter van die hoofgroepe
> behoort hy nou eintlik?
Hier stem ek nie met jou saam nie. Die groot aantalle
bruin mense in SA is duidelik teken dat daar 'n
grootskaalse mengsel van saad was tussen hoofsaaklik
Afrikaners en inheemse bevolking. En ek dink dat die
bruinmense die redding van SA sal wees. Soos hulle
getalle groter word, sal hulle die toonaangewendes
in SA word.
Gloudina
-----Jy is duidelik nie meer in SA nie, want dan sou jy geweet het hoe die
bruin gemeenskappe kla oor hulle nie eintlik voordeel getrek het uit
onafhanklikheid en die nuwe regering nie want hulle behoort tot geen groep
nie. Dis egter net logies wat jy sê, want hoe meer die bloed meng, hoe
meer kleurlinge gaan jy kry en hoe meer prominent gaan hulle word.
|
|
|
|