Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: RIEKERT se gedig oor kameeldoringpeule + mieliepitte, pampoenpitte en vrot tamaties.....
Re: RIEKERT se gedig oor kameeldoringpeule + mieliepitte, pampoenpitte en vrot tamaties..... [boodskap #7276] Wo, 25 September 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek stel baie belang in sade, en die gedig wat Gloudina aanhaal
oor sade vang my weer met heimwee.
(sien hieronder), dit val in dieselfde klas as die vorige een,
(OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED, van George Weideman)

Ek tel graag sade in die veld op,
my 4-jarige seun het ook nou die gewoonte.
Hier in Australie kry jy duisende soorte bloekombome,
elkeen het 'n ander saadpeul. Die rooi blom-bloekomboom
se sade is groot, en lyk soos die kop van 'n pyp - dit kry jy ook in SA.
Ander, soos die van 'n Bottelbrush, is soos 'n mieliestronkie,
jy ryg die saadjies af.

Ons het ook 'n troeteldier-muisie: Valie Veldmuis
(hy is regtig vaal - ek hou nie van wittes met rooi oe nie)
tog te oulik. Hy vreet natuurlik saadjies. Baie interessant hou
hy hulle uitsoek, vashou en eet.

Interessant wat jy skryf oor mielies. Onthou die oorspronklike
oermielies was klein en sade was baie min en het los gesit -
Die natuur wil he^ hul moet redelik los sit, om af te val -
die boer wil he hul moet vaster sit anders oes hy te min.
Dit is oor mielies oor 'n baie lang tyd so gekweek is dat hul so lyk.
Dieselfde geld vir koring.

Die lekkerste mielie is natuurlik die wat al amper hard is,
en wat jy oor die kole braai, tot hy so bruin word.
Jy sit dit op sagte kole, en as die eerste pit klap,
weet jy jy moet hom omdraai.
Hy kry so 'n soet - braaibrood-karamel geur.
Dit het ek leer eet in die Transkei.
Groenmielies (eintlik is party mos geel, die wit soort kry jy
nie maklik in Australie nie), neem ek werk toe.
Ek sit hul met skil, baard en al (sonder water) in die mikrogolf
vir 'n paar minute. Laat hul daarna afkoel en skil af.
My kollegas kyk my snaaks aan,
maar dis maklik, vinnig, gesond, Heerlik !!!

'n Turkse vriendin vertel dat in Turkye hulle die pampoene se vleis
wegsmyt en die pitte droog & eet. Ek meng gekoopte pampoenpitte met
rou grondbone. Lekker! (maar jy poep 'n hond uit 'n bos uit hoor!).

Sommige oosterlinge RUIK natuurlik aan vrugte, in plaas van om
hul pap te druk, soos ons westerlinge. Dit is 'n baie beter manier
om vas te stel of hul ryp/groen/vrot is.
Ek het eenkeer so 'n vrou dopgehou wat ruik-ruik deur die groentewinkel
stap. 'n mens moet natuurlik jou neus 'n bietjie oefen.
Die Australiers hou bv. nie van tamaties as dit nie hard is nie.
Hul dink tamaties is "af" as dit effens sag is.
Die gevolg is dat die boere die tamaties halfgroen pluk.
Hulle pomp blykbaar dan 'n sekere gas daaroor wat die kleur verander.
Tamaties is natuurlik op sy lekkerste as dit bloedrooi en amper sag is.
En hy moet bloedrooi word van die son,
nie oranje en sponsig van in 'n skuur staan nie.
Die natuur laat die tamatie se geur eers uitkom as hy ordentlik ryp is,
seker vir die insekte of so - vir voortplanting, ek weet nie.
Vrugte is op hul lekkerste as hul ordentlik ryp is, verkieslik aan 'n
boom.

Vir die van julle wat die gedig gemis het:

> 'n gedig van Donald Riekert
>
> DIE HERDER
>
> Kleinnooi dit gaan maar swaar
> Eintlik bly die Here maar die herder
> Die jong Tswana vrou bedaar
> beduie met haar oe"
> Ons is net twee
> maar my ou man is bedelaar
> hulle hou hom op hok
> Nou moet ek agter die bok
> Maar die Here bly herder
> Soms verstaan ek die geloof nie
> maar as die bokke honger raak
> gooi ek met die groot klip
> op teen die kameeldoring se mik
> reen dit peule
> op die klip se val

(Terloops Gloudina: jou kappies en deeltekens kom nie goed uit nie,
ek moes so 'n bietjie "panelbeat" aan die gedig.)

Vriendelike groete
Re: RIEKERT se gedig oor kameeldoringpeule + mieliepitte, pampoenpitte en vrot tamaties..... [boodskap #7284 is 'n antwoord op boodskap #7276] Do, 26 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net says...

Donald Riekert
>>
>> DIE HERDER
>>
>> Kleinnooi dit gaan maar swaar
>> Eintlik bly die Here maar die herder
>> Die jong Tswana vrou bedaar
>> beduie met haar oe"
>> Ons is net twee
>> maar my ou man is bedelaar
>> hulle hou hom op hok
>> Nou moet ek agter die bok
>> Maar die Here bly herder
>> Soms verstaan ek die geloof nie
>> maar as die bokke honger raak
>> gooi ek met die groot klip
>> op teen die kameeldoring se mik
>> reen dit peule
>> op die klip se val
>
> (Terloops Gloudina: jou kappies en deeltekens kom nie goed uit nie,
> ek moes so 'n bietjie "panelbeat" aan die gedig.)
>
> Vriendelike groete
>

Galjoen, dis 'n 'no-noë om 'n digter se gepubliseerde
werk te �panelbeat.� Die oorspronklike gedig lyk so:

Kleinnooi dit gaan maar
swaar Eintlik bly die Here
maar die herder Die jong Tswana-
vrou bedaar beduie met haar oe�

en so verder aan. Dis 'n interessante gespeel met
die plasing van die woorde op die papier, dink jy
ook? Dit skep ongewone energievelde. Die gedig
is vir my in die laaste analise ook 'n spirituele
gedig. Dit is natuurlik nie die grootste en beste
gedig wat daar nog ooit in die taal geskryf is nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: 'n Gedig van DONALD RIEKERT, oor kameeldoringpeule
Volgende onderwerp: 'n Gedig van LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 17:58:13 MGT 2024