Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opheffing
Opheffing [boodskap #115422] Do, 08 November 2007 10:38 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het julle al opgelet dat dit altyd wit mense is wat swart mense probeer
ophef? Hoekom sou hulle dink dat hulle beter as ander mense en hulle
daarom moet ophef? Om meer welvarend te wees, maak jou nie 'n beter mens
nie. Om arm te wees, maak jou nie noodwendig slegter nie. Wat sou die
rede wees dat die ryk swart mense nie probeer om die arm wit mense op te hef
nie? Dalkies net dat die arm witte steeds bly dink dat hy beter is as
selfs die rykste swarte?
Nogal iets om aan te dink.
Re: Opheffing [boodskap #115425 is 'n antwoord op boodskap #115422] Do, 08 November 2007 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:TYednc9_4o2-RK_aRVnyjQA@saix.net...

> Dalkies net dat die arm witte steeds bly dink dat hy beter is as selfs die
> rykste swarte?
> Nogal iets om aan te dink.

Jy weet SW - Die normale wit Suid-Afrikaanse man het oor as genoeg dinge wat
diskriminerend teenoor hom is, as wat hy amper kan hanteer, dit is nie nodig
vir jou as wit Afrikaans sprekende man om nog 'n Liberale liegstorie ook
hier te kom rondgooi nie

Ek moet egter vir die links gesindes krediet gee, hulle het waragtag 'n
antwoord of 'n verklaring vir ALLES. En as die antwoord of verklaring deur
middel van absolute snert die witman verder kan afkraak, soveel te beter.

Volgens jou kom dit daarop neer dat die arm witmense nie geld van ryk
swartes af sal / wil vat nie. Dit is 'n tipiese LIBERAL PROPAGANDA
liegstorie - eerder as om die waarheid in die oe te kyk en te se die swartes
gee nie vir die wittes nie, want hulle voel 'n flying F vir 'n witman. Julle
verwag 'n hand out VAN 'n witman, nie 'n hand out NA 'n witman toe nie.
Re: Opheffing [boodskap #115427 is 'n antwoord op boodskap #115425] Do, 08 November 2007 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1194525421.535220@vasbyt.isdsl.net...
>
> Jy weet SW - Die normale wit Suid-Afrikaanse man het oor as genoeg dinge
> wat diskriminerend teenoor hom is, as wat hy amper kan hanteer, dit is nie
> nodig vir jou as wit Afrikaans sprekende man om nog 'n Liberale liegstorie
> ook hier te kom rondgooi nie
----Jy reageer nou tipies soos 'n mens wat skuldig voel....praat lank voor
hy gedink het. Dink jy jy is beter as ENIGE ander mens dat jy die vermoë
het om hom na jou toe op te hef?
>
> Ek moet egter vir die links gesindes krediet gee, hulle het waragtag 'n
> antwoord of 'n verklaring vir ALLES. En as die antwoord of verklaring deur
> middel van absolute snert die witman verder kan afkraak, soveel te beter. ---Net die wit mense wat reken hulle is beter as ander.
>
> Volgens jou kom dit daarop neer dat die arm witmense nie geld van ryk
> swartes af sal / wil vat nie. Dit is 'n tipiese LIBERAL PROPAGANDA
> liegstorie - eerder as om die waarheid in die oe te kyk en te se die
> swartes gee nie vir die wittes nie, want hulle voel 'n flying F vir 'n
> witman. Julle verwag 'n hand out VAN 'n witman, nie 'n hand out NA 'n
> witman toe nie.
----Duidelik het jy nie lekker gelees nie. Ek sê juis hoekom wil wit mense
nog probeer om swart mense te help [op te hef] as die swart mense nie
dieselfde met arm blankes wil doen nie? Wat het dit met propoganda of
enigiets behalwe die werklikheid te doene?
Re: Opheffing [boodskap #115429 is 'n antwoord op boodskap #115422] Do, 08 November 2007 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Wat sou die
> rede wees dat die ryk swart mense nie probeer om die arm wit mense op te hef
> nie?

Dit was natuurlik die hele filosofie agter Steve Biko
en die Black Consciousness Movement. Die feit dat
die swart man self moet wakker word en sien hoe hy
tot dusver saamgespeel het met die giftige denkrigting
dat wit mense uit die aard beter en waardiger is en dat
hulle die oplossing vir die toekoms van die swart man
in hulle hande het. En dis daarom dat Steve Biko en
sy filosofie so 'n bedreiging was vir die apartheids-
vaders. Want die hele denke en doen van apartheid
was daarop gebaseer dat die wittes waardiger was as
swartes en al die wysheid in pag gehad het. Die
apartheidsvaders moes hierdie filosofie nie net verkoop
aan die swartes nie, maar ook aan die wittes.
Gloudina
Re: Opheffing [boodskap #115438 is 'n antwoord op boodskap #115429] Vr, 09 November 2007 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1194559074.184831.98040@s15g2000prm.googlegroups.com...
> "Suidwester" skryf
>
> Wat sou die
>> rede wees dat die ryk swart mense nie probeer om die arm wit mense op te
>> hef
>> nie?
>
> Dit was natuurlik die hele filosofie agter Steve Biko
> en die Black Consciousness Movement. Die feit dat
> die swart man self moet wakker word en sien hoe hy
> tot dusver saamgespeel het met die giftige denkrigting
> dat wit mense uit die aard beter en waardiger is en dat
> hulle die oplossing vir die toekoms van die swart man
> in hulle hande het. En dis daarom dat Steve Biko en
> sy filosofie so 'n bedreiging was vir die apartheids-
> vaders. Want die hele denke en doen van apartheid
> was daarop gebaseer dat die wittes waardiger was as
> swartes en al die wysheid in pag gehad het. Die
> apartheidsvaders moes hierdie filosofie nie net verkoop
> aan die swartes nie, maar ook aan die wittes.
> Gloudina
----Es grênd, maar nou na apartheid, kom die ware kleure van die hele swart
filosofie dus na vore? Di, vat alles van die wit man wat jy kan en gee niks
terug nie? Dis juis die wit man se politiese ondergang gewees, is dit nie?
Plaas dat hy die swart mense gelos het om vir hulleself te sorg en op te
snork soos hulle deur die eeue gedoen het, het sy gewete hom gepla en het
probeer om die swart mense te kry om saam met die wit mense te ontwikkel.
Toe kry die swart mense gratis skole, gratis hospitale, goedkoop behuising,
ens. en al wat hulle moes doen is om genoeg kleintjies te maak sodat hulle
die wit mense uiteindelik kan uitstem!
Nou is dit so en nou vind hulle die speelgoed wat hulle geërwe het, is
nie so maklik beheerbaar sonder die nodige ervaring nie.......en beide
groepe sit met die pap tussen hulle op die grond!
>
Re: Opheffing [boodskap #115440 is 'n antwoord op boodskap #115438] Vr, 09 November 2007 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Dis juis die wit man se politiese ondergang gewees, is dit nie?
> Plaas dat hy die swart mense gelos het om vir hulleself te sorg en op te
> snork soos hulle deur die eeue gedoen het, het sy gewete hom gepla en het
> probeer om die swart mense te kry om saam met die wit mense te ontwikkel.
> Toe kry die swart mense gratis skole, gratis hospitale, goedkoop behuising,

So dis hoe jy die rol van die witman in SA opsom?
Ek wens ek het die geduld en die tyd om vir jou
uit gesaggewende boeke aan te haal, hoe veel
beter die swart man ekonomies af was gedurende
die negentiende eeu byvoorbeeld in plekke soos
die Transkei, voordat die wetgewings in die vroeg
twintigste eeu al vir hulle begin hokslaan het en
vir hulle begin vertel het wat hulle kan doen en nie
kan doen nie. Gaan terug na die redes wat die
African National Congress aangevoer het vir hulle
totstandkoming, vroeg in die twintigste eeu.

Gloudina
Re: Opheffing [boodskap #115442 is 'n antwoord op boodskap #115440] Vr, 09 November 2007 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 09 Nov 2007 05:13:14 -0800, Hessie wrote:

> Ek wens ek het die geduld en die tyd om vir jou
> uit gesaggewende boeke aan te haal, hoe veel
> beter die swart man ekonomies af was gedurende
> die negentiende eeu byvoorbeeld in plekke soos
> die Transkei,

> Gloudina
>

Ek wens ek het die geduld en die tyd om vir jou uit koerantberigte aan
te haal by monde van bv. Tutu en op 'n later stadium Vavi hoeveel
beter die swartmense ekonomies daaraan toe was tydens die (hulle eie
woorde) apartheidsjare.
Re: Opheffing [boodskap #115443 is 'n antwoord op boodskap #115440] Vr, 09 November 2007 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1194613994.610312.215380@e9g2000prf.googlegroups.com...
> So dis hoe jy die rol van die witman in SA opsom?
> Ek wens ek het die geduld en die tyd om vir jou
> uit gesaggewende boeke aan te haal, hoe veel
> beter die swart man ekonomies af was gedurende
> die negentiende eeu byvoorbeeld in plekke soos
> die Transkei, voordat die wetgewings in die vroeg
> twintigste eeu al vir hulle begin hokslaan het en
> vir hulle begin vertel het wat hulle kan doen en nie
> kan doen nie. Gaan terug na die redes wat die
> African National Congress aangevoer het vir hulle
> totstandkoming, vroeg in die twintigste eeu.
>
> Gloudina
----Kyk, ek kom uit SWA en daaroor kan ek gesels. Ek beleef die land soos
wat ons hom gekry het, ongerep en swart mense wat in kolle saamgekloek het
waar water was. Waar ons ouers gaan plaas maak het, het g'n mens gewoon
nie [en kon woon nie] en slegs die vasbyt en harde werk het plase gemaak uit
areas wat as voorheen onbewoonbaar gereken is. Dit was alles wit mense.
Meeste van hulle het nie ver skool gegaan nie, baie kon beswaarlik bheoorlik
lees en skryf, maar hulle kinders moes sover gaan as wat hulle kon bekostig
en die dryf was aan om die kinders geleerd te kry. In teenstelling hiermee
het meeste van die swart mense steeds bly vasklou aan hulle stamme en
stamgebiede en 'n luilekker bestaan van so min moontlik doen. In drie
honderd jaar in ons land, het al die intrekkende stamme sweet boggerall
bereik behalwe om oorlog te maak en mekaar se goete te probeer steel.
Toe kom die witman in die vorm van die Duitser. Van 1895 ongeveer toe
1905. Tien jaar. Toe's daar 'n hawe, 'n spoorlyn van die kus af na
Windhoek en oor die duinegordel by Lüderitz. Dié het hulle in 9 maande
effektief gemaak, terwyl ons huidige regering nou al 14 jaar sukkel om dit
nou reg te kry! In Windhoek het die Duitsers die eerste vaste geboue
gebou, sowel as forte en besigheidsgeboue op verskeie plekke. Diamante is
ontdek. Steeds het die swart man rustig gesit.
Toe kom die wit man in die vorm van die SA-ers. Weereens word gewerk
en ontwikkel. Paaie word gebou, geboue word gebou, dorpe en stede word
gestig. Hawens kom by, die spoorlyne kry wyer spore, lugdiens kry sy
bestel....en steeds sit die swart man rustig. Maar nou het die wit man
totale beheer oor die land en besluit in sy stupidgeid dat die swart man nie
vir homself kan ontwikkel en dink nie, en dat hy, as wit man dit vir hom
moet doen. Toe maak hulle dit vir hulle maklik met alle vorme van geskenke
en beskerming. Plaas dat hulle die swart mense in vrede gelos het om hulle
eie ding te doen, teen die kostes wat dit vir almal anders ook maar was in
die land. Dan sou ons nie die bevolkingsontploffing gehad het onder die
swartes nie en sou getalle onder die mense meer geredelik gewees het.
Re: Opheffing [boodskap #115444 is 'n antwoord op boodskap #115443] Vr, 09 November 2007 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Nov 9, 3:52 pm, "Suidwester" wrote:
> Waar ons ouers gaan plaas maak het, het g'n mens gewoon
> nie [en kon woon nie] en slegs die vasbyt en harde werk het plase gemaak uit
> areas wat as voorheen onbewoonbaar gereken is. Dit was alles wit mense.

Klink soos die bouer wat altyd ges? het: "Gee my net 10 Wambo's en 'n
Baster dan bou ek die huis self" ;-)

> In drie honderd jaar in ons land, het al die intrekkende stamme sweet boggerall
> bereik behalwe om oorlog te maak en mekaar se goete te probeer steel.
> Toe kom die witman in die vorm van die Duitser.

Dis darem nie heeltemal regverdig nie Suidwester. Mynbouaktiwiteite in
Namibia dateer ver terug en as ek dit nie mis het nie was ou Jonker
Afrikaner rondom 1850 al baie bedrywig met die uitvoer van kopererts
via Walvisbaai. En onthou die oorlog (of ten minste die laaste een)
het eers 1989 tot einde gekom.
Jy is wel reg dat die buitelandse vakmanskap baie bygedra het tot die
opbou van infrastruktuur maar hulle het dit ook nie gratis gedoen nie.
Dit was meestal die ontdekking van Namibia se natuurlike bronne
(Koper, Tin, Diamante, Marmer en Goud) wat hierdie buitelanders gelok
het. (Portugese, Engelse, Duitsers, om nie eers te praat van die
toestroming uit die Suide vanoor die Oranje nie). En dit was maar net
die begin van 'n groter landgrab...
Ek sukkel nogsteeds om die hele situasie te verstaan. Wanneer is dit
ok om op 'n ander ou se ongebruikte stuk grond te gaan nesskrop en
koning te kraai? Waar trek mens daai lyn en hoe regverdig mens dit?
Word dit bepaal deur die hoeveelheid geld en infrastruktuur wat ek in
daai nes instoot? Of word dit bepaal deur wie die hardste kan kla na
die tyd?
Re: Opheffing [boodskap #115445 is 'n antwoord op boodskap #115444] Sa, 10 November 2007 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:1194635677.388291.304710@v3g2000hsg.googlegroups.com...
On Nov 9, 3:52 pm, "Suidwester" wrote:

Klink soos die bouer wat altyd gesê het: "Gee my net 10 Wambo's en 'n
Baster dan bou ek die huis self" ;-)
----Sekerlik ja, maar ek betaal daai manne vir hulle arbeid. Sal dit seker
self kan doen, maar dit sal lank vat. As ek 'n man betaal vir sy arbeid,
dan is die inisiatief by my en is hy net 'n middel tot 'n doel, soos 'n
kruiwa, boubokkie of angle grinder.

Dis darem nie heeltemal regverdig nie Suidwester. Mynbouaktiwiteite in
Namibia dateer ver terug en as ek dit nie mis het nie was ou Jonker
Afrikaner rondom 1850 al baie bedrywig met die uitvoer van kopererts
via Walvisbaai.
----Ja? Bron asseblief! Ek sal wil weet waar hy dit gemyn het en hoe het
hy dit by Walvisbaai gekry?

En onthou die oorlog (of ten minste die laaste een)
het eers 1989 tot einde gekom.
Jy is wel reg dat die buitelandse vakmanskap baie bygedra het tot die
opbou van infrastruktuur maar hulle het dit ook nie gratis gedoen nie.
Dit was meestal die ontdekking van Namibia se natuurlike bronne
(Koper, Tin, Diamante, Marmer en Goud) wat hierdie buitelanders gelok
het. (Portugese, Engelse, Duitsers, om nie eers te praat van die
toestroming uit die Suide vanoor die Oranje nie). En dit was maar net
die begin van 'n groter landgrab...
Ek sukkel nogsteeds om die hele situasie te verstaan. Wanneer is dit
ok om op 'n ander ou se ongebruikte stuk grond te gaan nesskrop en
koning te kraai? Waar trek mens daai lyn en hoe regverdig mens dit?
Word dit bepaal deur die hoeveelheid geld en infrastruktuur wat ek in
daai nes instoot? Of word dit bepaal deur wie die hardste kan kla na
die tyd?
-----Jy praat van 'n 'landgrab' soos dat iemand die grond besit het en dit
gesteel het. Van wie af? Moet jy begin by die San en dan vra hoekom die
Damaras en die Namas hulle grond gesteel het. Later het die Owambo en die
Herero bygekom en wie se grond het hulle gesteel. Toe kom die Basters en
sommige blankes uit die Suide aangetrek en ook hulle steel grond? Nou vra
ek vir jou, wie het kaart en transport vir hulle grond gehad? Niemand nie,
want administrasie het nie bestaan nie. Elke ou het vir hom 'n kol gekry
waar hulle lekker gebly het en dit was 'sy' grond. Die Owambo's
grotendeels in die suide van Angola en minder in die noorde van SWA, die
Herero's het so 'n paar plekke probeer, maar die sandvelde van die oostekant
verkies. Die Nama's het so in die Suidekant rondgehang en die Damara's is
deur almal besteel en slawe van gemaak. Die Basters het uit Suider-Afrika
opgetrek. Soos later van die blanke Afrikaners ook. Die Duitsers het
eers by Luderitz potensiaal gesien en toe die hele land gekoloniseer.
Onder Duitse beheer het die land begin ontwikkel.
Baie belangrik om te weet is dat die plaasgronde nie verniet deur die
Duitse of latere SA regering aan boere uitgedeel is nie. Markgerigde pryse
is vir grond gevra. As jy SWA ken, kan jy gaan kyk op die kaart en jy sal
sien dat waar die plaasgronde uitgesit was, was hoofsaaklik in plekke waar
geen mens 'n bestaan kón maak nie want daar is nie lopende water nie. Die
toekomstige boere moes vir water boor, huise bou en die plek leefbaar maak
en laat produseer.
Dit is een ding wat baie van die blanke boere tot vandag toe irriteer.
Hulle het hulle grond kaalgat gekry en hulle het hom ontwikkel. Later jare
met die Odendaal-plan en vandag nog, word opgewerkde plase vir swart mense
gegee en die enigste ding wat hulle bereik is om daai grond terug te vat na
sy kaal oorsprong toe en die mense bly steeds afhanklik van die regering en
produseer niks en betaal nie belasting nie.
Re: Opheffing [boodskap #115446 is 'n antwoord op boodskap #115445] Sa, 10 November 2007 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Nov 10, 9:00 am, "Suidwester" wrote:
> ----Ja? Bron asseblief! Ek sal wil weet waar hy dit gemyn het en hoe het
> hy dit by Walvisbaai gekry?
Enigste online bron wat ek nou kon opspoor is hieronder en daarin word
aangedui dat Jonker Afrikaner die pad van Windhoek na Walvisbaai en
die suidelike roete in die kaap se rigting gebou het.
http://www.sandscapes-namibia.com/a1_history_people_places/j onker_afrikaner.html
Oorspronklike bron: Brigitte Lau. 1987. Namibia in Jonker Afrikaner's
Time. Windhoek: National Archives of Namibia
Oor die mynbouaktiwiteite het ek ongelukkig nie enige naslaanwerke tot
my beskikking nie maar ek glo dit was 'n artikel of boek van Dr. Gabie
Schneider van die Geological Survey in Windhoek wat ek sowat 10 jaar
terug gelees het.

> Nou vra ek vir jou, wie het kaart en transport vir hulle grond gehad? Niemand nie,
> want administrasie het nie bestaan nie. Elke ou het vir hom 'n kol gekry
> waar hulle lekker gebly het en dit was 'sy' grond.
Absoluut reg! En in meeste gevalle het die ou wat op die grond gebly
het teen die tyd wat administrasie op dreef gekom het, dit behou. Die
res is deur die regering van die dag (die ouens met die meeste gewere)
tot staatseiendom verklaar en daarna herverdeel en verkoop.

> Baie belangrik om te weet is dat die plaasgronde nie verniet deur die
> Duitse of latere SA regering aan boere uitgedeel is nie. Markgerigde pryse
> is vir grond gevra.
Ja? Bron asseblief! Ek sal wil weet of dit in alle gevalle so was?

> Dit is een ding wat baie van die blanke boere tot vandag toe irriteer.
> Hulle het hulle grond kaalgat gekry en hulle het hom ontwikkel. Later jare
> met die Odendaal-plan en vandag nog, word opgewerkde plase vir swart mense
> gegee en die enigste ding wat hulle bereik is om daai grond terug te vat na
> sy kaal oorsprong toe en die mense bly steeds afhanklik van die regering en
> produseer niks en betaal nie belasting nie.
Ek kan nie met jou stry daaroor nie want dit gebeur wel. Maar ek kan
jou verseker dat daar baie plase in Namibia is wat in totale ongebruik
is en waarvoor die eienaar ook geen ekonomiese bydrae tot die land
maak nie en self ook nie swart is nie.
Jou kennis van Namibia en sy geskiedenis is ooglopend baie ryk. Jy
maak 'n baie sterk punt wat baie water dra maar dan word dit totaal
afgewater deur 'n stereotipiese opmerking wat maak dat mense jou
redenasie nie ernstig opneem nie.
Re: Opheffing [boodskap #115449 is 'n antwoord op boodskap #115422] So, 11 November 2007 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
"Suidwester" wrote:

Sit biekie jou comp se watch op tyd, Suidwester.
Re: Opheffing [boodskap #115450 is 'n antwoord op boodskap #115446] So, 11 November 2007 08:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:1194689659.854408.315060@v3g2000hsg.googlegroups.com...
> On Nov 10, 9:00 am, "Suidwester" wrote:
>> ----Ja? Bron asseblief! Ek sal wil weet waar hy dit gemyn het en hoe
>> het
>> hy dit by Walvisbaai gekry?
> Enigste online bron wat ek nou kon opspoor is hieronder en daarin word
> aangedui dat Jonker Afrikaner die pad van Windhoek na Walvisbaai en
> die suidelike roete in die kaap se rigting gebou het.
> http://www.sandscapes-namibia.com/a1_history_people_places/j onker_afrikaner.html
> Oorspronklike bron: Brigitte Lau. 1987. Namibia in Jonker Afrikaner's
> Time. Windhoek: National Archives of Namibia
> Oor die mynbouaktiwiteite het ek ongelukkig nie enige naslaanwerke tot
> my beskikking nie maar ek glo dit was 'n artikel of boek van Dr. Gabie
> Schneider van die Geological Survey in Windhoek wat ek sowat 10 jaar
> terug gelees het.
---Brigitte Lau is bekend daarvoor dat sy die geskiedenis 'regskryf' vir die
nuwe bestel. Logika gewys, weet jy hoe swaar is kopererts? Die enigste
plek in die land waar dit voorkom is in die Tsumebomgewing. Later jare
onder die ou Omeg-sisteem is 'n treinspoor konneksie gebou om aan te sluit
by die Swakopmund-spoor en so erts kus toe te vervoer. Die transportwaens
het sy koms gehad saam met die wit man. Hierdie storie maak net nie vir my
sin nie.
.
>
>> Baie belangrik om te weet is dat die plaasgronde nie verniet deur die
>> Duitse of latere SA regering aan boere uitgedeel is nie. Markgerigde
>> pryse
>> is vir grond gevra.
> Ja? Bron asseblief! Ek sal wil weet of dit in alle gevalle so was?
----Gaan lees enige van die ou geskrifde uit die Duitse tydperk, soos bv.
die bekende Baron von Wolff van Duwisib se storie en werk sy aankoopspryse
van grond in daardie jare in vergelyking met koopkrag vandag en jy sal sien
dis in lyn. Baie mense sal vandag 'n gesoute perd [teen siektes bestand]
en 'n geweer op sigwaarde skat, maar in doerie jare toe die nuwe Mauser
geweer nog top tegnologie was, was dit baie gesog. 'n Perd = kar.

> Ek kan nie met jou stry daaroor nie want dit gebeur wel. Maar ek kan
> jou verseker dat daar baie plase in Namibia is wat in totale ongebruik
> is en waarvoor die eienaar ook geen ekonomiese bydrae tot die land
> maak nie en self ook nie swart is nie.
----Hoekom is hierdie plase in onbruik? Ek weet nie hoe goed jy my land
ken nie, maar daar is sekere plekke waar dit amper onmoontlik is om
kommersieel te boer. Die Maltahöhe-distrik is een van hulle. Die
Kalahari vir die veraf dele is nog een. Baie mense het uitgeboer daar en
die redes is eenvoudig. Ver van die leweringspunte af van proviand en
benodighede en net so ver om die diere te lewer vir die mark en die koste
van lewering van slagdiere druk 'n man dood.
In die ou dae was dit meer eenvoudig as vandag want die mense was
eenvoudig en aan minder gewoond. Kinders het nie so ver geleer nie en die
kinders se ambisies en behoeftes het gedraai rondom die plase en hul
bewoners. Soos die lewe gevorder het, tegnologie aangestap het, het die
behoeftes groter geword want die mense het meer geword en die plase kon nie
meer vir almal voorsien nie. 'n Ekonomiese eenheid in ons land vir sy
groter deel is 5500 hektaar in die ou dae en daarop sal jy maar knetter om
'n begin te maak van 'scratch' af vandag. Om so 'n plaas bloot te omhein
met jakkalsproef, sal jou maklik R500 000 kos. 'n Boorgat, wat maklik tot
300m diep kan wees gaan jou saam met kragkop en enjin, by die R100 000 kos.
As jy gelukkig is en deel is van 'n elektrisiteit-lyn, gaan die kragaanleg
na jou plaas toe jou so R150 000 kos. Om nie te praat van die voertuie wat
jy nodig het om so ver in die boendoes te kan boer nie. En...en....so gaan
ons aan.
Dus, nie eers 'n jong wit man, wat op 'n plaas grootgeword het, sal so
'n kaal stuk grond kan opwerk nie. Watter kans het arm swart mense wat
slegs 'n stuk van 1000ha kry, nie voertuie het en amper geen diere het nie.
Hulle kan beswaarlik hoop om te bestaan. Nie 'n enkele een van die
hervestigde plase in die land deur die huidige regering is nog 'n sukses
nie. Selfs al skenk hulle vir jou 'n opgewerkde plaas, sal jy, as jy nie
genoegsame bedryfskapitaal het nie 'n weet hoe om dit aan te wend nie, 'n
plaas sal kan suksesvol bestuur nie. Dis die harde werklikheid.

> Jou kennis van Namibia en sy geskiedenis is ooglopend baie ryk. Jy
> maak 'n baie sterk punt wat baie water dra maar dan word dit totaal
> afgewater deur 'n stereotipiese opmerking wat maak dat mense jou
> redenasie nie ernstig opneem nie.
----Yep. Ek ken my land en sy geskiedenis. Net so ken ek die effek wat
die huidige regering op die land en sy mense het en sien ek hoe dinge ten
gronde gaan. Op hierdie onderwerp is egter een feit soos 'n koei: Die
swart mense oor die algemeen het in die eeue nog nooit die ambisie gehad om
te leef soos die wit man nie en sal dit ook nooit kan doen nie. Die
omgekeerde is ook waar. Of dit vir jou stereotiep is, dan moet jy dit maar
vat en luister vir iemand wat die kennis en ondervinding van die onderwerp
het. Die wrakke lê ons pragtige land vol van verlore hope en mooi
politieke gedagtes, maar dit verander niks aan die basiese verskille tussen
wit en swart nie. Mense soos jy probeer almal in een blik indruk en dit
werk eenvoudig nie.
>
Re: Opheffing [boodskap #115452 is 'n antwoord op boodskap #115450] So, 11 November 2007 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 11 nov, 09:48, "Suidwester" wrote:
> ---Brigitte Lau is bekend daarvoor dat sy die geskiedenis 'regskryf' vir die
> nuwe bestel.
Dat haar skrywe omstrede is kan ek nie mee stry nie - maar ten minste
het sy die Nasionale Argief as bron.
Sekere feite kan eevoudig nie weerl? word nie, maak nie saak hoe
omstrede die skrywer is nie. Volgens sendeling geskrifte (Hahn) het
Jonker Afrikaner rondom 1840 alreeds sy basis in Windhoek (Aigams)
gehad. Die Duitsers (Von Francois) het Windhoek eers na Afrikaner se
dood in 1860 betrek en later die "Alte Feste" gebou (1890).
Verder skryf Francis Galton van sy wedervaringe in 1850/51 dat hy
Jonker Afrikaner ontmoet het en beskryf hom as volg in 'n artikel in
The Times (Jan. 1852). "The head chief of these Namaquas, is a man
well known over much of South Africa, by name Jonker Afrikaner, he was
born a British subject, and having lived some time in the colony,
gradually rose from a petty captain to a chief of some importance. At
the present moment (1850) he has about 700 guns under him, and he
exercises a great influence on the neighbouring tribes also, who
altogether possess between 3000 and 4000 guns."

> Logika gewys, weet jy hoe swaar is kopererts? Die enigste
> plek in die land waar dit voorkom is in die Tsumebomgewing.
Dit is miskien die enigste plek waar dit vandag gemyn word. So paar
voorbeelde van waar, wanneer en deur wie koper voorheen gemyn is:
- Matchless myn (1856) vanwaar 'n man genaamd Anderson vir die Engelse
Walvisch Bay Mining Company erts per ossewa oor Remhoogte en
Otjimbingwe na Walvis vervoer het. Ek wonder of dit dieselfde Anderson
('n Sweed) was wat saam met Galton gereis het (1850/51) maar in Afrika
agtergebly het?
- Natas myn suid van Windhoek (1850's) - vanwaar Jonker Afrikaner per
ossewa erts na Walvis aangery. Waarskynlik ook oor Remhoogte/
Otjimbingwe
- Tsaobis myn in die Swakopriviervalei (1856) ook deur die Walvisch
Bay Mining Company gemyn.
- Gorob en Hope myne suidoos van Swakop (1886) waar Duitse geolo? van
die hoogste graad kopererts ooit gevind het.
- Rondom 1900 was daar eksplorasie by Kamstas, Duruchaus en
Swartmodder maar dit was eerder agter goud aan wat soms saam met
kopererts gevind word.
- Otjizonjati myn (1900) oos van Windhoek waar Wecke & Voigts ook
later (1907) self vir koper begin myn het maar dit was nie winsgewend
nie weens die transportkoste.
- Khan myn by Swakop (1905-1922)

> Gaan lees enige van die ou geskrifde uit die Duitse tydperk, soos bv.
> die bekende Baron von Wolff van Duwisib se storie en werk sy aankoopspryse
> van grond in daardie jare in vergelyking met koopkrag vandag en jy sal sien
> dis in lyn.
Ek sal bittergraag wil weet waar ek die bron van hierdie tipe detail
kan kry sodat ek self ook daai berekening kan maak. Al wat mens oor
Baron van Wolff op die internet kry is dat hy tot 1906 in die
Schutztruppe 'n offisier was waarna hy terug Duitsland toe is om te
trou. Hy het 1907 terruggekeer na Nambia, die plaas Duwisib gekoop en
begin om die kasteel te bou. Hy is terug Duitsland toe in 1914 en is
in 1916 tydens die "Battle of Somme" in Frankryk dood.

> Hoekom is hierdie plase in onbruik? Ek weet nie hoe goed jy my land
> ken nie, maar daar is sekere plekke waar dit amper onmoontlik is om
> kommersie?l te boer.
Soos ek ges? het, ek kan nie daarteen stry nie. Maar is jy bereid om
toe te gee dat daar wel plase met kommersi?le potensiaal is wat nie
kommersie?l geboer word nie?

> Dus, nie eers 'n jong wit man, wat op 'n plaas grootgeword het, sal so
> 'n kaal stuk grond kan opwerk nie. Watter kans het arm swart mense wat
> slegs 'n stuk van 1000ha kry, nie voertuie het en amper geen diere het nie.
> Hulle kan beswaarlik hoop om te bestaan. Nie 'n enkele een van die
> hervestigde plase in die land deur die huidige regering is nog 'n sukses
> nie.
Baie goeie punt alhoewel ek nie so seker is dat daar nog geen
suksesverhale was nie! Ongelukkig het ek ook geen bron om dit mee te
bevestig nie maar my optimistiese kant verkies om dit te glo tot tyd
en wyl ek statistieke sien wat die teendeel bewys. Let wel ek probeer
geensins enige van die welbekende flops goedpraat nie!

> Die wrakke l? ons pragtige land vol van verlore hope en mooi
> politieke gedagtes, maar dit verander niks aan die basiese verskille tussen
> wit en swart nie. Mense soos jy probeer almal in een blik indruk en dit
> werk eenvoudig nie.
Ek gun jou jou eie opinie en gaan jou nie probeer oortuig of in 'n
blik druk nie. Inteendeel, as ek by jou persoonlike opinies verbykyk
dan het jy tog 'n goeie redenasie beet.
Wie weet miskien bring die nuwe RDP-party meer hoop en vars politieke
gedagtes...
Re: Opheffing [boodskap #115453 is 'n antwoord op boodskap #115449] Ma, 12 November 2007 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan dit nie. Nou's 7:52 by ons en die rekenaar se horlosie sê ook
so.

"Dave" skryf in boodskap news:abedj39r0lpbvjietp1ltqnp2vjsku645a@4ax.com...
>
> "Suidwester" wrote:
>
> Sit biekie jou comp se watch op tyd, Suidwester.
>
Re: Opheffing [boodskap #115454 is 'n antwoord op boodskap #115452] Ma, 12 November 2007 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:1194805358.021490.296070@k79g2000hse.googlegroups.com.. .
On 11 nov, 09:48, "Suidwester" wrote:
> ---Brigitte Lau is bekend daarvoor dat sy die geskiedenis 'regskryf' vir
> die
> nuwe bestel.
Dat haar skrywe omstrede is kan ek nie mee stry nie - maar ten minste
het sy die Nasionale Argief as bron.
----Ja wel, maar dis ook 'n dame wat skryf dat Nujoma in die ou Lokasie die
mense aangehits het!

Sekere feite kan eevoudig nie weerlê word nie, maak nie saak hoe
omstrede die skrywer is nie. Volgens sendeling geskrifte (Hahn) het
Jonker Afrikaner rondom 1840 alreeds sy basis in Windhoek (Aigams)
gehad. Die Duitsers (Von Francois) het Windhoek eers na Afrikaner se
dood in 1860 betrek en later die "Alte Feste" gebou (1890).
Verder skryf Francis Galton van sy wedervaringe in 1850/51 dat hy
Jonker Afrikaner ontmoet het en beskryf hom as volg in 'n artikel in
The Times (Jan. 1852). "The head chief of these Namaquas, is a man
well known over much of South Africa, by name Jonker Afrikaner, he was
born a British subject, and having lived some time in the colony,
gradually rose from a petty captain to a chief of some importance. At
the present moment (1850) he has about 700 guns under him, and he
exercises a great influence on the neighbouring tribes also, who
altogether possess between 3000 and 4000 guns."
----Maar net so sal jy lees dat in die tydperk het die stamme baie
rondgetrek. Die Duitsers het van Swakopmund se kant af gekom en het die ou
fortjie so 50km uit Windhoek geou juis omdat hulle Jonker Afrikaner daar
verwag het. Toe vind hulle dit verlate en dis toe dat hulle met die Alte
Feste begin het. Meeste van SWA se sogenaamde gebiede waar sekere volkere
gebly het, het ook maar verander soos wat die seisoene hulle toegelaat het.
Soos ons die land vandag ken met sy weersomstandighede, is dit maklik om te
verstaan.

> Logika gewys, weet jy hoe swaar is kopererts? Die enigste
> plek in die land waar dit voorkom is in die Tsumebomgewing.
Dit is miskien die enigste plek waar dit vandag gemyn word. So paar
voorbeelde van waar, wanneer en deur wie koper voorheen gemyn is:
- Matchless myn (1856) vanwaar 'n man genaamd Anderson vir die Engelse
Walvisch Bay Mining Company erts per ossewa oor Remhoogte en
Otjimbingwe na Walvis vervoer het. Ek wonder of dit dieselfde Anderson
('n Sweed) was wat saam met Galton gereis het (1850/51) maar in Afrika
agtergebly het?
- Natas myn suid van Windhoek (1850's) - vanwaar Jonker Afrikaner per
ossewa erts na Walvis aangery. Waarskynlik ook oor Remhoogte/
Otjimbingwe
- Tsaobis myn in die Swakopriviervalei (1856) ook deur die Walvisch
Bay Mining Company gemyn.
- Gorob en Hope myne suidoos van Swakop (1886) waar Duitse geoloë van
die hoogste graad kopererts ooit gevind het.
- Rondom 1900 was daar eksplorasie by Kamstas, Duruchaus en
Swartmodder maar dit was eerder agter goud aan wat soms saam met
kopererts gevind word.
- Otjizonjati myn (1900) oos van Windhoek waar Wecke & Voigts ook
later (1907) self vir koper begin myn het maar dit was nie winsgewend
nie weens die transportkoste.
- Khan myn by Swakop (1905-1922)
----Steeds, al hierdie myne uit 'uitgeboer' en wel met goeie rede: Hulle
was nie ekonomies ontginbaar nie. Ek ry in my land rond en het baie van
hierdie myne al besoek en by elkeen is dieselfe storie: Transport en
water. Wyl ek nie sal betwis dat daar wel kopererts uitgevoer kon wees
nie, sou ek die praktiese uitvoerbaarheid daarvan sterk in twyfel trek.
Het jy geweet dat die Duitsers juis die spoorlyn gebou het uit Swakopmund
uit omdat dit 'n transportwa wat uit die drie weke wat dit vat om uit
Windhoek se area tot by die kus te kom, dit twee weke daarvan gevat het om
deur die duinegordel naby die kus te kom? 'n Wa vol swaar erts? Groot
drama en geen geld te make nie.

> Gaan lees enige van die ou geskrifde uit die Duitse tydperk, soos bv.
> die bekende Baron von Wolff van Duwisib se storie en werk sy aankoopspryse
> van grond in daardie jare in vergelyking met koopkrag vandag en jy sal
> sien
> dis in lyn.
Ek sal bittergraag wil weet waar ek die bron van hierdie tipe detail
kan kry sodat ek self ook daai berekening kan maak. Al wat mens oor
Baron van Wolff op die internet kry is dat hy tot 1906 in die
Schutztruppe 'n offisier was waarna hy terug Duitsland toe is om te
trou. Hy het 1907 terruggekeer na Nambia, die plaas Duwisib gekoop en
begin om die kasteel te bou. Hy is terug Duitsland toe in 1914 en is
in 1916 tydens die "Battle of Somme" in Frankryk dood.
-----Hmmm. Daar is boeke geskryf oor die Baron en sy make. In kort, hy
was 'n lid van die Schuttstruppe en het hy en sy manne goed op hulle moer
gekry teen die Hottentotte en is hy in skande terug Duitsland toe waar hy
voor 'n krygsraad aangekla is. Tog is daar bronne wat reken dis twak en
dat hy die Rooi Adelaar ontvang het vir sy deelname aan die Duits-SWA
konflikte. Dié wergawe maak meer sin want hy het lid van die Landesrat
geword later in SWA en ook met WWI het hy teruggekeer Duitsland toe en
aktiewe diens en weer as offisier aangestel.
Daar het hy met sy ryk Amerikaanse vrou, Jayta Humphries, getrou en
is hulle terug na Duits-SWA toe. Hy wou hulle hier kom vestig. Jayta se
familie was baie welgesteld. Hy wou grond koop. Die Duitse owerhede se
voorwaardes vir grond koop in die land was as volg:
- Die maksimum grond wat enige persoon kon koop was 20 000 hektaar.
- Die koper moes daar gaan woon en dit bewerk.
- Die koper moes 'n waarborg van 50 000 Mark lewer.
- Die eerste 10 000ha koop hy @ 30 phennig per ha en die tweede 10 000ha @50
phennig per ha.
- 'n Tiende van die totale waarde was by ondertekening betaalbaar.
- Die res was betaalbaar oor 'n termyn van 5 jaar.
Duidelik was dit nie 'n owerheid wat grond verniet weggegee het nie!

> Hoekom is hierdie plase in onbruik? Ek weet nie hoe goed jy my land
> ken nie, maar daar is sekere plekke waar dit amper onmoontlik is om
> kommersieel te boer.
Soos ek gesê het, ek kan nie daarteen stry nie. Maar is jy bereid om
toe te gee dat daar wel plase met kommersiële potensiaal is wat nie
kommersieel geboer word nie?
----Sekerlik, maar om watter redes? Net soos daar mense in die dorp is wat
meer as een huis het en die ander een verhuur, hoekom mag 'n plaaseieinaar
nie van sy grond verhuur nie? Hoekom mag 'n dorpenaar 20 huise besit, maar
die boer mag nie 20 plase hê nie? Wat is die verskil? Beide het dit
gekoop en betaal. As ek vir jou daardie argument omdraai en vir jou sê dat
jou huis bv. in die stad staan op 1 akker grond. Jy was so gelukkig om in
'n ou area met groot erwe te koop. Sal jy gelukkig wees as die mense nou
kom en vir jou sê jy gebruik nie jou grond tot sy volle potensiaal nie?
Dat jy vir nog huis-behoeftiges kan grond afstaan om hulle huise op te bou?
Ek dink nie so nie!
Maar die plase. Ons lag maklik daaroor as die mense vra: Hoe maak jy
'n kein fortuintjie uit boerdery? Begin met 'n grote! Boerdery in ons
land is nie 'n grap in enige area nie. Dit vra massiewe kapitale inset en
baie jare se harde werk om 'n sukses daarvan te maak. Die
weeromstandighede gaan ook op en af en mens weet nooit wat vir jou wag nie.
Waar boere in die ou jare glad nie ekstra grond kon bekostig nie, moes hulle
van tyd tot met hulle diere trek na weiding toe om die diere te red. Ander
het uitgeboer en dan het hulle buurmanne van die grond by hulle opgekoop en
vele het dalk gevind dat die ekstra grond net noodweiding is of dalk te duur
om te bedryf. Baie ouens het bloot weens droogte uitgeboer en dorp toe
gewaai om inkomste te kry en verhuur nou hulle plase aan buurmanne vir
noodweiding. My vraag an jou: As ek 'n plaas besit waarvoor ek betaal
het met MY geld, hoekom moet ek op dit boer as ek dit nie so verkies nie.
As Namibië te veel mense vir te min grond gehad het, kon ek dit verstaan,
maar ons is 2/3des van die RSA groot en net 2 miljoen mense! Daar is volop
grond beskikbaar vir die wat die geld het om te koop, maar die swart mense
soek nie dit nie.

Baie goeie punt alhoewel ek nie so seker is dat daar nog geen
suksesverhale was nie! Ongelukkig het ek ook geen bron om dit mee te
bevestig nie maar my optimistiese kant verkies om dit te glo tot tyd
en wyl ek statistieke sien wat die teendeel bewys. Let wel ek probeer
geensins enige van die welbekende flops goedpraat nie!
----Glo my, daar nog nie een nie. Gaan kyk na Voigtsgrund naby Mariental
wat die grootste private dam in die land op sy grond het. Hier het die
Voigts' 'n paradys losgewerk en die wild was volop. Die grond is deur die
regering gekoop en gaan kyk maar self. Dis 'n gemors van plakkers en al
die wild is uitgeroei [ons praat van oor 'n 1000 gemsbokke en letterlik
duisende springbokke]. Alles om die werklose 'strugglers' te voed....nie
verniet nie! Vleis word deur amptenare verkoop onder die tafel! Meer
onlangs was die Wieses se plaas wat onlangs onteien is doer op die pad via
Kapps Farm agter die berge om na Okahandja. Pragtige bome vrek, want
niemand gee dit water nie. Wat van bestaande lemoenbedrywe naby Stampriet
wat net so oorgekoop is deur die regering vir hervestiging en vandag
produsser hulle nie meer 'n enkele lemoen nie. Ens. ens.

> Die wrakke lê ons pragtige land vol van verlore hope en mooi
> politieke gedagtes, maar dit verander niks aan die basiese verskille
> tussen
> wit en swart nie. Mense soos jy probeer almal in een blik indruk en dit
> werk eenvoudig nie.
Ek gun jou jou eie opinie en gaan jou nie probeer oortuig of in 'n
blik druk nie. Inteendeel, as ek by jou persoonlike opinies verbykyk
dan het jy tog 'n goeie redenasie beet.
----My persoonlike opinies is gegrond op 'n leeftyd van leef en werk in ons
land saam met alle soorte van sy mense. Ek het Windhoek gesien groei deur
sy fases van toe net blankes in sy hoofgebiede gebly het en die
administrasiehuise gedien het as behuising vir amptenary wat baie min betaal
was. Die huis was 'n byvoordeel. Tog, na onafhanklikheid, het swart
mense van hierdie huise betrek, onder dieselfde skema, MAAR skielik woon
daar 'n familie in elke kamer en die hele spul betaal huur aan die amptenaar
aan wie die huis toegeken is en nou self, met sy oorgrote salaris, sy eie
privaathuis gekoop het en dan nog 'n subsidie ook daarop ontvang! Ek weet
nie hoe lees jy dit nie, dis bedrog in my taal en een wat net onder die
swart mense voorkom. Jy dink ek's 'n rassis as ek op die dinge en vergrype
van swart mense kommentaar lewer, maar die feite is daar vir almal om te
sien. Die groot gros van halsmisdade en bedrog en diefstal word gepleeg
deur swart mense en hulle kan dit nie ontken nie, want die feite staan in
die hofverslae vir almal om te lees. Ek is 'n realis.

Wie weet miskien bring die nuwe RDP-party meer hoop en vars politieke
gedagtes...
----Weet nie wat hulle beoog nie, maar Swapo is nou waar die ou NP was.
Hulle het die publiek bedrieg en hulle gat gesien. Die Swapo-manne het
hulleself ryk gesteel en bedrieg en uiteindelik begin die man op straat nou
protesteer. Daar is egter net een oplossing vir Afrika: Stop die
geskenke en opheffings. Skep werk vir die man op straat en as hy nie wil
werk nie, laat hy vrek van die honger.
Re: Opheffing [boodskap #115458 is 'n antwoord op boodskap #115453] Ma, 12 November 2007 12:40 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 12 Nov 2007 07:53:07 +0100, "Suidwester" wrote:

> Ek verstaan dit nie. Nou's 7:52 by ons en die rekenaar se horlosie sê ook
> so.
> "Dave" wrote in message
> news:abedj39r0lpbvjietp1ltqnp2vjsku645a@4ax.com...

>> "Suidwester" wrote:

>> Sit biekie jou comp se watch op tyd, Suidwester.


>

As jy kyk sal jy sien dat ek om 10:14 gereageer het
op wat jy om 10:48 geskryf het.
Vorige onderwerp: Tipiese Kanadees
Volgende onderwerp: Eie afleidings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 09:59:39 MGT 2024