Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » FLY AWAY HOME - 'n film oor Kanadese en wildeganse
FLY AWAY HOME - 'n film oor Kanadese en wildeganse [boodskap #7234] Sa, 14 September 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die laaste dekade het ons af en toe gehoor van die man
in suidwestelike Ontario wat probeer om in sy "ultralite"
saam met migrerende wildeganse suid te vlieg.( Dan dink 'n
mens maar, wat sal mense nou ook nog uitdink om hulself
te amuseer.) Bill Lishman wou blykbaar wildeganse, wat by
sy plek uitgebroei het en vir hom as hulle moeder aangesien
het omdat hulle hom die eerste gesien het, leer om suid te
vlieg in die herfs en erens anders te gaan oorwinter. Die idee
was ook dat as dit prakties blyk te wees, 'n mens ganse kon
leer om ander migrasieroetes te neem, as ou roetes verniel is
deur lugbesoedeling. Jy kon ook rare soorte voels se eiers
laat uitbroei, hulle op 'n mens laat "imprint" en dan die voels
leer om self te migreer na warmer klimate as die winter aankom.
So kon 'n mens byvoorbeeld die amper uitgestorwe "trumpeter
swans" probeer terugbring in groter getalle.
Nuus van Bill Lishman se aktiwiteite het stadigaan wyer en
wyer aandag getrek. Die populere Amerikaanse program 20/20
het 'n segment daaroor gehad, en het verklaar dat die program
die hoogste luisteraarsreaksie in 15 jaar gehad het. Toe het die
mense in Hollywood begin aandag gee. In die volgende weke
begin die film FLY AWAY HOME in die teaters speel. Die
rol van Bill Lishman word vertolk deur Jeff Daniels, en Anna
Paquin is sy dogter. Anna Paquin is die dogtertjie (gebore in
Winnipeg, maar nou van "down under") wat 'n Oscar gekry
het vir die beste ondersteunende rol in "The Piano" toe sy nog
maar so omtrent tien jaar oud was. In die film is dit sy wat die
voels leer vlieg. Time Magazine prys die film hoog aan. Jeff
Daniels doen nie enige vliegwerk nie. Dis Lishman wat dit doen.
Baie min van die biografiese besonderhede in die film is waar.
In die film is Lishman glo geskei. Anna se ma het toe daarna in
Australia of NZ gaan bly - dit alles nou net om Anna Paquin
se "down under" aksent te verklaar. Sy kom dan terug, na haar ma
se dood, en leer om saam met die ganse te vlieg. In werklikheid is
Bill Lishman 'n gelukkig getroude man. Die werklike Mevrou
Lishman het haar man se uitsonderlike aktiwitieite moontlik ge-
maak deur al die jare die daaglikse broodwinner te wees in 'n
taamlik belangrike werk. Op hierdie manier kon haar man aandag
gee aan buitengewone soorte aktiwiteite. Met die bekendheid wat
hy nou verwerf het, neem mense sy idees ernstiger op, en hy is
nou besig om met ander mense saam navorsing te doen oor die mi-
grasie patrone van noord-amerikaanse voels en hoe die mens 'n
meer aktiewe rol daarin kan speel.

Gloudina Bouwer
Re: FLY AWAY HOME - 'n film oor Kanadese en wildeganse [boodskap #7259 is 'n antwoord op boodskap #7234] Vr, 20 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On 14 Sep 1996 01:50:17 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

(knip)

> Nuus van Bill Lishman se aktiwiteite het stadigaan wyer en
> wyer aandag getrek. Die populere Amerikaanse program 20/20
> het 'n segment daaroor gehad, en het verklaar dat die program
> die hoogste luisteraarsreaksie in 15 jaar gehad het.
(knip)

Ons het die hier ook gesien, ten minste ek dink dit was die 20/20 program.
Soos ek onthou was dit 'n redelike lang stuk.

----
Henry Flint

Home page: http://www.oocities.org/SunsetStrip/1712/index.html
and http://202.80.8.21/cape_town/hft/index.html
PGP public key available from keyservers, home page or send
email with "send key" as subject.
Unsolicited Email of a commercial nature delivered to this
address is subject to a $500 charge. Emailing such items,
whether automatically or manually, constitutes acceptance of
and agreement to this charge.
---------------------END-----------------------------------
Vorige onderwerp: Die woord fokken op sabc2
Volgende onderwerp: Re: FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:08:55 MGT 2024