Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Wat vannie Rugby?
Wat vannie Rugby? [boodskap #115071] Ma, 08 Oktober 2007 20:18 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom is julle so stil daaroor?

Al my voorspellings van die afgelope naweek het waar gekom.
Ek het hierdie voorspellings al gemaak net na die heel eerste wedstryd
gespeel is.

Nou moet SA teen die Argentyne verloor - en dan speel die twee spanne in die
laaste wedstryd teen mekaar, wat die toernooi geopen het.
Poetic justice:))
Re: Wat vannie Rugby? [boodskap #115085 is 'n antwoord op boodskap #115071] Di, 09 Oktober 2007 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is daar om te sê? As jy vir 99,9% van die rugbykenners gesêhet beide
die All Blacks en die Wallabies gaan verloor, dan sou hulle jou nie geglo
het nie. Kyk terug na verskeie van die wedstryde en die beslissings van
die skeidsregters laat jou wonder. Dis vry algemeen vandag as jy iemand op
die grond trap dan's jy af. Die Franse het die AB's in die begin blatant
getrap en geen fluitjie eers nie! Dis algemeen bekend dat die Franse
gewen het met 'n vooruitaangee drie. As jy kyk na die tackles wat die
Franse gemis het [140 ongeveer] teenoor die AB's se ongeveer 45, dan is dit
onlogies dat die Franse moes gewen het. Ek het ook nooit gedurende die
wedstryd die gevoel gekry dat die AB's gaan verloor nie. Toe daai drie....
Toe kom die Bokke se wedstryd. Hoeveel hoogvatte het ongestraf gebly?
Toe speel die Pumas teen die Skotte. Die reëls sê jy mag nie op die
skrum duik nie. Argentinié doen dit so drie-drie op 'n slag! En sowat
aan die verkeerde kant van die skrum lê [possum soos die Ozzies sal sê] is
selde gesien en die rev straf hulle nie!
So, wat gebeur die naweek? Die Bokke behoort te wen. As hulle die
spel vas hou en die Argentyne laat omdraai, dan gaan dit maklik wees. As
hulle die spel gaan laat uitrafel, dan gaan hulle sukkel. Ek het net een
versoek. Speel Wikus, Jean en Schalk op no. 8 en vergeet van Danie
Rosseau.
Ingelse teen die Franse? Moenie verbaas wees as die Souties dit maak
nie. Die AB's het gewys hoe om die Hane te klop [sonder dat die rev
kroek!]: Speel met die voorspelers en gee die bal vir Jonny. Hy sal die
Franse sink.....maar dis nie wat ek wil hê nie! Ek hoop die Franse en die
Bokke kom in die eindstryd want my ambisie is om te sien hoe Bakkies vir
Absalom dril in die grond in. He-he! Daai lang hare sal darem lekker vat!

"Annette" skryf in boodskap news:1191910992.574112@vasbyt.isdsl.net...
> Hoekom is julle so stil daaroor?
>
> Al my voorspellings van die afgelope naweek het waar gekom.
> Ek het hierdie voorspellings al gemaak net na die heel eerste wedstryd
> gespeel is.
>
> Nou moet SA teen die Argentyne verloor - en dan speel die twee spanne in
> die laaste wedstryd teen mekaar, wat die toernooi geopen het.
> Poetic justice:))
>
Re: Wat vannie Rugby? [boodskap #115087 is 'n antwoord op boodskap #115071] Di, 09 Oktober 2007 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" Hoekom is julle so stil daaroor?[/color]
>
> Al my voorspellings van die afgelope naweek het waar gekom.
> Ek het hierdie voorspellings al gemaak net na die heel eerste wedstryd
> gespeel is.
>
> Nou moet SA teen die Argentyne verloor - en dan speel die twee spanne in
> die laaste wedstryd teen mekaar, wat die toernooi geopen het.
> Poetic justice:))

Ek dink nie SA gaan teen Argentinië verloor nie. Daar's altyd 'n 1e keer,
maar ek dink nie hierdie gaan die 1e keer wees nie.

Ek voorspel dat die einstryd tussen SA en Frankryk gaan wees, maar wil nie
waag om te sê wie gaan wen nie. Natuurlik wens ek SA wen, maar die
tuisskare voordeel en die passie van die Franse voor hulle tuisskare is
oorbekend. Hulle het dit so 'n paar jaar terug met die Sokker wêreldbeker
ook bewys. En hulle was soveel keer al amper daar! SA het ook in 1995
gewys was die tuisskare voordeeel en nasionale trots kan doen toe ons NZ
geklop het.

Maar Jake White en die Bokke het lank beplan en gewerk aan hierdie een. En
tot dusver het dit volgens plan verloop - nie sonder hikke en snikke nie! -
dit was in elk geval te verwagte! So ek gaan nie die Bokke se kanse
afskryf nie.
Re: Wat vannie Rugby? [boodskap #115090 is 'n antwoord op boodskap #115085] Di, 09 Oktober 2007 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> Kyk terug na verskeie van die wedstryde en die beslissings van die
> skeidsregters laat jou wonder.

Ek hou van jou waarnemings in hierdie verband.

Die Fidjiane het goed vertoon in die lynstane. Waarom? Hulle het elke keer
die bal skeef ingegooi!!!! Die skeidsregter het nie een enkele keer in die
middel agter die lynstaan stelling ingeneem sodat hy kan sien of die bal
reguit ingegooi word nie. Hy het hulle 3 keer gestraf vir skeef ingooi -
die kere wat dit so ooglopend was dat selfs hy dit nie kon miskyk nie.
Re: Wat vannie Rugby? [boodskap #115102 is 'n antwoord op boodskap #115085] Wo, 10 Oktober 2007 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> Kyk terug na verskeie van die wedstryde en die beslissings van die
> skeidsregters laat jou wonder.

Ek hou van jou waarnemings in hierdie verband.

Die Fidjiane het goed vertoon in die lynstane. Waarom? Hulle het elke keer
die bal skeef ingegooi!!!! Die skeidsregter het nie een enkele keer in die
middel agter die lynstaan stelling ingeneem sodat hy kan sien of die bal
reguit ingegooi word nie. Hy het hulle 3 keer gestraf vir skeef ingooi -
die kere wat dit so ooglopend was dat selfs hy dit nie kon miskyk nie.
Re: Wat vannie Rugby? [boodskap #115106 is 'n antwoord op boodskap #115102] Wo, 10 Oktober 2007 12:01 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:N6idnaAif_2kDpHanZ2dnUVZ8turnZ2d@saix.net...
> "Suidwester" < wrote
>
>
>> Kyk terug na verskeie van die wedstryde en die beslissings van die
>> skeidsregters laat jou wonder.
>
> Ek hou van jou waarnemings in hierdie verband.
>
> Die Fidjiane het goed vertoon in die lynstane. Waarom? Hulle het elke
> keer
> die bal skeef ingegooi!!!! Die skeidsregter het nie een enkele keer in
> die
> middel agter die lynstaan stelling ingeneem sodat hy kan sien of die bal
> reguit ingegooi word nie. Hy het hulle 3 keer gestraf vir skeef ingooi -
> die kere wat dit so ooglopend was dat selfs hy dit nie kon miskyk nie.
>
> -----Eh, kón hy lekker kyk? Dalk die rede vir die miskyk?
Vorige onderwerp: Rugby WB
Volgende onderwerp: Wêreldbeker uitslag!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:10:51 MGT 2024