Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Deeltekens en dies meer
Deeltekens en dies meer [boodskap #7189] Vr, 06 September 1996 00:00 na volgende boodskap
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hallo almal!

Hierdie deeltekens en dies meer kom mos nie uit nie, en die aanvaarde
manier op die Internet is mos om kappie-e bv. as [e^] te tik.

Is dit so, en gebruik mense dit gereeld?

Groetnis van Witbank
Johan van Noordwyk
Re: Deeltekens en dies meer [boodskap #7190 is 'n antwoord op boodskap #7189] Sa, 07 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ri...  is tans af-lyn  ri...
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Johan van Noordwyk wrote:
> Hallo almal!
>
> Hierdie deeltekens en dies meer kom mos nie uit nie, en die aanvaarde
> manier op die Internet is mos om kappie-e bv. as [e^] te tik.
>
> Is dit so, en gebruik mense dit gereeld?
>
> Groetnis van Witbank
> Johan van Noordwyk
>
Hallo Johan,
Ek het nie baie op e-mail gespeel nie, maar ek weet dat as jy bv. die "alt"
knoppie inhou en dan "0234" op die keypad tik, sal jy 'n kappie-e (ê) kry. Is
dit wat jy wou weet? Laat weet my op me e-mail: ri...@infonet.co.za
Groete uit Kempton Park
Ruhan
Re: Deeltekens en dies meer [boodskap #7192 is 'n antwoord op boodskap #7189] So, 08 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Theo Scott  is tans af-lyn  Theo Scott
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
ri...@infonet.co.za wrote:
>
> On 06/09/1996 22:55, in message , Johan van
> Noordwyk wrote:
>
>> Hallo almal!
>>
>> Hierdie deeltekens en dies meer kom mos nie uit nie, en die aanvaarde
>> manier op die Internet is mos om kappie-e bv. as [e^] te tik.
>>
>> Is dit so, en gebruik mense dit gereeld?
>>
>> Groetnis van Witbank
>> Johan van Noordwyk
>>
> Hallo Johan,
> Ek het nie baie op e-mail gespeel nie, maar ek weet dat as jy bv. die "alt"
> knoppie inhou en dan "0234" op die keypad tik, sal jy 'n kappie-e (ê) kry. Is

Die probleem is dat die "alt-0234" 'n 8-bis karakter is en nie
7-bis is nie. Ek dink meer aanvaarde manier is e^ te gebruik.
Alle karakters wat 7-bisse bevat is 'n ASCII karakter. Enige
iets meer as 7-bisse (soos "alt-0234") word beskou extended-ASCII.
Een persoon gaan op sy rekenaar 'n kappie-e sien, en 'n ander
persoon gaan dalk op sy rekenaar iets anders sien. As "e^" gebruik
word sien almal dieselfde.

Selfs al kan beide rekenaars die kappie-e sien, beteken nog nie
dat die leser dit gaan sien nie. Die boodskap gaan deur 'n klomp
plekke op die internet. Een plek (se nuus bediener) kan eenvoudig
net 7-bis karakters deurlaat.

As 'n mens "Word Wide Web" dokument opstel en jy wil kappie-e gebruik
is daar 'n reeks karakters wat vir klie"nt (soos netscape) gaan aandui
daar 'n kappie-e is. Kappie-e word bv. geskryf as "&ecirc" in 'n http
dokument.

--
============================================================ ===========
Theo Scott, http://www.advantage.co.za/~scotty
Department Computer Science, http://www.puk.ac.za/rkwdocs/eindex.html
Potchefstroom University, http://www.puk.ac.za
Key fingerprint = F1 75 66 EA 3B 9A AD 24 C2 1D 3B 6D 7A C3 0E 81
PGP key by finger service: finger rkw...@pukrs8.puk.ac.za
Re: Deeltekens en dies meer [boodskap #7209 is 'n antwoord op boodskap #7189] Wo, 11 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Andries du Toit  is tans af-lyn  Andries du Toit
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Theo Scott wrote:

> r as 7-bisse (soos "alt-0234") word beskou extended-ASCII.
> Een persoon gaan op sy rekenaar 'n kappie-e sien, en 'n ander
> persoon gaan dalk op sy rekenaar iets anders sien. As "e^" gebruik
> word sien almal dieselfde.

> Selfs al kan beide rekenaars die kappie-e sien, beteken nog nie
> dat die leser dit gaan sien nie. Die boodskap gaan deur 'n klomp
> plekke op die internet. Een plek (se nuus bediener) kan eenvoudig
> net 7-bis karakters deurlaat.

> As 'n mens "Word Wide Web" dokument opstel en jy wil kappie-e gebruik
> is daar 'n reeks karakters wat vir klie"nt (soos netscape) gaan aandui
> daar 'n kappie-e is. Kappie-e word bv. geskryf as "&ecirc" in 'n http
> dokument.

Nog 'n voorbeeld van hoe Afrikaans onderdruk word :-)

_____________________

The Americans we will always have with us.

__________________________

Andries du Toit
and...@aztec.co.za
Vorige onderwerp: Afrikaanse cdroms
Volgende onderwerp: Faks oorsee verniet ? Deel nommers hier.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:29:40 MGT 2024