Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Faks oorsee verniet ? Deel nommers hier.
Faks oorsee verniet ? Deel nommers hier. [boodskap #7210] Wo, 11 September 1996 00:00
Barry  is tans af-lyn  Barry
Boodskappe: 18
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek het onlangs n adres gekry waar mens enige aantal fakse verniet kan
stuur na NZ. Mens moet natuurlik vir jou normale telefoon konneksie na
jou internet verskaffer betaal, maar geen ander onkostes nie.
Die faks word na ure by hulle afgelewer so dit is nie n goeie idee vir
dringende boodskappe nie. Hulle e-pos jou selfs as die faks nie
afgelewer word weens enige probleem. Ek het al ander faks dienste
gesien wat e-pos na faks transformeer, soos Faxaway, maar hulle kos
almal geld. Nou wonder ek of ander mense nie ook vrye dienste na ander
lande gevind het nie? Miskien kan ons die adresse hier deel.

Die adres is http://www.faxmail.co.nz/
Vir e-pos na faks na NZ.

Terloops ons beplan om daar op vakansie te gaan in die nuwe jaar, en
ek is werklik verbaas en beïndruk oor die gesofistikeerde manier waarop
hulle informasie vir toeriste op die Internet beskikbaar stel.

Barry /\/~~~~\/\
Vorige onderwerp: Deeltekens en dies meer
Volgende onderwerp: Teken op rekenaar,grafieka
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:28:55 MGT 2024