Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Yslike petrolskok
Yslike petrolskok [boodskap #113426] Tue, 06 March 2007 21:32 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: January 2009
Karma: 0
Senior Lid
Yslike petrolskok - CARIEN DU PLESSIS

KAAPSTAD. - Te midde van stygende brandstofpryse het die Wes-Kaapse
tesourie gister aangekondig dat Kaapse motoriste van volgende jaar af
tot soveel as 10c per liter meer vir hul brandstof kan betaal as die
res van die land.

Die Wes-Kaap sal die eerste provinsie in die land wees wat 'n
spesiale brandstofheffing instel. Die moontlikheid word ook bekyk om
besoekers tot die Wes-Kaap te belas sodat die provinsie paaie en
toerismeprojekte kan finansier.

Die Wes-Kaapse minister vir finansies, me. Lynne Brown, het gister
hierdie aankondigings in haar begrotingsrede in die wetgewer gemaak.

Nasionale wetgewing om 'n brandstofheffing moontlik te maak, gaan na
verwagting volgende maand ter tafel gelê word, terwyl die provinsie sy
wetgewing volgende jaar saam met die provinsiale begroting ter tafel
sal lê.

Die provinsie sal na raming tot soveel as R320 miljoen per jaar uit so
'n heffing maak.
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113428 is 'n antwoord op boodskap #113426] Tue, 06 March 2007 23:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Yslike petrolskok

Vadertjie tog. Net tien sent per liter en
dit word 'n yslike skok genoem. Hulle
moet liewer bestudeer watter heffings
in ander dele van die wêreld gemaak
het. En dis maar die begin. Al Gore
het 'n Oscar gekry vir hierdie soort
voorstelle.

Gloudina
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113432 is 'n antwoord op boodskap #113428] Wed, 07 March 2007 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: January 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Mar 2007 15:00:55 -0800, "Hessie" wrote:

> Dave skryf
>
>> Yslike petrolskok
>
> Vadertjie tog. Net tien sent per liter en
> dit word 'n yslike skok genoem. Hulle
> moet liewer bestudeer watter heffings
> in ander dele van die wêreld gemaak
> het. En dis maar die begin. Al Gore
> het 'n Oscar gekry vir hierdie soort
> voorstelle.
>
> Gloudina

Joernaliste in Suid Afrika het die idiotiese irriterende manier om
enige enige enige iets wat in die buiteland gebeur en geld by betrokke
is, in dollars of ponde te noem, met Randwaarde in hakies, of sommer
'n sin agterna wat sê "in Suid Afrikaanse geld is dit R...."

Die verskil in geldwaarde is slegs 'n faktor wanneer jy dollars of
ponde met rande koop en anders om. Dit is simpel om, wanneer iets met
betrekking tot geld, in bv Amerika gebeur, dit met SA geld te wil
vergelyk. Lewenskoste verskil van land tot land en daarom kan jy nie
geldwaardes bloot net vergelyk nie.

As jy op daardie manier sou wou redeneer, beteken dit dat die koste,
vergeleke, by julle sou styg met 1½ sent. Wat kos 'n wit brood by
julle? En 'n sak ertappels (nie aartappels nie maar ertapples, let
wel). Wat kos petrol per liter - Coke?
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113436 is 'n antwoord op boodskap #113428] Wed, 07 March 2007 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: March 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message news:1173222054.709967.209410@j27g2000cwj.googlegroups.com.. .

Vadertjie tog. Net tien sent per liter en
dit word 'n yslike skok genoem. Hulle
moet liewer bestudeer watter heffings
in ander dele van die wêreld gemaak
het. En dis maar die begin. Al Gore
het 'n Oscar gekry vir hierdie soort
voorstelle.

Gloudina

Die yslike skok kom daarin Gloudina dat Sipho en die korrupte ANC regering
nou 'n verdere R320 miljoen per jaar sal he om hulle self mee ryk te maak,
want weinig van daai geld sal aangewend word vir enigiets positiefs.

Asof hulle nie die land se geld kiste al klaar rot en kaal steel nie, soek
hulle nou waragtig maniere om nog verder te steel
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113451 is 'n antwoord op boodskap #113436] Thu, 08 March 2007 00:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: July 2003
Karma: 0
Volle Lid
Will net die volgende noem oor die petrol prys. Hier in Australie is motor
liksensie vir 'n 4-silinder motor so +/- R1600 per jaar? Die geld nodig om
die paaie in stand tehou is by die prys ingesluit. In SA is daardie geld by
die petrol prys in gesluit en is petrol in SA so +/- 2 tot 3 sent per liter
goedkoper as in Aus!! Die SA stelsel is baie meer regeverdig as die Aus een.
Bv. die afgtreede oom oorkant die straat gebruik sy motor net een keer per
week om inkopies te gaan doen, nou moet hy net so veel betaal om die paaie
instand te hou soos iemand wat heeldag elke dag rond ry (bv. Taxi's). Nie
baie regverdig nie.

"Riaan" skryf in boodskap news:1173265573.8895@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Hessie" wrote in message
> news:1173222054.709967.209410@j27g2000cwj.googlegroups.com.. .
>
> Vadertjie tog. Net tien sent per liter en
> dit word 'n yslike skok genoem. Hulle
> moet liewer bestudeer watter heffings
> in ander dele van die wêreld gemaak
> het. En dis maar die begin. Al Gore
> het 'n Oscar gekry vir hierdie soort
> voorstelle.
>
> Gloudina
>
> Die yslike skok kom daarin Gloudina dat Sipho en die korrupte ANC regering
> nou 'n verdere R320 miljoen per jaar sal he om hulle self mee ryk te maak,
> want weinig van daai geld sal aangewend word vir enigiets positiefs.
>
> Asof hulle nie die land se geld kiste al klaar rot en kaal steel nie, soek
> hulle nou waragtig maniere om nog verder te steel
>
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113453 is 'n antwoord op boodskap #113432] Thu, 08 March 2007 02:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 7, 7:44 am, Dave wrote:
> Die verskil in geldwaarde is slegs 'n faktor wanneer jy dollars of
> ponde met rande koop en anders om. Dit is simpel om, wanneer iets met
> betrekking tot geld, in bv Amerika gebeur, dit met SA geld te wil
> vergelyk. Lewenskoste verskil van land tot land en daarom kan jy nie
> geldwaardes bloot net vergelyk nie.
>
> As jy op daardie manier sou wou redeneer, beteken dit dat die koste,
> vergeleke, by julle sou styg met 1½ sent. Wat kos 'n wit brood by
> julle? En 'n sak ertappels (nie aartappels nie maar ertapples, let
> wel). Wat kos petrol per liter - Coke?

Die vorige prysverhoging in Duitsland het party plekke hier rondom my
met 17 Euro sent gestyg tot waar dit nou 1.369 Euro/liter vir
SuperPlus Unleaded kos. Persentasiegewys is dit 'n baie hoër heffing
as die 10 sent in SA wat nou 'n yslike skok genoem word en dit was
Gloudina se oorspronklike argument as ek dit nie mis het nie.
Dit is ook niks ongewoon dat die petrolprys vir dieselfde produk met 5
tot 10 Euro sent verskil tussen twee vulstasies wat minder as 500
meter van mekaar af is nie.
So terloops, 'n witbrood kos 79 Euro sent, ertappels kos 1 Euro/kg
(BIO), Coke se prys weet ek ongelukkig nie maar 'n bottel Wes-Kaap
Golden Kaan Sauvignon Blanc kos 3.99 Euro (dit was al goedkoper gewees)
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113455 is 'n antwoord op boodskap #113451] Thu, 08 March 2007 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: July 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir die ouens wat so kla, koop die Cars in Action motortydskrif waarin daar
elke maand 'n vergelyking is van kostes tussen die ander lande en
Suid-Afrika. Hulle kla met die witbrood onder die arm!
"ekke" wrote in message
news:45ef5d4a$0$490$61c65585@uq-127creek-reader-03.brisbane. pipenetworks.com.au...
> Will net die volgende noem oor die petrol prys. Hier in Australie is motor
> liksensie vir 'n 4-silinder motor so +/- R1600 per jaar? Die geld nodig om
> die paaie in stand tehou is by die prys ingesluit. In SA is daardie geld
> by die petrol prys in gesluit en is petrol in SA so +/- 2 tot 3 sent per
> liter goedkoper as in Aus!! Die SA stelsel is baie meer regeverdig as die
> Aus een. Bv. die afgtreede oom oorkant die straat gebruik sy motor net een
> keer per week om inkopies te gaan doen, nou moet hy net so veel betaal om
> die paaie instand te hou soos iemand wat heeldag elke dag rond ry (bv.
> Taxi's). Nie baie regverdig nie.
>
>
>
>
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1173265573.8895@vasbyt.isdsl.net...

>> "Hessie" wrote in message
>> news:1173222054.709967.209410@j27g2000cwj.googlegroups.com.. .

>> Vadertjie tog. Net tien sent per liter en
>> dit word 'n yslike skok genoem. Hulle
>> moet liewer bestudeer watter heffings
>> in ander dele van die wêreld gemaak
>> het. En dis maar die begin. Al Gore
>> het 'n Oscar gekry vir hierdie soort
>> voorstelle.

>> Gloudina

>> Die yslike skok kom daarin Gloudina dat Sipho en die korrupte ANC
>> regering nou 'n verdere R320 miljoen per jaar sal he om hulle self mee
>> ryk te maak, want weinig van daai geld sal aangewend word vir enigiets
>> positiefs.

>> Asof hulle nie die land se geld kiste al klaar rot en kaal steel nie,
>> soek hulle nou waragtig maniere om nog verder te steel

>
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113457 is 'n antwoord op boodskap #113453] Thu, 08 March 2007 08:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: January 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Mar 2007 18:27:32 -0800, "Jottie" wrote:

> On Mar 7, 7:44 am, Dave wrote:
>> Die verskil in geldwaarde is slegs 'n faktor wanneer jy dollars of
>> ponde met rande koop en anders om. Dit is simpel om, wanneer iets met
>> betrekking tot geld, in bv Amerika gebeur, dit met SA geld te wil
>> vergelyk. Lewenskoste verskil van land tot land en daarom kan jy nie
>> geldwaardes bloot net vergelyk nie.

>> As jy op daardie manier sou wou redeneer, beteken dit dat die koste,
>> vergeleke, by julle sou styg met 1½ sent. Wat kos 'n wit brood by
>> julle? En 'n sak ertappels (nie aartappels nie maar ertapples, let
>> wel). Wat kos petrol per liter - Coke?
>

> Die vorige prysverhoging in Duitsland het party plekke hier rondom my
> met 17 Euro sent gestyg tot waar dit nou 1.369 Euro/liter vir
> SuperPlus Unleaded kos. Persentasiegewys is dit 'n baie hoër heffing
> as die 10 sent in SA wat nou 'n yslike skok genoem word en dit was
> Gloudina se oorspronklike argument as ek dit nie mis het nie.

As ek jou reg verstaan, het jy dit mis. Dit was nie haar redenasie
nie, maar slegs 'n aanhaling wat ek uit 'Die Burger' gedoen het vir
die Kapenaars wat nie daarvan weet nie.
€ 1.369 is in ZAR R13.33 wat sou beteken ongeveer dubbel die prys
hier, as mens nie die faktore wat ek genoem het in ag neem nie.

as jy kyk na:
'Emigrating from South Africa to the USA' by
http://www.oocities.org/gremlinlost/emigrating_to_the_usa.h tm
én in ag neem dat dit in (lyk vir my) 2002 hersien is - en
onderstaande lees, dan lyk dit asof ek reg is wanneer ek sê dat jy
nie vergelykings kan tref nie.

*
The average salary over here is somewhere between $34,000 and $45,000
per annum.
Getting any job here is very easy
if one gets a job over here just sweeping the floor the one can expect
$9-$10 an hour. If you clean houses then it can go as high as $25 an
hour. (calculate that in Rands!)

Don't get worried about the housing prices over here...the interest
rates here are very low and what appears to be a large sum of money is
actually very affordable. In fact, I would speculate that in SA one
overpays for everything in rather serious way because of the
criminally large interest rates.
*

> Dit is ook niks ongewoon dat die petrolprys vir dieselfde produk met 5
> tot 10 Euro sent verskil tussen twee vulstasies wat minder as 500
> meter van mekaar af is nie.
> So terloops, 'n witbrood kos 79 Euro sent, ertappels kos 1 Euro/kg
> (BIO), Coke se prys weet ek ongelukkig nie maar 'n bottel Wes-Kaap
> Golden Kaan Sauvignon Blanc kos 3.99 Euro (dit was al goedkoper gewees)

'n Witbrood (heel koring) kos hier R5.30 en ertappels is R4.99
en R6.50 kg as dit gewas is:-) Al wat ek hier by sê is dat mens nie
slegs pryse kan vergelyk sonder om gemiddelde inkomstes daarby te voeg
en daarmee saam moet gemiddelde lewenskoste gaan.
Te veel mense verander net met 'n sakrekenaar dollars en ponde na
rande en wil so vergelykings tref.
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113459 is 'n antwoord op boodskap #113457] Thu, 08 March 2007 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 8, 9:48 am, Dave wrote:
> 'n Witbrood (heel koring) kos hier R5.30 en ertappels is R4.99
> en R6.50 kg as dit gewas is:-) Al wat ek hier by sê is dat mens nie
> slegs pryse kan vergelyk sonder om gemiddelde inkomstes daarby te voeg
> en daarmee saam moet gemiddelde lewenskoste gaan.
> Te veel mense verander net met 'n sakrekenaar dollars en ponde na
> rande en wil so vergelykings tref.- Hide quoted text -
>

Ek stem 101% met jou argument. Voel jy nogsteeds dat 10 sent/liter 'n
yslike styging is as jy die huidige prys in ag neem?
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113461 is 'n antwoord op boodskap #113455] Thu, 08 March 2007 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: March 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:esoao6$336$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
> Vir die ouens wat so kla, koop die Cars in Action motortydskrif waarin
> daar elke maand 'n vergelyking is van kostes tussen die ander lande en
> Suid-Afrika. Hulle kla met die witbrood onder die arm!

Ek sal R20 'n liter ook betaal as ek 100% SEKER is dat die extras wat in die
R20 ingebou is wat na die regering toe gaan werklik gebruik sal word om die
paaie instant te hou ens. Maar dit is nie wat tans gebeur nie. Ons paaie is
besig om teen 'n snelle pas agteruit te gaan, die ongeluk vonds word besteel
om elke hoek en draai, en dan kom ons natuurlik ook by die ander punt van
waarom SASOL teen dieselfde prys verkoop word as ander brandstof.

Daar was al baie pogings van mense om die regulering van die brandstof
afgeskaf te kry, vra maar vir die grootbaas van Pick n Pay wat hy dink van
die styging in die brandstof prys. Hy sal vir jou 'n hele paar ander somme
op die tafel gooi wat eerder sal wil he dat die prys moet daal, of ten
minste vir 'n relatiewe tydperk konstant bly
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113462 is 'n antwoord op boodskap #113461] Thu, 08 March 2007 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: July 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1173347886.546905@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:esoao6$336$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>> Vir die ouens wat so kla, koop die Cars in Action motortydskrif waarin
>> daar elke maand 'n vergelyking is van kostes tussen die ander lande en
>> Suid-Afrika. Hulle kla met die witbrood onder die arm!
>
>
> Ek sal R20 'n liter ook betaal as ek 100% SEKER is dat die extras wat in
> die R20 ingebou is wat na die regering toe gaan werklik gebruik sal word
> om die paaie instant te hou ens. Maar dit is nie wat tans gebeur nie. Ons
> paaie is besig om teen 'n snelle pas agteruit te gaan, die ongeluk vonds
> word besteel om elke hoek en draai, en dan kom ons natuurlik ook by die
> ander punt van waarom SASOL teen dieselfde prys verkoop word as ander
> brandstof.
>
> Daar was al baie pogings van mense om die regulering van die brandstof
> afgeskaf te kry, vra maar vir die grootbaas van Pick n Pay wat hy dink van
> die styging in die brandstof prys. Hy sal vir jou 'n hele paar ander somme
> op die tafel gooi wat eerder sal wil he dat die prys moet daal, of ten
> minste vir 'n relatiewe tydperk konstant bly
--------Glo my, ek weet. Destyds in die weermag het ons die brandstofprys
gesien sonder sy heffings en dit was maar ongeveer 40% van pompprys. Waar
ek met jou saamstem dat die belasting op brandstof vrek baie is, moet mens
jouself tog ook afvra of dit nie die meer regverdige en maklike manier is om
belasting te hef nie? Die verbruiker betaal direk na gelang van gebruik.
'n Ander ding wat die ding beïnvloed, is die egalisasiefonds waar hulle
voorsiening maak vir stygings en dalings in die olieprys om die
verbruikersprys so konstant moontlik te probeer hou.
Wat ek aanvanklik egter gesê het, is dat ons ouens in Suider-Afrika kla
maklik oor sulke dinge, terwyl die ouens in ander lande veel duurder betaal.
Ons basiese dinge is veel goedkoper....en dan het ons nog die vryheid van
Afrika ook nog [dis nou ons manne in die platteland wat nie mekaar verdring
nie].
Wat die wanbesteding van die regering aanbetref, daaraan kan ons
boggerall doen. Die massas stem vir hulle en ons tjop af.......
>
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113465 is 'n antwoord op boodskap #113459] Thu, 08 March 2007 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: January 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Mar 2007 01:07:15 -0800, "Jottie" wrote:

> On Mar 8, 9:48 am, Dave wrote:
>> 'n Witbrood (heel koring) kos hier R5.30 en ertappels is R4.99
>> en R6.50 kg as dit gewas is:-) Al wat ek hier by sê is dat mens nie
>> slegs pryse kan vergelyk sonder om gemiddelde inkomstes daarby te voeg
>> en daarmee saam moet gemiddelde lewenskoste gaan.
>> Te veel mense verander net met 'n sakrekenaar dollars en ponde na
>> rande en wil so vergelykings tref.- Hide quoted text -

>
> Ek stem 101% met jou argument. Voel jy nogsteeds dat 10 sent/liter 'n
> yslike styging is as jy die huidige prys in ag neem?
>

Die 10 sent pl verhoging raak my nie, want ek woon nie in die Kaap
nie. Of dit 'n yslike styging is of nie, moet jy dan weer betrek by
die feit dat die regering x hoeveelheid belasting hef op die
brandstofprys, wat beteken dat elke verhoging gaan gedeeltelik na die
staat. Op 'n manier kan mens in dieselfde lig daarna kyk dat pryse
gereeld 'as gevolg van verhoogde brandstofpryse' styg maar nooit daal
in teenstelling daarmee nie. Of plastieksakke wat voorheen gratis in
winkels was, en geen pryse wat afgekom het na daarvoor betaal word
nie.
Lees weer my eerste sin.
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113467 is 'n antwoord op boodskap #113461] Thu, 08 March 2007 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: January 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Mar 2007 11:59:45 +0200, "Riaan" wrote:

> vra maar vir die grootbaas van Pick n Pay wat hy dink van
> die styging in die brandstof prys. Hy sal vir jou 'n hele paar ander somme
> op die tafel gooi wat eerder sal wil he dat die prys moet daal, of ten
> minste vir 'n relatiewe tydperk konstant bly
>
>

Op 'n stadium het Raymond Ackerman petrol goedkoper verkoop
en die regering het 'n stokkie daarvoor gesteek.
Re: Yslike petrolskok [boodskap #113506 is 'n antwoord op boodskap #113453] Mon, 12 March 2007 08:36 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: January 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie"

>
> Die vorige prysverhoging in Duitsland het party plekke hier rondom my
> met 17 Euro sent gestyg tot waar dit nou

Jottie, is daar nou by julle in Duitsland 'n Porche advertensie op TV?
Dit is gedoen by 'n rubgystadion en spelers wat American Football
speel. Die advertensie is enkele maande gelede vir Porche-Duitsland
gedoen, maar ek weet nie of dit reeds vertoon word nie.
Vorige onderwerp: Re: Project Hero's
Volgende onderwerp: Amerika het ook 'n "Problem"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 02:46:51 UTC 2025