Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Torreke
Vir Torreke [boodskap #110687] Tue, 04 July 2006 06:03 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: March 2006
Karma: 0
Senior Lid
Soos met Soois probeer ek net vir so rukkie van die politieke wa
afklim, want dit begin so bietjie afgesaag raak.

Jy is duidelik iemand wat Teologie studeer het, en ek het gewonder wat
is jou siening van die Harry Potter boeke.
Re: Vir Torreke [boodskap #110696 is 'n antwoord op boodskap #110687] Tue, 04 July 2006 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" wrote
> Soos met Soois probeer ek net vir so rukkie van die politieke wa
> afklim, want dit begin so bietjie afgesaag raak.
>
> Jy is duidelik iemand wat Teologie studeer het, en ek het gewonder wat
> is jou siening van die Harry Potter boeke.

Jammer, Riaan, dis seker 'n gaping in my opvoeding, maar het net eenvoudig
nog nooit die tyd gehad om ernstig van die Harry Potter boeke kennis te neem
nie - in elk geval so kennis te neem dat ek 'n verantwoorde standpunt kan
inneem nie.
Re: Vir Torreke [boodskap #110697 is 'n antwoord op boodskap #110696] Tue, 04 July 2006 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: March 2006
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moes ek my vraag anders gestel het. Daar is baie mense wat net
soos met Liewe Heksie nou ook die Potter boeke van Satanisme ens
beskuldig. Ek kan hulle punt tot 'n mate verstaan maar ek dink die
mense raak te ernstig ook fiksie.

Torreke wrote:
> "Riaan" wrote

> Jammer, Riaan, dis seker 'n gaping in my opvoeding, maar het net eenvoudig
> nog nooit die tyd gehad om ernstig van die Harry Potter boeke kennis te neem
> nie - in elk geval so kennis te neem dat ek 'n verantwoorde standpunt kan
> inneem nie.
Re: Vir Torreke [boodskap #110698 is 'n antwoord op boodskap #110696] Tue, 04 July 2006 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Jammer, Riaan, dis seker 'n gaping in my opvoeding, maar het net eenvoudig
> nog nooit die tyd gehad om ernstig van die Harry Potter boeke kennis te neem
> nie - in elk geval so kennis te neem dat ek 'n verantwoorde standpunt kan
> inneem nie.

Ek kon nog nooit hierdie beheptheid met Harry
Potter onder grootmense verstaan nie. Ek kan
verstaan hoekom kinders die boeke sal verslind,
maar hoekom grootmense nou sulke volgelinge
word, slaan my dronk. Ek het die eerste boek
begin lees, maar na 'n twintig bladsye of so
opgegee, want die letterkundige waarde daarvan
is nie veel nie.
Dus kan ek ook nie verstaan hoekom grootmense
téén die boeke is nie. Veral die Christene, wie se
Bybel vol dinge is wat Harry Potter na kinderspeletjies
laat lyk, soos die heks van Endor en so voort en so
voort.

Gloudina
Re: Vir Torreke [boodskap #110700 is 'n antwoord op boodskap #110697] Tue, 04 July 2006 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Weereens moet ek onkunde pleit.

Maar oor jou kommentaar sou ek wel Totius kon aanhaal wat gesê het: Alles
waar 'n "te" bykom, behalwe "te perd" en "tevrede" is verkeerd. Die Bybel
maak êrens 'n soortgelyk uitspraak: Wees nie al te regverdig nie, wees ook
nie al te goddeloos nie.

Ek het nog altyd baie sterk standpunt ingeneem teen dobbelary, d.i. 'n
misbruik van die Naam van die Here vir eie gewin. Maar moet mens nou gaan
staan en sê Monopoly is verkeerd? of : Slangetjies en leertjies is sonde?
Ek dink dan is mens besig om "te regverdig" te probeer wees.

"Riaan" skryf
> Miskien moes ek my vraag anders gestel het. Daar is baie mense wat net
> soos met Liewe Heksie nou ook die Potter boeke van Satanisme ens
> beskuldig. Ek kan hulle punt tot 'n mate verstaan maar ek dink die
> mense raak te ernstig ook fiksie.
>
>
>
> Torreke wrote:
>> "Riaan" wrote
>
>> Jammer, Riaan, dis seker 'n gaping in my opvoeding, maar het net
>> eenvoudig
>> nog nooit die tyd gehad om ernstig van die Harry Potter boeke kennis te
>> neem
>> nie - in elk geval so kennis te neem dat ek 'n verantwoorde standpunt kan
>> inneem nie.
>
Re: Vir Torreke [boodskap #110702 is 'n antwoord op boodskap #110698] Tue, 04 July 2006 13:38 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: March 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan met jou saamstem dat Harry Potter geen noemenswaardige
letterkundige waarde bevat nie, maar dit is nie die rede vir my hoekom
ek die boeke gelees het nie. Om eerlik te wees het ek nie eers geweet
van die boeke nie.

Ek was vir 2 jaar in Nigeria gewees en het toevallig die eerste 2 Harry
Potter flieks op VCD (DVD's is nog nie so beskikbaar daar nie) by een
van die honderde ouens gekoop wat daagliks so 'n lewe maak.

Eers toe ek terug is in SA het ek op die net gesien dat die skrywer
besig is om boek 6 te skryf. Ek het toe die boeke in PDF formaat van
die net afgelaai en het die storie so geniet dat ek nie kan wag vir
boek 7 (die finale boek) om volgende jaar uit te kom sodat ek kan sien
hoe sy al die los halms gaan vasknoop nie, en ook hoe dit gaan eindig
nie.

Ek moet bysê dat ek behalwe vir fliek 1 en 2 glad nie van die flieks
hou nie. Dit is te vaag, en ek glo nie iemand wat nie die boeke gelees
het sal verstaan wat op sekere plekke in die fliek gebeur nie.

Hessie wrote:

> Ek kon nog nooit hierdie beheptheid met Harry
> Potter onder grootmense verstaan nie. Ek kan
> verstaan hoekom kinders die boeke sal verslind,
> maar hoekom grootmense nou sulke volgelinge
> word, slaan my dronk. Ek het die eerste boek
> begin lees, maar na 'n twintig bladsye of so
> opgegee, want die letterkundige waarde daarvan
> is nie veel nie.
> Dus kan ek ook nie verstaan hoekom grootmense
> téén die boeke is nie. Veral die Christene, wie se
> Bybel vol dinge is wat Harry Potter na kinderspeletjies
> laat lyk, soos die heks van Endor en so voort en so
> voort.
>
> Gloudina
Vorige onderwerp: The Da Vinci Code
Volgende onderwerp: Mustangs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 20:57:22 UTC 2025