| Robbie Robertson [boodskap #110419] |
Wo., 31 Mei 2006 02:44  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek verbeel my dat ek 'n ruk gelede in Beeld gelees het
dat daar 'n Robbie Robertson vir Suid-Afrika besoek het.
Is daar twee Robbie Robertsons, want ek verbeel my
hulle het gesê dat hy 'n Britse sanger is. Ek het onlangs
baie geinteresseerd geraak in die Robbie Robertson
wat in Kanada gebore is, maar wat 'n ietwat legendariese
status bereik het as lid van die sanggroep, "The Band".
Hy moet noual in sy vyftigerjare wees, want hy en
sy band het vir 'n ruk met Bob Dylan getoer. Daar is
ook 'n baie goeie film gemaak oor The Band se laaste
optrede as 'n groep. Die naam van die film is "The
Last Waltz." Hy het later meer produksiewerk gedoen,
onder andere vir Neil Diamond.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Robbie Robertson [boodskap #110428 is 'n antwoord op boodskap #110421] |
Wo., 31 Mei 2006 22:20  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf
No Direction Home, 'n dokumentêre
> fliek oor Dylan se lewe. Twee DVD's lank, maar fassinerende kykstof,
> onder meer vanwee die geskiedkundige footage nie net oor Dylan nie,
> maar bv. die New York scene van die jare 50 en 60.
Ek kan nie sê dat ek ooit 'n groot fan van
Bob Dylan was nie. Ek het nie van sy soort
singery gehou nie, het nie gehou van die
manier waarop hy sy lippe beweeg het nie,
ensovoorts ensovoorts. Maar nadat ek "No
Direction Home"gesien het, het ek bietjie
meer simpatie met hom. Ek was geamuseer
oor die manier waarop hy die stupid vrae wat
mense vir hom gevra het, beantwoord het.
Ek dink ook dat op 'n manier hy en Leonard
Cohen eintlik geesgenote is, beide in die
manier waarop hulle sing en die manier waarop
hulle reageer as mense van hulle ikone wil
maak.
Gloudina
|
|
|
|