Malva poeding [boodskap #108666] |
Di, 07 Februarie 2006 03:16 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
Ons dogter en haar man, wat onlangs vir omtrent
sewe weke in SA getoer het, het met reseppe vir
allerhande dinge tuisgekom en het 'n week of so gelede
'n SA maal ge-gee. Kompleet met boerewors en biltong
wat hulle in Toronto kon koop. ( Die boerewors het net
so lekker gesmaak as dié wat hulle in SA ge-eet het,
sê sy.)
Maar dié ding waaroor hulle die meeste bohaai
maak, is die malvapoeding. Hulle gaste het dit vinnig
verorber. Sy het vandag weer begin skoolhou, en het
daarvan na haar departement geneem, en almal wou
weer die resep hê.
Ek en haar pa verseker haar dat ons nie met
"malvapoeding" grootgeword het nie, en dat die woord
malva vir ons alleen die blom beteken. Maar nou wonder
ek waarom dit malva-poeding heet? Weet iemand?
Gloudina
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108675 is 'n antwoord op boodskap #108666] |
Di, 07 Februarie 2006 12:19 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Is dit nie poeding wat van malvalekkers gemaak word nie? Dit is
'marshmallows' in Afrikaans!
"Hessie" wrote in message news:1139282219.842034.179210@f14g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
> ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108676 is 'n antwoord op boodskap #108675] |
Di, 07 Februarie 2006 12:47 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester skryf
> Is dit nie poeding wat van malvalekkers gemaak word nie? Dit is
> 'marshmallows' in Afrikaans!
Nee, daar is geen marshmallows in die resep nie.
Ek het ook eerste aan marshmallows gedink, maar
dit het niks daarmee te doen nie. Die resep lyk vir
my laat vir jou net baie basiese koekresep vat en
dit soos 'n koek behandel, behalwe dat dit lyk of
dit gestoom moet word, want my dogter se hulle
sit 'n deksel op. Die enigste snaakse ding in die
koek is appelkooskonfyt. Dan maak mens 'n
baie ryk stroop om daaroor te gooi en bak dit
dan nog 'n bietjie, met die deksel steeds op.
Dit lyk vir my dit sal 'n baie sagte stroperige
poeding wees.
Ek wonder dus nog steeds. Hoekom word
die ding malvapoeding genoem?
Gloudina
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108677 is 'n antwoord op boodskap #108666] |
Di, 07 Februarie 2006 13:22 |
DanielJan
Boodskappe: 84 Geregistreer: April 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek het grootgeword in 'n huis waar malvapoeding 'n alledaagse verskynsel
was. Dit was gewoonlik 'n 'bederf' nagereg oor die naweek. Heerlik!
DanielJan.
"Hessie" wrote in message news:1139282219.842034.179210@f14g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
> ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108679 is 'n antwoord op boodskap #108677] |
Di, 07 Februarie 2006 14:56 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja-nee - malvapoeding is 'n ou ding. Maar die "reseppe" is 'n nuwe
ding.
Wie't 'n resep vir 'n doekpoeding. (My Ouma was die ekspert.)
Ook op 'n kooknoot. Dar's klaarblyklik 'n skaapkop-gilde in Pretoria.
Mense wat spesialiseer in skaapkop gaarmaak.
Aangesien ons nou 'n nasie van sepies en feeste geword het wonder ek
waarom is daar nie 'n boerekosfees nie. Man, dit kan 'n interessante
gedoente word. Ek verlang na afval en skaapkop...
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108692 is 'n antwoord op boodskap #108679] |
Di, 07 Februarie 2006 20:05 |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'reseppe' en 'resepte' is beide aanvaarde woorde in Afrikaans.
"Jonas" wrote in message news:1139324182.989459.294960@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
> Ja-nee - malvapoeding is 'n ou ding. Maar die "reseppe" is 'n nuwe
> ding.
> Wie't 'n resep vir 'n doekpoeding. (My Ouma was die ekspert.)
> Ook op 'n kooknoot. Dar's klaarblyklik 'n skaapkop-gilde in Pretoria.
> Mense wat spesialiseer in skaapkop gaarmaak.
> Aangesien ons nou 'n nasie van sepies en feeste geword het wonder ek
> waarom is daar nie 'n boerekosfees nie. Man, dit kan 'n interessante
> gedoente word. Ek verlang na afval en skaapkop...
>
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108694 is 'n antwoord op boodskap #108666] |
Di, 07 Februarie 2006 22:04 |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding
Hessie wrote:
> Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
> ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
> Ons dogter en haar man, wat onlangs vir omtrent
> sewe weke in SA getoer het, het met reseppe vir
> allerhande dinge tuisgekom en het 'n week of so gelede
> 'n SA maal ge-gee. Kompleet met boerewors en biltong
> wat hulle in Toronto kon koop. ( Die boerewors het net
> so lekker gesmaak as dié wat hulle in SA ge-eet het,
> sê sy.)
> Maar dié ding waaroor hulle die meeste bohaai
> maak, is die malvapoeding. Hulle gaste het dit vinnig
> verorber. Sy het vandag weer begin skoolhou, en het
> daarvan na haar departement geneem, en almal wou
> weer die resep hê.
> Ek en haar pa verseker haar dat ons nie met
> "malvapoeding" grootgeword het nie, en dat die woord
> malva vir ons alleen die blom beteken. Maar nou wonder
> ek waarom dit malva-poeding heet? Weet iemand?
>
> Gloudina
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108726 is 'n antwoord op boodskap #108694] |
Wo, 08 Februarie 2006 13:23 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Knersus skryf
> Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding
Maar vanwaar kom die woord malva? As die enigste
uitsonderlike bestanddeel appelkooskonfyt is. Ek
wonder amper of die woord "mal" iets met die saak
te doen het.
Gloudina
|
|
|
Re: Malva poeding [boodskap #108756 is 'n antwoord op boodskap #108726] |
Do, 09 Februarie 2006 07:25 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee Gloudina, dit is omdat dit sag op die tong is soos 'n malvalekker.
--
Groetnis
Annette
> knersus skryf
>
>> Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding
>
> Maar vanwaar kom die woord malva? As die enigste
> uitsonderlike bestanddeel appelkooskonfyt is. Ek
> wonder amper of die woord "mal" iets met die saak
> te doen het.
>
> Gloudina
>
|
|
|