| Malva poeding [boodskap #108666] |
Di., 07 Februarie 2006 03:16  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
Ons dogter en haar man, wat onlangs vir omtrent
sewe weke in SA getoer het, het met reseppe vir
allerhande dinge tuisgekom en het 'n week of so gelede
'n SA maal ge-gee. Kompleet met boerewors en biltong
wat hulle in Toronto kon koop. ( Die boerewors het net
so lekker gesmaak as dié wat hulle in SA ge-eet het,
sê sy.)
Maar dié ding waaroor hulle die meeste bohaai
maak, is die malvapoeding. Hulle gaste het dit vinnig
verorber. Sy het vandag weer begin skoolhou, en het
daarvan na haar departement geneem, en almal wou
weer die resep hê.
Ek en haar pa verseker haar dat ons nie met
"malvapoeding" grootgeword het nie, en dat die woord
malva vir ons alleen die blom beteken. Maar nou wonder
ek waarom dit malva-poeding heet? Weet iemand?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Malva poeding [boodskap #108694 is 'n antwoord op boodskap #108666] |
Di., 07 Februarie 2006 22:04   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding
Hessie wrote:
> Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
> ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
> Ons dogter en haar man, wat onlangs vir omtrent
> sewe weke in SA getoer het, het met reseppe vir
> allerhande dinge tuisgekom en het 'n week of so gelede
> 'n SA maal ge-gee. Kompleet met boerewors en biltong
> wat hulle in Toronto kon koop. ( Die boerewors het net
> so lekker gesmaak as dié wat hulle in SA ge-eet het,
> sê sy.)
> Maar dié ding waaroor hulle die meeste bohaai
> maak, is die malvapoeding. Hulle gaste het dit vinnig
> verorber. Sy het vandag weer begin skoolhou, en het
> daarvan na haar departement geneem, en almal wou
> weer die resep hê.
> Ek en haar pa verseker haar dat ons nie met
> "malvapoeding" grootgeword het nie, en dat die woord
> malva vir ons alleen die blom beteken. Maar nou wonder
> ek waarom dit malva-poeding heet? Weet iemand?
>
> Gloudina
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
| Re: Malva poeding [boodskap #108756 is 'n antwoord op boodskap #108726] |
Do., 09 Februarie 2006 07:25  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee Gloudina, dit is omdat dit sag op die tong is soos 'n malvalekker.
--
Groetnis
Annette
> knersus skryf
>
>> Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding
>
> Maar vanwaar kom die woord malva? As die enigste
> uitsonderlike bestanddeel appelkooskonfyt is. Ek
> wonder amper of die woord "mal" iets met die saak
> te doen het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|