Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Harry Potter
Harry Potter [boodskap #104460] Ma, 18 Julie 2005 11:17 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hi Almal

Wie van julle het toe die 6de boek gekoop en deurgelees, wat dink julle
daarvan. Ek is mal oor Harry Potter en kan nou nie meer wag vir boek 7 nie

groete

Riaan
Re: Harry Potter [boodskap #104469 is 'n antwoord op boodskap #104460] Ma, 18 Julie 2005 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wag vir die Afrikaanse vertaling.....
--
Groetnis
Annette
> skryf in boodskap news:1121685366.272577@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Hi Almal
>
> Wie van julle het toe die 6de boek gekoop en deurgelees, wat dink julle
> daarvan. Ek is mal oor Harry Potter en kan nou nie meer wag vir boek 7 nie
>
>
> groete
>
>
> Riaan
>
Re: Harry Potter [boodskap #104481 is 'n antwoord op boodskap #104460] Ma, 18 Julie 2005 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het myne vandag gekry :) Die begin sukkel bietjie om te vloei en aan die
gang te kom, maar hier by hoofstuk 2 is sy mooi op dreef. Ek's so 1/3 deur
die boek (het nie veel 'leestyd' gekry nie)... sal ook seker nie veel slaap
vanaand nie :)

Groete
Elaine

"Riaan" wrote:
> Hi Almal
>
> Wie van julle het toe die 6de boek gekoop en deurgelees, wat dink julle
> daarvan. Ek is mal oor Harry Potter en kan nou nie meer wag vir boek 7 nie
>
>
> groete
>
>
> Riaan
>
Re: Harry Potter [boodskap #104489 is 'n antwoord op boodskap #104481] Di, 19 Julie 2005 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Is hier enigiemand wat die boeke van Alexander McCall Smith lees/gelees het?
Die boeke oor die No1 Ladies Detective Agency...

Simpele verhaaltjies oor simpele mense, geskryf vir simpele mense... Mma
Ramotswe loop oor van wysheid!

Ek beveel dit aan vir enigiemand!
Re: Harry Potter [boodskap #104510 is 'n antwoord op boodskap #104489] Di, 19 Julie 2005 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek was glad nie beïndruk daarmee nie. Ek dog ek gaan 'n lekker "whodunnit"
lees... Hélaas!

Max wrote:
> Is hier enigiemand wat die boeke van Alexander McCall Smith lees/gelees het?
> Die boeke oor die No1 Ladies Detective Agency...
>
> Simpele verhaaltjies oor simpele mense, geskryf vir simpele mense... Mma
> Ramotswe loop oor van wysheid!
>
> Ek beveel dit aan vir enigiemand!

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Harry Potter [boodskap #104516 is 'n antwoord op boodskap #104510] Wo, 20 Julie 2005 08:44 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis jammer. My tone krul van die lekker as ek my voorstel hoe mma Ramotswe
met haar "traditional build" in haar "tiny white van" deur die stofstrate
van Botswana ry...

Dit was "Kalahari Typing School For Men" wat my aandag eerste getrek het.
Met so 'n naam verwag jy nie dieselfde as met "No1 Ladies Detective Agency"
nie... Gelukkig het ek gou gesien dat dit 'n reeks is en by die begin begin!

Ek en my vrou was dit eens dat dit oulike voorgeskrewe boeke vir skool sal
maak.

Ek moet bieg ek het nie een van die boeke gelees nie. Ek het dit as
audioboeke geluister. Lisette Lecat (ex Suid Afrikaner) lees die hele reeks
pragtig voor.
_____________________________________

'n Ander reeks boeke wat ek ook verskriklik geniet is James Patterson se
reeks oor "Alex Cross". Weet nie of dit sal kwalifiseer as "whodunnit" nie,
eerder as "who�s doing it".

Hier moet ek waarsku, die bloed loop tussen die blaaie uit...

"knersus" skryf in boodskap news:dbjglg$6b5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek was glad nie beïndruk daarmee nie. Ek dog ek gaan 'n lekker "whodunnit"
> lees... H�laas!
>
> Max wrote:
>> Is hier enigiemand wat die boeke van Alexander McCall Smith lees/gelees het?
>> Die boeke oor die No1 Ladies Detective Agency...
>>
>> Simpele verhaaltjies oor simpele mense, geskryf vir simpele mense... Mma
>> Ramotswe loop oor van wysheid!
>>
>> Ek beveel dit aan vir enigiemand!
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Vorige onderwerp: Uit Huisgenotjies
Volgende onderwerp: Harry Potter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:22:18 MGT 2024