Denokrasie en wette [boodskap #101173] |
Mon, 31 January 2005 05:49 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mens sou dink dat ons regslui en wetgewers die afgelope 10 jaar baie hard
sou werk om wette in te stel wat skuldiges gouer te straf. Dis nie so nie -
die ou lotjie is lui.
Verlede jaar is die wet verander dat iemand wat as kind of tiener verkrag
is, die skuldige moet aankla op die laaste 3 maande na die slagoffer se
21ste verjaarsdag. Anders verjaar die saak, en die lustige kan maar aangaan
om kinders se lewens te verwoes.
Nou hoor ons gister weer dat al die onwettiges wat kinders ontvoer het, van
dwelms afhanklik gemaak het, en hulle dan in die sekshandel gebruik of
verkoop het, maar lustig kan aangaan. Die rede is dat die slagoffers self in
die saak moet getuig, maar aangesien hulle dwelmslawe is, word hul getuienis
nie as geloofwaardig aanvaar nie. Dit tel glad nie dat die jong kinders in
ooglopende omstandighede van onwettige aanhouding, en ver van hul huise deur
die polisie gevind is nie.
--
Groetnis
Annette
|
|
|