Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Top 100
Top 100 [boodskap #95096] |
Sat, 17 July 2004 01:40  |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In die nuutste Travel + Leisure tydskrif wat nou net uit is, noem hulle die
wêreld se top 100 beste hotelle, en onder die top 100 hotelle in die wêreld
het Suid-Afrika nie minder as 10 nie.
Volgens hulle is die beste hotel in die wêreld die Singita Private
Wildreservaat in Sabi Sands. Nr. 4 is Londolozi in Mpumalanga, nr. 5 is
Bushmans Kloof in Clanwilliam, nr. 7 is Mala Mala, nr. 8 is Phinda Private
Wildreservaat in Kwa Zulu, nr. 13 is Cape Grace in Kaapstad, nr. 46 is Sabi
Sabi, nr. 49 is Table Bay in Kaapstad, nr. 50 is Grande Roche hotel in die
Paarl, nr. 61 ia Grace in Rosebank Johannesburg, en nommer 74 is The
Plettenburg. Niks vermelding van die Mount Nelson nie.
In die wêreld! Dit sluit al die grend hotelle in Hawaii, Amerika, Asië en
Europa in.
Die een wat my verbaas is in Clanwilliam.
Kaapstad is die 5de beste destinasie wereldwyd (Sydney is nr. 1, en Rome is
nr. 2). Kaapstad is die top stad in Afrika en die Midde Ooste.
Ongelukkig het SAA nie die top 10 beste lugrederye gemaak nie, soos
gewoonlik is Singapoer Airlines weer nommer 1, met Cathay Pacific nr. 2.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Top 100 [boodskap #95111 is 'n antwoord op boodskap #95109] |
Sat, 17 July 2004 15:20   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" <.
Ek weet nou nie hoe om dit te stel sonder om dit te laat klink asof ek
naar is met Ellie nie, want ek weet dat die maatskappy wat sy voor
werk versprei die L+T en Food & Wine en ander soortgelyke tydskrifte.
So, niks teen jou persoonlik nie hoor, Ellie. ;-)
E: Geen aanstoot geneem nie hoor.
Maar ek het geen tyd vir die meeste tydskrifte wat in die American
Express kraal is nie. Elke paar maande moet ek my Amex statement
sorgvuldig nagaan, want lo and behold, daar sal 'n inskrywing voorkom
vir een van hulle tydskrifte wat ek nooit aangevra het nie.
E: Jy is reg, maar dit gebeur maar met ander mpye ook, ek gaan altyd my
state sorgvuldig na, want daar is altyd een of ander 'diens' wat mens nie
gevra het nie, wat hulle vir jou wil laat betaal. Ek gebruik my Amex kaart
net vir noodgevalle, maar ek doen ook bemarking o.a. en ek moet sę, hoe
annoying dit ook al is, hulle bemarkingsmetodes is baie goed, want baie
mense val daarvoor.
. Hierdie spul hoop seker
maar dat mense nie hulle state sal nagaan nie. Ai!!
Oor die maatstawwe, ek dink die plekke betaal nogal baie om op die lys
te kom. Dus sal jy nie altyd die kleiner en in baie opsigte beter
plekke op die lys sien nie.
E: Ek weet nie of die plekke betaal daarvoor nie, hulle het n ellelange
verklaring oor hoe hulle die plekke keur, en die hotels in Hawaii en die
Ooste het meer geld om te betaal vir so iets as van die ander lande, sou
hulle so iets toelaat. Ek dink T + L is nogal n goeie tydskrif, alhoewel
dit meer vir die super rykes is, ek weet nie van iemand behalwe Donald Trump
wat dit kan bekostig om in een van daardie hotels te bly nie, ek bly maar
by Motel 6, hulle hou altyd die lig aan vir my :-)
|
|
|
|
Re: my eie Top 100 [boodskap #95113 is 'n antwoord op boodskap #95096] |
Sat, 17 July 2004 21:45  |
loes&patrick
Boodskappe: 239 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My eie TOP 100.
1 My eie huis
2 Die plaas van my neef naby Warden OVS
3 Die huis van my neef in Boksburg
4 Die huis van my niggie in Port Elisabeth
5 Die huis van my neef se niggie in Pinelands Kaapstad
6 Die "Bagatelle" hotel in Stutterheim, die vrou is 'n baie gawe persoon!
ens - so baie familie en aangetroude familie in SA,
ons bly nie graag in onpersoonlike hotels nie, en om oorsee te
reis is vir ons baie duur as afgetree mense weet jy!
Die familie en aangetroudes is baie lief vir ons, oor twee jaar
DV hoop ons opnuut te kuier Suid Afrika toe.
Groete,
Patrick
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:27:56 UTC 2025
|