Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sachsen-gruss" deur A.G. VISSER ( 'n Villanelle)
" Sachsen-gruss" deur A.G. VISSER ( 'n Villanelle) [boodskap #93165] Mon, 24 May 2004 00:03
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sachsen-gruss
A.G. VISSER

Die rose pryk in sonneskyn
En wag, my lief, om jou te groet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

Die trotse, rooi as karmosyn,
Die spreek van liefdevuur en -gloed
Al prykend in die sonneskyn.

Die witte, beeld van liefde rein,
Werp skaam hul skoonheid jou te voet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

In wit albaster met robyn
Verrys jou beelt'nis, vroom en vroed:
Al prykend in die sonneskyn.

Ek bied aan skoonheid soewerein
'n Ligrooi roos, 'n Saksegroet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

Verlange woon in harte rein,
Madonnablank met rosegloed!
Die rose pryk in sonneskyn:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.
Vorige onderwerp: " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " Nonnetjie-eend " deur JOHANN LODEWYK MARAIS ( 'n villanelle)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 23:43:42 UTC 2025