Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Die Ekonomie van Japan
Die Ekonomie van Japan [boodskap #6397] |
Thu, 02 May 1996 00:00 |
Johan de Villiers
Boodskappe: 67 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Freek skryf:
[knip]
> Ek dink egter dit is sinneloos om Japan se groei met die van die RSA
> te vergelyk, juis oor die inspuitings wat Japan van die VSA af ontvang
> het.
Ek veronderstel jy sluit die "inspuitings" van twee kernbomme en die
verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog in. Die Amerikaners het wel
Japan gehelp om na die oorlog weer op haar voete te kom, maar mens kan
ook redeneer dat, indien daar nie 'n oorlog was nie, Japan nie sulke
inspuitings nodig sou gehad het nie. Japan was al voor die oorlog
geïndustrialiseer, en talle Japanse vervaardigde produkte was van
hoër gehalte as die gelykstaande produkte uit die VSA en Europa. Die
beeld van goedkoop, swak gehalte Japanse produkte het grootliks sy
oorsprong in die na-oorlogse tydperk van Amerikaanse besetting, toe
Japan van sy knieë probeer opstaan het.
Dit is egter waar dat suksesvolle lande bou op sekere sleutelfaktore,
waarna Antonie reeds elders verwys het, o.a. 'n werketiek, goeie
onderwys en opleiding, gebrek aan sosiale en politieke onrus, 'n sin
van sosiale verantwoordelikheid, waarin die gesin 'n kernrol speel.
Apartheid het baie gedoen om hierdie susksesfaktore af te takel, maar
ek kry die gevoel dat die nuwe regering nie juis alles in die stryd
werp op hierdie faktore aan te moedig nie. Die ondersteuning van die
COSATU staking deur die ANC was blote gekheid, om maar een ding te
noem.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
|
|
|
Re: Die Ekonomie van Japan [boodskap #6398 is 'n antwoord op boodskap #6397] |
Thu, 02 May 1996 00:00 |
Johan de Villiers
Boodskappe: 67 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Antonie:
> SA se nywerheidsontwikkeling het omtrent alles rondom mynbou gehandel.
> Daar is vele bewyse dat lande wat minerale rykdomme besit, ekonomies,
> baie slegter vaar as lande wat arm aan minerale is. Mense in lande wat
> arm aan minerale is moet hard werk om vooruit te gaan. Hulle moet nuwe
> goedere vervaardig en dit uitvoer. Lande met minerale kan slegs die
> minerale uit die grond uithaal en dit verkoop en dan kan dit nog steeds
> ekonomies baie goed gaan. Dit hang ook nou saam met die ingesteldheid
> (noem dit sommer mentaliteit) van die bevolking om hard te werk. Hier
> vaar SA vrot. Om die waarheid te sê, geen derde wêreldse land doen hier
> baie goed nie.
Tot 'n groot mate is ek dit met jou eens - in lande waar mense hul
verstand moet gebruik om vooruitgang te maak, eerder as om op hul
natuurlike hulpbronne staat te maak, gaan dit gewoonlik beter. Maar
ekonomiese beleid speel die oorwegende rol (toegegee, ekonomiese beleid
is 'n uitvloeisel van kultuur). Dit is selfs die geval waar mens met
dieselfde kultuur te make het. Kyk na die verskille tussen Noord- en
Suid-Korea. Die noorde het veel meer natuurlike hulpbronne as die
suide, maar weens die suide se betreklike vrye ekonomie, het dit veel
gouer ekonomiese vooruitgang gemaak. Die verskille tussen die twee
na-oorlogse Duitslande is nog 'n voorbeeld.
Beide die VSA en Rusland het ontsaglike natuurlike hulpbronne, maar die
VSA is ekonomies veel meer vooruitstrewend. Dan, natuurlik, is daar
lande in Afrika wat ook ontsaglike natuurlike hulpbronne het, maar wat
ekonomies bankrot is, terwyl 'n klein landjie soos Switserland, met
geen direkte toegang tot die see en feitlik geen natuurlike hulpbronne
behalwe water nie, een van die wêreld se ekonomiese suksesverhale is.
Dus is daar wel grootliks 'n *negatiewe* korrelasie tussen natuurlike
rykdom en ekonomiese sukses, maar die korrelasie kan gewoonlik
grootliks aan ekonomiese beleid toegeskryf word.
> Japan sit met 'n paar probleme: daar is te veel mense wat te goed
> opgelei is en nou is daar nie meer arbeiders nie. Dit het ook te lank
> te goed gegaan met Japan. Die huidige geslag het hul rykdom ge"erf en
> hul ouers moes hard daarvoor werk. Die jongklomp weet dus nie wat dit
> is om hard te werk nie. Die jongklomp wil net glo in diskoteke en
> klubs randhang en "rave". Dit is die invloed van die Westerse kultuur.
Ek dink dis 'n algemene probleem in die ontwikkelde lande. Duitsland
en ander wes-Europese lande het nou ook met 'n afname in werketiek, en
'n "beskermingskultuur" te make. Apartheid by blanke Suid-Afrikaners
is deel van dieselfde lewensuitkyk. Anders gestel, die inwoners van
die "ryk" lande van die wêreld, waar 20% van die wêreldbevolking
woon, maar wat 80% van die wêreldinkomste verdien, probeer hul bes om
die ander 80% van die bevolking buite te hou met tariefmure
(werkreservering in apartheid Suid-Afrika), streng immigrasiewette
(instromingsbeheer in apartheid), ens. Ironies genoeg is dit inwoners
van hierdie lande wat so krities teen blankes in Suid-Afrika gestaan
het as 'n "bevoorregte minderheid". Carl Jung sou miskien heelwat oor
hierdie verskynsel va "skuldprojeksie" kon uitbrei, maar ek laat dit
aan die Jung-kenners oor.
> Japan het ook 'n baie goeie "stelsel" gehad waar die maatskappy as
> verlengstuk van die gesin en familie gesien is. Die maatskappy
> waarvoor die pa gewerk het het dus goed gesorg vir die hele gesin en
> die hele gesin het dan gesorg dat die maatskappy kan presteer.
> Dit, lyk my, is nou ook besig om te vergaan.
Eerbied vir die ouer geslag, die gesin, en vir kennis is myns insiens
'n belangrike komponent van suksesvolle samelewings en kulture. Kyk
maar hoe suksesvol is die Jode, selfs na eeue van vervolging.
> Dit is ongelukkig 'n noodwendigheid dat Japan nou 'n siklus van
> swaarkry moet binnegaan. Eers as die mense weer swaargekry het sal
> hulle begin werk.Dit kan net nie vir altyd goed gaan nie.
Heel moontlik.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
|
|
|
Re: Die Ekonomie van Japan [boodskap #6399 is 'n antwoord op boodskap #6397] |
Thu, 02 May 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Freek Eek" wrote:
<<>Die ander groot invloed op Japan se ekonomie is natuurlik al die geld
> wat die Amerikaners na die tweede wêreldoorlog in Japan geinvesteer
> het om hul gewetens te sus. Die verskil tussen die RSA en Japan is
> egter dat Japan hierdie geld suksesvol aangewend het:,,,>>>
Ek sou se die heel grootste verskil is dat SA nie die geld gekry het
nie!
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 01:16:12 UTC 2024
|