Dis heerlike lente ... [boodskap #83038] |
Fri, 29 August 2003 04:10 |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
die lente hier is.
Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
gedra.
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83043 is 'n antwoord op boodskap #83038] |
Fri, 29 August 2003 09:44 |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.
'n Vriend van my was op Sterkstroom op skool, klein dorpie met 'n
klein skool. In matriek was hy die enigste seun in die klas en toe
kies die skool hom as Lentekoningin. Op 'n vlot deur die strate gery
en alles.
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83044 is 'n antwoord op boodskap #83038] |
Fri, 29 August 2003 10:04 |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vir ons Namibiërs beteken lente dat 'simpeltyd' amper verby is........dis
nou wintertyd!
"Jonas" skryf in boodskap news:bimjnh$mnj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
> die lente hier is.
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.
>
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83045 is 'n antwoord op boodskap #83038] |
Fri, 29 August 2003 10:19 |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit het ek teen die Kaap - hier is nie behoorlike lente nie. Dit "fade" net
so oor somer toe, groen dwarsdeur. As oud-hoëvelder mis ek daardie warmer
dae, die geur van die appelkoosbloeisels, die geur van daai eerste reën op
die stof en die droë gras...
Ek was konsekwent elke lente verlief. Dit mis ek nie. Behalwe soms.
"Jonas" skryf in boodskap news:bimjnh$mnj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
> die lente hier is.
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.
>
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83046 is 'n antwoord op boodskap #83038] |
Fri, 29 August 2003 11:29 |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 29 Aug 2003 06:10:06 +0200, "Jonas" wrote:
> Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
> die lente hier is.
> Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
> gedra.
>
Oh, is dit nou lente by julle daar in SA? Doen julle nou al werk in
julle groentetuintjies? Wat saai en plant julle daar almal in?
Norbert (uit Vlaandere)
'n foto van me groentetuin staan hier:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/De_tuin1.jpg
(Passop: hierdie file is nogal groot - 339635 bytes!)
Ons het 'n goeie somer gehad wat baie en grote groentes opgelewer het!
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83047 is 'n antwoord op boodskap #83045] |
Fri, 29 August 2003 11:39 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jaaa - jy kom mos ook van hierdie wêreld af. Moenie jaloers wees nie, dit
was vrek koud die laaste paar dae. Asof die winter nou eers wakker geskrik
het. Die wind het ons deurmekaar gewaai, en die vieslike rooi/swart, stof
(besoedeling) het orals gelê. Ons het darem al so bietjie reën ook gehad,
so ek sal oor 'n week of vat kan begin swem.
E
"Koot" skryf in boodskap news:bin9ag$21f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit het ek teen die Kaap - hier is nie behoorlike lente nie. Dit "fade" net
> so oor somer toe, groen dwarsdeur. As oud-hoëvelder mis ek daardie warmer
> dae, die geur van die appelkoosbloeisels, die geur van daai eerste reën op
> die stof en die droë gras...
>
> Ek was konsekwent elke lente verlief. Dit mis ek nie. Behalwe soms.
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83094 is 'n antwoord op boodskap #83045] |
Sat, 30 August 2003 21:23 |
hek...
Boodskappe: 34 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
liggies ruk die wind aan haar rok wyl sy huppelvoets
oor die vlaktes blomme trippel onder die skadu van tafelberg
dan is die lug diep blou en die goud van die sonsak
die kleur van plattelandse grondpaaie na melkbos
haar vel koel en vol knoppies wanneer die duiwel rook
en sy dampe verleidelik oor die piek tuimel wyl die lang
grasse swieg en die snoek loop, september- september
roep die bergdassies wanneer die wind begin waai
oor die vyge, die wingerd, die baai, dis lente in die kaap
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83125 is 'n antwoord op boodskap #83094] |
Mon, 01 September 2003 09:04 |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goed, verse sal dit vir my spesiaal maak.
"heksie" skryf in boodskap news:3f51137d.26055908@news.intekom.co.za...
> liggies ruk die wind aan haar rok wyl sy huppelvoets
> oor die vlaktes blomme trippel onder die skadu van tafelberg
> dan is die lug diep blou en die goud van die sonsak
> die kleur van plattelandse grondpaaie na melkbos
>
> haar vel koel en vol knoppies wanneer die duiwel rook
> en sy dampe verleidelik oor die piek tuimel wyl die lang
> grasse swieg en die snoek loop, september- september
> roep die bergdassies wanneer die wind begin waai
> oor die vyge, die wingerd, die baai, dis lente in die kaap
>
|
|
|
Re: Dis heerlike lente ... [boodskap #83127 is 'n antwoord op boodskap #83125] |
Mon, 01 September 2003 09:14 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die werklikheid is dat ons vandag 'n grys, reënerige wintersdag het.
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:biv231$1hk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Goed, verse sal dit vir my spesiaal maak.
>
> "heksie" wrote in message
> news:3f51137d.26055908@news.intekom.co.za...
>
>> liggies ruk die wind aan haar rok wyl sy huppelvoets
>> oor die vlaktes blomme trippel onder die skadu van tafelberg
>> dan is die lug diep blou en die goud van die sonsak
>> die kleur van plattelandse grondpaaie na melkbos
>>
>> haar vel koel en vol knoppies wanneer die duiwel rook
>> en sy dampe verleidelik oor die piek tuimel wyl die lang
>> grasse swieg en die snoek loop, september- september
>> roep die bergdassies wanneer die wind begin waai
>> oor die vyge, die wingerd, die baai, dis lente in die kaap
>>
>
|
|
|