Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Sekwestrasie
Sekwestrasie [boodskap #76760] Sa, 26 April 2003 19:18 na volgende boodskap
pete[3]  is tans af-lyn  pete[3]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Wat beteken dit as iemand hom vrywillig laat sekwestreer? Ek sien die balju
het van sy goed kom laai en blykbaar mag die ou nie skuld aangaan vir die
volgende 10 jaar nie - maar wat gebeur nou met die uitstaande skuld? Hy is
nou wel skynbaar bankrot maar moet so 'n persoon nie nog maandeliks van sy
skuld afbetaal nie? Die mense van wie ek hier skinder maak asof dit alles 'n
groot avontuur is - Gold Reef City se moses!

TIA
Re: Sekwestrasie [boodskap #76774 is 'n antwoord op boodskap #76760] So, 27 April 2003 00:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
As dit 'n besigheid was wat bankrot verklaar is, word al die bates van die
besigheid verkoop, en dan word dit tussen die skuldeisers verdeel. Elkeen
kry 'n deeltjie op "meriete", sommige ouens kan 20c op 'n rand kry terwyl
ander net 10c op 'n rand kry. Daarna word alle skuld afgeskryf en mag die
besigheidseienaar vir die volgende 5 jaar nie weer 'n soortgelyke besigheid
begin nie. Dit alles mits die besigheid nie 'n eenmansaak was nie. 'n
Eenmansaak word gesien as deel van die persoon (individu), en dan sal die
persoon verantwoordelik bly vir die skuld totdat dit klaar betaal is. As 'n
persoon onder administrasie geplaas word, word 'n trust fonds gestig by 'n
prokureur. Elke maand gaan gee jy vir die prokureur 'n bedrag geld wat deur
die hof goedgekeur is (die hof kan ook bevind dat jou werkgewer dit direk
van jou salaris aftrek word). Die prokureur verdeel dan die geld tussen die
skuldeisers. Onder normale omstandighede sal jy dan op die "swartlys" wees
totdat al jou skuld afbetaal is. Daarna begin jy weer met 'n skoon
blaaitjie, en geen rekord van jou vorige slegte skuld mag meer bestaan nie.
'n Besigheid mag homself (ditself?) wel vrywillig laat sekwestreer, mits jy
kan bewys dat jy nie die skuld kan betaal nie, maar dieselfde prinsiep geld
as 'n besigheid wat deur die hof bankrot verklaar is.
Net so ietsie vir die wat belangstel. As jy iemand geld skuld, en jy kan
nie betaal nie, kan die skuldeiser nie sommer meer net sy goed kom haal nie.
As hy wil, moet hy vir jou die geld (minus depriasie) wat jy reeds afbetaal
het op die produk teruggee. So as iemand by jou opdaag, sonder 'n hofbevel,
om jou meubels wat jy 3 maande laas betaal het te kom haal, stuur hulle weg.
Gewoonlik sal die hof beveel dat jy hulle 'n verminderde bedrag betaal as jy
nie in staat daartoe is om die volle bedrag elke maand te betaal nie. As jy
glad nie kan betaal nie, sal jy moontlik onder administrasie geplaas word,
of jy kan aanbeveel dat sommige van jou bates verkoop word om die skuld te
delg. 'n Mens kan jare onder administrasie wees, en net betaal soos jy geld
inkry. 'n Mens gaan sit nie meer in die tronk vir slegte skuld nie, behalwe
nou natuurlik as jy die ontvanger miljoene skuld...

Groete
Elaine

"pete" skryf in boodskap news:b8em03$f4n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat beteken dit as iemand hom vrywillig laat sekwestreer? Ek sien die balju
> het van sy goed kom laai en blykbaar mag die ou nie skuld aangaan vir die
> volgende 10 jaar nie - maar wat gebeur nou met die uitstaande skuld? Hy is
> nou wel skynbaar bankrot maar moet so 'n persoon nie nog maandeliks van sy
> skuld afbetaal nie? Die mense van wie ek hier skinder maak asof dit alles 'n
> groot avontuur is - Gold Reef City se moses!
>
> TIA
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76782 is 'n antwoord op boodskap #76774] So, 27 April 2003 02:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
pete
> Wat beteken dit as iemand hom vrywillig laat sekwestreer?

"Elaine"
As dit 'n besigheid was wat bankrot verklaar is, word al die bates
van die besigheid verkoop, en dan word dit tussen die skuldeisers
verdeel. Elkeen kry 'n deeltjie op "meriete", sommige ouens kan
20c op 'n rand kry terwyl ander net 10c op 'n rand kry.

Wouter
Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
*gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?

Elaine
Dit alles mits die besigheid nie 'n eenmansaak was nie. 'n
Eenmansaak word gesien as deel van die persoon (individu),
en dan sal die persoon verantwoordelik bly vir die skuld
totdat dit klaar betaal is.

Wouter
Jy sekwestreer 'n eenmansaak deur die persoon te sekwestreer.
Dan is sy skuld ook afgehandel, want soos jy korrek sê kan jy
'n eenmansaak nie losmaak van sy bates nie.

Die verskil tussen 'n gewone (verpligte) sekwestrasie en 'n
vrywillige sekwestrasie is dat 'n skuldeiser vir eersgenoemde
aansoek doen en die skuldenaar self vir die vrywillige een.
Dis juis die doel van vrywillige sekwestrasie, dat die
skuldenaar van die skuld wat hy in elk geval nooit sal kan
betaal nie ontslae raak deur al sy bates te verkoop en pro-rata
uit te betaal. Maar die hof sal dit nie outomaties toelaat nie. As
'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
Re: Sekwestrasie [boodskap #76794 is 'n antwoord op boodskap #76782] So, 27 April 2003 05:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 04:20:20 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> . As
> 'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
>
>

Is julle besig om hier te sê dat 'n skuldenaar
homself so maklik van sy verpligtinge kan losmaak?
Wat van as hy in 'n spoorweghuis (of mynhuis of munisipaliteithuis
of plakkershut natuurlik) woon en niks besit nie? Dan lei die
skuldeisers skade en hy niks; behalwe natuurlik vir die ongemak
van (ek dink daar is so iets) vir 'n spesifieke tyd geen skuld mag
maak nie.

Ek het Vrydag 'n saak begin teen 'n huurder wat eiendom by my (huur?)
en nie betaal nie. Hulle is ook die eienaars van 'n woonstel maar sê
openlik dat hulle verkies om in myne te woon omdat dit op 'n beter
plek as die van hulle geleë is.

Die saak het sommer afgeskop met 'n R1000 betaling na ek self al 'n
deel van die werk gedoen het.

DD
Re: Sekwestrasie [boodskap #76801 is 'n antwoord op boodskap #76794] So, 27 April 2003 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter : As 'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word
nie.

DD
Is julle besig om hier te sê dat 'n skuldenaar
homself so maklik van sy verpligtinge kan losmaak?
Wat van as hy in 'n spoorweghuis (of mynhuis of munisipaliteithuis
of plakkershut natuurlik) woon en niks besit nie? Dan lei die
skuldeisers skade en hy niks; behalwe natuurlik vir die ongemak
van (ek dink daar is so iets) vir 'n spesifieke tyd geen skuld mag
maak nie.

Wouter
Nee. Want dan sal die skuldeisers mos nie aansoek doen dat sy boedel
gesekwestreer word nie. Maar as een van die eisers dit wel doen en hy
kan bewys dat daar aan hom/haar geld geskuld word nadat hy/sy deur
die nodige waarskuwings en prosedures gegaan het, kan die ander
skuldeisers dit nie keer nie.

In so 'n geval kry jy bloot 'n hofbevel teen hom vir die skuld. Dit verjaar
nooit.

As die skuldenaar self aansoek doen vir sekwestrasie, behoort dit net
toegestaan te word as hy die hof kan oortuig dat daar nie 'n kans is
dat hy homself uit die skuld kan werk nie.
Re: Sekwestrasie [boodskap #76809 is 'n antwoord op boodskap #76801] So, 27 April 2003 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 10:40:43 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

Waarom skryf jy nou so by die uitsondering, Wouter?
Jy's besig om skaars te word.

DD
Re: Sekwestrasie [boodskap #76815 is 'n antwoord op boodskap #76794] So, 27 April 2003 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, 'n individu (skuldenaar), bly verantwoordelik vir sy skuld tot en met
die dag wat alles klaar betaal is. Dis jammer, maar ja die hof sal tien
teen een bevind dat die ou jou minder moet betaal. Die wette op huurders is
egter anders, en jy mag jou huurder uitskop as hy nie betaal nie.

E

"DD" wrote:

> Is julle besig om hier te sê dat 'n skuldenaar
> homself so maklik van sy verpligtinge kan losmaak?
> Wat van as hy in 'n spoorweghuis (of mynhuis of munisipaliteithuis
> of plakkershut natuurlik) woon en niks besit nie? Dan lei die
> skuldeisers skade en hy niks; behalwe natuurlik vir die ongemak
> van (ek dink daar is so iets) vir 'n spesifieke tyd geen skuld mag
> maak nie.
>
> Ek het Vrydag 'n saak begin teen 'n huurder wat eiendom by my (huur?)
> en nie betaal nie. Hulle is ook die eienaars van 'n woonstel maar sê
> openlik dat hulle verkies om in myne te woon omdat dit op 'n beter
> plek as die van hulle geleë is.
>
> Die saak het sommer afgeskop met 'n R1000 betaling na ek self al 'n
> deel van die werk gedoen het.
>
> DD
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76816 is 'n antwoord op boodskap #76782] So, 27 April 2003 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
> daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
> soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
> wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
> 20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
> *gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?

Elaine:
Afhangende van die skuld wat gemaak is en hoeveel geskuld word. MAW, as jy
skuld gemaak het om 'n 2003 Z3 BMW te koop gaan die skuldeiser meer op 'n
rand kry as die ou by wie jy jou 1989 Honda motorfiets gekoop het. Meriete
was seker die verkeerde woord om te gebruik, maar ek weet dit word so gedoen
om te probeer om elkeen se geld so ver moontlik te probeer opmaak, sonder
dat die skuldeiser te veel verloor. So maw, die skuldeiser wat R100 000 eis
kry 20c op 'n rand. Die skuldeiser wat net R10 000 eis, kry 10c op 'n rand.
So probeer hulle dit redelik "gelyk" hou. Maar ek kan verkeerd wees, dis
immers 'n redelike ou wet waarvan ek hier praat, so ver ek weet het dit nie
veel verander nie. Ek kan seker maar my ou handelsreg boeke gaan uitgrawe
en net seker maak van die saak.
As daar genoeg geld uit die verkoop van die bates kom om alle skuld te delg
dan is dit 'n ander saak. Heel laaste op die lysie om geld te kry sal dan
nou die aandeelhouers/eienaar van die besigheid wees.

> Wouter
> Jy sekwestreer 'n eenmansaak deur die persoon te sekwestreer.
> Dan is sy skuld ook afgehandel, want soos jy korrek sê kan jy
> 'n eenmansaak nie losmaak van sy bates nie.
>
> Die verskil tussen 'n gewone (verpligte) sekwestrasie en 'n
> vrywillige sekwestrasie is dat 'n skuldeiser vir eersgenoemde
> aansoek doen en die skuldenaar self vir die vrywillige een.
> Dis juis die doel van vrywillige sekwestrasie, dat die
> skuldenaar van die skuld wat hy in elk geval nooit sal kan
> betaal nie ontslae raak deur al sy bates te verkoop en pro-rata
> uit te betaal. Maar die hof sal dit nie outomaties toelaat nie. As
> 'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.

Elaine:
Mos gesê jy moet kan bewys dat jy nie jou skuld kan betaal nie voordat die
hof jou sal bankrot verklaar (in die geval van vrywillige administrasie).
MAAR 'n individu sal altyd verantwoordelik bly vir sy skuld tot die dag wat
dit klaar betaal is, of totdat hy doodgaan, waarna sy boedel gesekwestreer
sal word, en dan sal die geld wat uit die boedel gemaak word, gebruik word
om die skuld te delg. 'n Besigheid, wat los van die individu staan (soos 'n
BK of Pty.) se bates word verkoop, die geld verdeel onder die skuldeisers,
en as al die skuld nie gedelg kan word nie, word dit afgeskryf, natuurlik
vir ooglopende redes.
Dit waarvan jy praat het ek nog nooit gehoor nie. Verstaan ek jou reg as ek
sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie (behalwe
bk's en privaat maatskappye). Meestal is skuldeisers gelukkig met 'n
verminderde bedrag per maand, so kan hulle darem al hulle geld weer
terugkry, al neem dit langer, as net die helfte van hulle geld.
Re: Sekwestrasie [boodskap #76819 is 'n antwoord op boodskap #76815] So, 27 April 2003 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 15:58:55 +0200, "Elaine" wrote:

> Die wette op huurders is
> egter anders, en jy mag jou huurder uitskop as hy nie betaal nie.
>
> E

Huur raak dit egter ietwat moeilik asg nuwe wette.
Natuurlik is jy heeltemal reg as jy sê dat ek hom mag
uitskop, en natuurlik kan die hof nie voorskryf hoeveel
die huurgeld moet wees nie, maar die probleem kom by
die tyd wat dit neem om hom uit te skop.
Miskien is dit 'n verassing as ek sê dat die huurkontrak
oor twee maande verstryk en dat ek betaal om hom uit te kry
én verwag dat dit twee maande gaan duur om hom uit te kry
maar, ek doen dit om te voorkom dat hy gaan aanhou plak
oor twee maande.
Ook was ek verkeerd toe ek gesê het dat die huurkontrak oor twee
maande verstryk, want dit bestaan nie meer. Dit bestaan volgens wet
nie meer omdat hy dit nie geëer het nie.
Probleem in de geval is dat ek eiendom verhuur wat honderde kilos
van my tuisdorp af is.
Laagliggende vark [boodskap #76831 is 'n antwoord op boodskap #76809] So, 27 April 2003 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
DD
Waarom skryf jy nou so by die uitsondering, Wouter?
Jy's besig om skaars te word.

Wouter
Ek werk 'n bietjie meer as gewoonlik, het pas weer in Windhoek geland
waar hulle nie môre 'n vakansiedag het nie. Suidwester se landgenote
se skelmstreke hou my besig, hulle verkies Suid Afrikaners om dit te
help uitsorteer ;-)

Maar ek lees nog die meeste van wat julle skryf, na ek die klomp
Engelse skarmunkels geblok het gaan dit weer aan....
Re: Sekwestrasie [boodskap #76832 is 'n antwoord op boodskap #76816] So, 27 April 2003 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
> daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
> soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
> wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
> 20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
> *gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?

Elaine:
Afhangende van die skuld wat gemaak is en hoeveel geskuld word. MAW, as jy
skuld gemaak het om 'n 2003 Z3 BMW te koop gaan die skuldeiser meer op 'n
rand kry as die ou by wie jy jou 1989 Honda motorfiets gekoop het. Meriete
was seker die verkeerde woord om te gebruik, maar ek weet dit word so gedoen
om te probeer om elkeen se geld so ver moontlik te probeer opmaak, sonder
dat die skuldeiser te veel verloor. So maw, die skuldeiser wat R100 000 eis
kry 20c op 'n rand. Die skuldeiser wat net R10 000 eis, kry 10c op 'n rand.
So probeer hulle dit redelik "gelyk" hou. Maar ek kan verkeerd wees...

Wouter
Ek reken jy is verkeerd, dit werk nie so nie. Ek dink wat jy beskryf is
'n ooreenkoms of reëlingskema, wat dikwels gedoen word om sekwestrasie
te vermy. Die skuldenaar gaan 'n ooreenkoms met elke skuldeiser aan,
maar dit kan net werk as almal saamspeel. Jy vermy so die likwidateur
se koste en die lang gepaardgaande vertraging. As net een skuldeiser
nie saamspeel nie, kan hy sekwestrasie afdwing en dan deel almal
gelyk. Dis in elk geval hoe ek dit al gesien gebeur het.

Elaine:
Mos gesê jy moet kan bewys dat jy nie jou skuld kan betaal nie voordat die
hof jou sal bankrot verklaar (in die geval van vrywillige administrasie).
MAAR 'n individu sal altyd verantwoordelik bly vir sy skuld tot die dag wat
dit klaar betaal is, of totdat hy doodgaan, waarna sy boedel gesekwestreer
sal word, en dan sal die geld wat uit die boedel gemaak word, gebruik word
om die skuld te delg.

Wouter
Ek is redelik seker jy is verkeerd. Ek ken mense wat al so van hulle skuld
ontslae geraak het. Maar dis nie administrasie nie, dis likwidasie en
vrywillige sekwestrasie. Administrasie is soms 'n voorafstap by likwidasie.

Elaine
Dit waarvan jy praat het ek nog nooit gehoor nie. Verstaan ek jou reg as ek
sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie

Wouter
Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling nie.
Re: Sekwestrasie [boodskap #76833 is 'n antwoord op boodskap #76815] So, 27 April 2003 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine
Nee, 'n individu (skuldenaar), bly verantwoordelik vir sy skuld tot en met
die dag wat alles klaar betaal is.

Wouter
Aikona, as jou bankrot boedel gesekwestreer is, is jou skuldverpligtings
verby. Jy dink waarskynlik aan 'n hofbevel vir skuld, nie sekwestrasie nie.
Re: Sekwestrasie [boodskap #76835 is 'n antwoord op boodskap #76832] So, 27 April 2003 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Elaine

Verstaan ek jou reg as ek
> sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
> vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
> doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie
>
> Wouter
> Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
> En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling nie.

Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
in omtrent elke balansstaat wat ons moet
doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
Ek het altyd gewonder hoekom die wêreld
so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
betaal nie. Toe ek ouer geword het, het ek
gesien watter sluwe jakkalse sommige mense
is, en hoe maklik daar "bankrot gespeel" word
selfs al rol die mense in die geld.

Gloudina
Re: Sekwestrasie [boodskap #76845 is 'n antwoord op boodskap #76819] Ma, 28 April 2003 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, alles wat jy sê is waar. alle mag word uit ons hande geneem.

E

"DD" wrote:
>
> Huur raak dit egter ietwat moeilik asg nuwe wette.
> Natuurlik is jy heeltemal reg as jy sê dat ek hom mag
> uitskop, en natuurlik kan die hof nie voorskryf hoeveel
> die huurgeld moet wees nie, maar die probleem kom by
> die tyd wat dit neem om hom uit te skop.
> Miskien is dit 'n verassing as ek sê dat die huurkontrak
> oor twee maande verstryk en dat ek betaal om hom uit te kry
> 'n verwag dat dit twee maande gaan duur om hom uit te kry
> maar, ek doen dit om te voorkom dat hy gaan aanhou plak
> oor twee maande.
> Ook was ek verkeerd toe ek gesê het dat die huurkontrak oor twee
> maande verstryk, want dit bestaan nie meer. Dit bestaan volgens wet
> nie meer omdat hy dit nie geëer het nie.
> Probleem in de geval is dat ek eiendom verhuur wat honderde kilos
> van my tuisdorp af is.
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76859 is 'n antwoord op boodskap #76794] Di, 29 April 2003 00:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:fdrmavcbmdqev6iqtcg1ogt3sfd5dv3t78@4ax.com...
> On Sun, 27 Apr 2003 04:20:20 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> . As
>> 'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
>>
>
> Is julle besig om hier te sê dat 'n skuldenaar
> homself so maklik van sy verpligtinge kan losmaak?
> Wat van as hy in 'n spoorweghuis (of mynhuis of munisipaliteithuis
> of plakkershut natuurlik) woon en niks besit nie? Dan lei die
> skuldeisers skade en hy niks; behalwe natuurlik vir die ongemak
> van (ek dink daar is so iets) vir 'n spesifieke tyd geen skuld mag
> maak nie.

Dis nie so 'n bright idee, sou ek sê, om krediet te
verleen aan iemand wat niks besit nie.

Swart Simon
Re: Sekwestrasie [boodskap #76860 is 'n antwoord op boodskap #76816] Di, 29 April 2003 00:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3eabe722.0@news1.mweb.co.za...

> Elaine:
> Ek kan seker maar my ou handelsreg boeke gaan uitgrawe
> en net seker maak van die saak.

'n Uitstekende idee, Elaine. Ek het so 'n suspisie
daai boeke gaan kraak as jy hulle oopmaak.

Swart Simon
Re: Sekwestrasie [boodskap #76861 is 'n antwoord op boodskap #76835] Di, 29 April 2003 00:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:3EAC5B98.9010909@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Elaine
>
> Verstaan ek jou reg as ek
>> sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
>> vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
>> doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie
>>
>> Wouter
>> Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
>> En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling
nie.
>
>
> Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
> Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
> in omtrent elke balansstaat wat ons moet
> doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
> Ek het altyd gewonder hoekom die wêreld
> so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
> betaal nie. Toe ek ouer geword het, het ek
> gesien watter sluwe jakkalse sommige mense
> is, en hoe maklik daar "bankrot gespeel" word
> selfs al rol die mense in die geld.

Dis waar wat jy sê.

Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
word nie.

Swart Simon
Re: Sekwestrasie [boodskap #76863 is 'n antwoord op boodskap #76860] Di, 29 April 2003 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink julle mis so 'n paar faktore. 'n Ou wat in vrywillige likwidasie
ingaan, moet by die hof daarvoor aansoek doen en moet dan bewys lewer dat sy
laste sy bates oorskry en dat hy geen hoop het op herstel nie. Dit laat in
'n groot mate die salaristrekker buite rekening, want as 'n man 'n vaste
inkomste het, kan daar altyd 'n deel van daardie inkomste afgestan word om
skuldeisers te betaal. Heel moontlik sal hulle dan net van sy bates
vervreem.
Is die ou egter 'n besigheidsman met geen vaste inkomste nie en sy
laste is veel meer as sy bates, kan hy aansoek doen om vrywillige likwidasie
en sal hy deur die hof bankrot verklaar word. Tesame met die aansoek tot
vrywillige likwidasie moet daar natuurlik in die koerante geadverteer word
vir enige onbekende skuldeisers wat ook mag in die tou staan. Sodra hulle
alles bymekaar het en die ou is properlies in sy moer in, dan verklaar hulle
hom bankrot en sal hulle al sy besittings verkoop en die inkomste daaruit
pro rata verdeel aan die verskillende skuldeisers.
Dieselfde gebeur ook maar eintlik as 'n ou iemand anders 'n groot klomp
geld skuld wat hy nie kan betaal nie en daai ou dagvaar hom vir die geld en
hy vertel vir die hof dat hy nie in staat is om die geld te betaal nie.
Die hof sal kyk of hy die skuld met rente kan afbetaal, maar as hy nie kan
nie, kan hy ook bankrot verklaar word.
Om 'n 'insovent' te wees is glad nie so lekker nie. Vir die volgende
10 jaar of so sal jy geen krediet kry nie, geen kredietkaart kan gebruik
nie, geen rekening kry nie, sukkel om kontrakte aan te gaan......glad nie
pret nie.

"Swart Simon" skryf in boodskap news:3eadc379.0@news1.mweb.co.za...
> "Elaine" wrote in message
> news:3eabe722.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Elaine:
>> Ek kan seker maar my ou handelsreg boeke gaan
> uitgrawe
>> en net seker maak van die saak.
>
>
> 'n Uitstekende idee, Elaine. Ek het so 'n suspisie
> daai boeke gaan kraak as jy hulle oopmaak.
>
> Swart Simon
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76868 is 'n antwoord op boodskap #76833] Di, 29 April 2003 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is heel moontlik deurmekaar :-))

E

"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Wouter
> Aikona, as jou bankrot boedel gesekwestreer is, is jou skuldverpligtings
> verby. Jy dink waarskynlik aan 'n hofbevel vir skuld, nie sekwestrasie nie.
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76869 is 'n antwoord op boodskap #76832] Di, 29 April 2003 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Wouter
> Ek reken jy is verkeerd, dit werk nie so nie. Ek dink wat jy beskryf is
> 'n ooreenkoms of reëlingskema, wat dikwels gedoen word om sekwestrasie
> te vermy. Die skuldenaar gaan 'n ooreenkoms met elke skuldeiser aan,
> maar dit kan net werk as almal saamspeel. Jy vermy so die likwidateur
> se koste en die lang gepaardgaande vertraging. As net een skuldeiser
> nie saamspeel nie, kan hy sekwestrasie afdwing en dan deel almal
> gelyk. Dis in elk geval hoe ek dit al gesien gebeur het.

Ek kan verkeerd wees...

> Wouter
> Ek is redelik seker jy is verkeerd. Ek ken mense wat al so van hulle skuld
> ontslae geraak het. Maar dis nie administrasie nie, dis likwidasie en
> vrywillige sekwestrasie. Administrasie is soms 'n voorafstap by
likwidasie.
Ek ken weer nie mense wat so van hulle skuld ontslae geraak het nie. So ver
ek weet kan 'n individu nie gelikwideer word nie. 'n Besigheid kan, maar
nie die individu nie, 'n individu word onder administrasie geplaas. Maar ek
kan my feite deurmekaar hê, soos die Engelse sê "I stand corrected."
Re: Sekwestrasie [boodskap #76870 is 'n antwoord op boodskap #76835] Di, 29 April 2003 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n ou geken (of liewers sy dogter) wat "twee stelle" boeke gehou het.
Elke paar jaar het hy hof toe gehardloop en bankrotskap geskreeu. Sy boeke
het dit gewys en die hof kon dus nie bewys dat hy lieg nie. Hy sou dan
redelik gemaklik leef vir so twee jaar of wat, en dan 'n heeltemal ander
besigheid begin - net om 5 jaar of so later weer bankrotskap te eis.
Ongelukkig het sy, redelike dom dogter, daarmee geloop en spog en dit vir
die verkeerde persoon vertel. Pappie is vasgetrek en laaste wat ek gehoor
het, was daar 'n saak van bedrog oop teen hom. Ek het kontak met die dogter
verloor, so ek weet nie wat daarna gebeur het nie.

E

wrote:
>
> Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
> Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
> in omtrent elke balansstaat wat ons moet
> doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
> Ek het altyd gewonder hoekom die wêreld
> so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
> betaal nie. Toe ek ouer geword het, het ek
> gesien watter sluwe jakkalse sommige mense
> is, en hoe maklik daar "bankrot gespeel" word
> selfs al rol die mense in die geld.
>
> Gloudina
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76871 is 'n antwoord op boodskap #76835] Di, 29 April 2003 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soms kan jy nie die persoon verantwoordelik hou nie. Hy't miskien 'n goeie
werk en kan bekostig om 'n duur kar of duur huis of wat ook al te koop.
Baie dinge kan verkeerd gaan, veral deesdae. Die persoon verloor dalk sy
werk, mense stel dalk nie meer in sy produk belang nie, die ou kry dalk 'n
hartaanval en kan vir 'n paar maande nie sy besigheid bedryf nie, of wat ook
al.

wrote:
>
> Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
> Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
> in omtrent elke balansstaat wat ons moet
> doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
> Ek het altyd gewonder hoekom die wêreld
> so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
> betaal nie.
> Gloudina
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76873 is 'n antwoord op boodskap #76860] Di, 29 April 2003 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
hehehehheheh, die stof lê dik op daai boeke.

E

"Swart Simon" wrote:
>
>
> 'n Uitstekende idee, Elaine. Ek het so 'n suspisie
> daai boeke gaan kraak as jy hulle oopmaak.
>
> Swart Simon
>
Re: Sekwestrasie [boodskap #76895 is 'n antwoord op boodskap #76861] Di, 29 April 2003 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
> krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
> nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
> word nie.

Hier by ons gee hulle soms krediet in
veral meubelwinkels wat my eenvoudig
dronkslaan. Hulle vertel vir jou dat
jy vir twee jaar nie hoef te betaal nie.
Nou, die soort mense wat aan dié ding
byt, is gewoonlik die mense wat nie geld
het nie en wat heelwaarskynlik nie aan
die einde van die twee jaar geld sal hê
nie. Tog bied die winkels aanhoudend
die soort ding aan. Ek kan nie verstaan
hoe hulle geld maak nie.

Gloudina
Re: Sekwestrasie [boodskap #76908 is 'n antwoord op boodskap #76859] Di, 29 April 2003 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Apr 2003 02:12:53 +0200, "Swart Simon"
wrote:

>
>
> Dis nie so 'n bright idee, sou ek sê, om krediet te
> verleen aan iemand wat niks besit nie.
>
> Swart Simon
>

>>> Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
>>> krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
>>> nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
>>> word nie.

>>> Swart Simon

Sotlik gesê, Simon. Sotlik, soos ek sê. Ek blameer (in die spesifieke
geval) nie die samelewing nie (en moet nou nie sê dat ek dan nie die
skoen moet aantrek nie, want ek trek nie my woorde terug nie) maar
slegs myself.

Kom ons kyk na die spesifieke geval en ek verwag reaksie van jou af
hierop.

Die oggend waarop ek terug huistoe vertrek na 'n maand verlof klop die
bewoner van 'n woonstel wat ek ek pas gekoop het en dae vroeër op my
naam gerigestreer is, aan my woonstel se deur om sewe uur die oggend.

Haar versoek:
Verhuur asseblief die woonstel vir 10% minder as jou versoekte premie.
Hoekom sal ek dit doen?
Omdat ek:
1. Reeds twee jaar daar woon en die plek in perfekte kondisie hou.
2. As jy dit direk aan my verhuur hoef jy nie die agentskapskommissie
te betaal nie, ek ek kan bekostig om steeds daar te woon en jou
plek op te pas terwyl jy honderde kilos hiervandaan woon.

Toegegee:
Die vorige eienaar het gewaarsku dat hulle swak betaal.
Die eiendomsagent wat aan my verkoop het het my gewaarsku dat
hulle swak betaal.
Hulle kon nie eens 'n sleuteldeposito bekostig nie.

Opgesom:
Dave Du Plessis kan dit nie regkry om hard te wees wanneer iemand
wat dit nie breed het om hulp vra nie.
As sakeman is hy steeds naief genoeg om mense te vertrou en betaal
somtyds daarvoor.
Hy slaap lekker want sy gewete sê dat hy mense probeer help het en
hulle dit nie waardeer het nie.
Hy dink jy het 'n sotlike stelling gemaak veral omdat hy geensins die
gemeenskap daarvoor verantwoordelik gehou het nie. (Moet nie
veralgemaan nie!)

> Dis nie so 'n bright idee, sou ek sê, om krediet te
> verleen aan iemand wat niks besit nie.

Met ander woorde, help slegs mense wat hulle self kan help?
As iemand werklik hulp nodig het, en niks besit nie, moet hy
nie gehelp word nie?
(Hemel mens, twintig jaar gelede het 'n onderneming
vir my 'n vliegtuig gekoop met die minimum sekuriteit!)

Kom ek skok jou, Simon:
Een week gelede is ek geskakel deur die opsigter van 'n gebou
waar ek ook 'n woonstel besit. My huurder het kwaad geword vir
sy (hou)vrou en eers haar selfoon stukkend gegooi teen die muur
en toe my ingeboude kas se rakke verpletter. Ek het hulle 24 uur
gegee om die woonstel te verlaat, en toe sy werkgewer, (wat éintlik
die huurder is) geskakel. Dié, 'n voertuig in en uitvoer groep, het
belowe dat hy dieselfde aand sal uit wees.
Toe skakel 'n twintig jarige meisie my en sê dat dit haar selfoon en
my kas is wat stukkend geskop is. Sy (en haar ma wat by haar woon)
het geen plek om heen te verhuis nie. Sal ek hom asseblief vergewe
en kan hulle aanbly?
Na die werkgewer alle verantwoordelikheid vir huidige en alle
moontlike toekomstige skade aanvaar het, het ek hulle toestemming
gegee om aan e bly en hulle werkgewer daarvan in kennis gestel.

Sotlik? As ek nou in skrif sit wat ek alles aanvang besef ek dat jy
dalk reg is. Steeds het ek vrede met myself.

DD
Re: Laagliggende vark [boodskap #77084 is 'n antwoord op boodskap #76831] Sa, 03 Mei 2003 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
> DD
> Waarom skryf jy nou so by die uitsondering, Wouter?
> Jy's besig om skaars te word.
>
> Wouter
> Ek werk 'n bietjie meer as gewoonlik, het pas weer in Windhoek geland
> waar hulle nie môre 'n vakansiedag het nie. Suidwester se landgenote
> se skelmstreke hou my besig, hulle verkies Suid Afrikaners om dit te
> help uitsorteer ;-)
>
> Maar ek lees nog die meeste van wat julle skryf, na ek die klomp
> Engelse skarmunkels geblok het gaan dit weer aan....

Ragel: Hoe het hulle hier beland? Ek neem direk op die web deel aan
die NG en staan verstom oor die dinge wat hulle skryf. Een siek, siek
ou.!
Re: Laagliggende vark [boodskap #77086 is 'n antwoord op boodskap #77084] Sa, 03 Mei 2003 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 3 May 2003 02:15:58 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Kinky) wrote:

>
> Ragel: Hoe het hulle hier beland? Ek neem direk op die web deel aan
> die NG en staan verstom oor die dinge wat hulle skryf. Een siek, siek
> ou.!

Ek wonder wie lees hulle nog, Kinky.
Ek glo dat die meeste (hopelik almal:-)
het hulle geblok.
Om Streepmuis te herhaal, dit is die
eerste keer wat ek iemand filter.
Hulle verskyn net nie op my skerm nie.

DD
Re: Laagliggende vark [boodskap #77119 is 'n antwoord op boodskap #77086] Sa, 03 Mei 2003 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Om Streepmuis te herhaal, dit is die
> eerste keer wat ek iemand filter.
> Hulle verskyn net nie op my skerm nie.

Hey!! Jy moenie Streepmuis se private liefdesbriefies aan jou sommer
so hier in die openbaar kwoteer nie!! Sy het darem 'n reputasie om te
onderhou!!
:-))))
Re: Laagliggende vark [boodskap #77120 is 'n antwoord op boodskap #77119] Sa, 03 Mei 2003 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 May 2003 11:30:03 -0400, Katryn wrote:

> DD wrote:
>
>> Om Streepmuis te herhaal, dit is die
>> eerste keer wat ek iemand filter.
>> Hulle verskyn net nie op my skerm nie.
>
> Hey!! Jy moenie Streepmuis se private liefdesbriefies aan jou sommer
> so hier in die openbaar kwoteer nie!! Sy het darem 'n reputasie om te
> onderhou!!
> :-))))

ô ô, ek dog dit was in die openbaar gesê:-)
Skuus, ek't vergeet waar dit was:-)))

DD
Re: Laagliggende vark [boodskap #77121 is 'n antwoord op boodskap #77120] Sa, 03 Mei 2003 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 May 2003 17:35:10 +0200, DD wrote:

>
>
> ô ô, ek dog dit was in die openbaar gesê:-)
> Skuus, ek't vergeet waar dit was:-)))
>
> DD
>

Vir so paar uur weg. Ons het 'n onstpanningsaal
gehuur en gaan jol!!!

Joller
Re: Laagliggende vark [boodskap #77251 is 'n antwoord op boodskap #77086] So, 04 Mei 2003 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
DD skryf in boodskap news:...
> On 3 May 2003 02:15:58 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Kinky) wrote:
>
>
>>
>> Ragel: Hoe het hulle hier beland? Ek neem direk op die web deel aan
>> die NG en staan verstom oor die dinge wat hulle skryf. Een siek, siek
>> ou.!
>
> Ek wonder wie lees hulle nog, Kinky.
> Ek glo dat die meeste (hopelik almal:-)
> het hulle geblok.
> Om Streepmuis te herhaal, dit is die
> eerste keer wat ek iemand filter.
> Hulle verskyn net nie op my skerm nie.
>
> DD

Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.
:-))

Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf. Ek sien
dan gelukkig die onderwerp en wie gepos het en het n keuse om dit te
lees of nie. Maar dit laai nie op my rekenaar af nie as jy weet wat
ek bedoel? :-) Ek het wel n paar gelees omdat ek nie kon glo dat
daar sulke mense is nie maar nou dat ek weet, ignoreer ek dit en lees
net die dele wat vir my interessant lyk. Soos Katryn se pos o.a.
Re: Laagliggende vark [boodskap #77254 is 'n antwoord op boodskap #77251] So, 04 Mei 2003 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 4 May 2003 10:06:05 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché) wrote:

>
> Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.
> :-))
>
> Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf. Ek sien
> dan gelukkig die onderwerp en wie gepos het en het n keuse om dit te
> lees of nie. Maar dit laai nie op my rekenaar af nie as jy weet wat
> ek bedoel? :-) Ek het wel n paar gelees omdat ek nie kon glo dat
> daar sulke mense is nie maar nou dat ek weet, ignoreer ek dit en lees
> net die dele wat vir my interessant lyk. Soos Katryn se pos o.a.

Goot... en ek is nou Didi...:-))) Nie Didi Vennemerwe nie, maar
Didi Nokia (soos in 3310) vra vir Annette. Sy's my getuie.

Ek's so bly dat jy tog 'n manier het om daardie skrêp te filter. Het
nie geweet wat jy bedoel by lees dit direk op die NET (of so iets)
nie, maar nou's ek slim.

Ek het slegs een probleem steeds. Jou woorde: "Soos Katryn se pos
o.a." Dit kon gewees het, "soos Katryn en Didi se pos o.a."

Didi Nokia
(shucks, ek like dit!!!)
Re: Laagliggende vark [boodskap #77259 is 'n antwoord op boodskap #77254] So, 04 Mei 2003 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Ek het slegs een probleem steeds. Jou woorde: "Soos Katryn se pos
> o.a." Dit kon gewees het, "soos Katryn en Didi se pos o.a."

Ag, djys somma alwie djêllllus, nè??
:-)))
Re: Laagliggende vark [boodskap #77260 is 'n antwoord op boodskap #77251] So, 04 Mei 2003 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché) wrote:

> Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.

Dis nou Kinky, hoor - KINKY!! :-))

> Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf.

ô ô - soos DD sou sê - daar's 'n groot typo in jou sin - jy het per
ongeluk 'n "i" ingevoeg? :-))
Re: Laagliggende vark [boodskap #77286 is 'n antwoord op boodskap #77254] Ma, 05 Mei 2003 04:26 Na vorige boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
DD skryf in boodskap news:...
> On 4 May 2003 10:06:05 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché)
> wrote:
>
>>
>> Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.
>> :-))
>>
>> Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf. Ek sien
>> dan gelukkig die onderwerp en wie gepos het en het n keuse om dit te
>> lees of nie. Maar dit laai nie op my rekenaar af nie as jy weet wat
>> ek bedoel? :-) Ek het wel n paar gelees omdat ek nie kon glo dat
>> daar sulke mense is nie maar nou dat ek weet, ignoreer ek dit en lees
>> net die dele wat vir my interessant lyk. Soos Katryn se pos o.a.
>
>
> Goot... en ek is nou Didi...:-))) Nie Didi Vennemerwe nie, maar
> Didi Nokia (soos in 3310) vra vir Annette. Sy's my getuie.
>
Ragel: Oulike foontjie, Didi Nokia.

> Ek's so bly dat jy tog 'n manier het om daardie skrêp te filter. Het
> nie geweet wat jy bedoel by lees dit direk op die NET (of so iets)
> nie, maar nou's ek slim.

Ragel: Ek is nog blyer dat ek jou iets kon leer. :-)

>
> Ek het slegs een probleem steeds. Jou woorde: "Soos Katryn se pos
> o.a." Dit kon gewees het, "soos Katryn en Didi se pos o.a."

Ragel: Vir Katryn ken ek....

>
> Didi Nokia
> (shucks, ek like dit!!!)

Ragel: Om te dink ek het jou aan die dink gesit . . .

;-)
Vorige onderwerp: Kredietrekord
Volgende onderwerp: Fiasko'tjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:08:05 MGT 2024