" Gebed van die loot aan die wynstok " deur SHEILA CUSSONS [boodskap #74751] |
Fri, 21 March 2003 03:19 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sheila Cussons
Gebed van die loot aan die wynstok
Solank as wat die mens
sy gewaarwordinge in taal bly formuleer
Here, laat my taal leef
en dat U hom nooit van die liggaam
van Afrika sal amputeer nie -
en waar U moet terugsnoei, Heer,
laat ons u hand herken en rustig weet
U sal uit die vurige sap
wat U nou tot besinning kasty
iets wat helder en edel is eindelik distilleer.
|
|
|