Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Morkel Die Onskuldige
Morkel Die Onskuldige [boodskap #63382] Mon, 10 June 2002 07:54 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Na die naweek se koukusdinge het die DA verklaar dat hulle nog steeds wag
vir die forensiese uitslag van die ondersoek om uit te vind hoeveel geld
Morkel van Harksen gekry het.
Morkel en Markovitz is egter goed geroskam omdat hulle sulke dik pelle met
Harksen was.
Nou, ek weet ek raak oud, maar ek kan half goed onthou toe die storie die
eerste keer gebreek het, het Morkel onomwonde verklaar dat hy Harksen glad
nie ken nie, en slegs miskien een of twee keer by gesellighede raakgeloop
het.
Vanoggend op RSG het hy niks te sê oor die roskammery nie, net dat hy nie
geld gekry het van Harksen nie.
Ek sluk ook maar dik aan Harksen se stories wat hy onder eed as die waarheid
aan Regter Desai verkoop het.
Mens moet wragtag dik pelle met iemand wees om die telefoon op te tel en vir
die persoon te vra om R20 000 te gee om 'n huis te kan huur.
Aan die ander kant "dink" politici mos anders as regte mense.

Annette
Re: Morkel Die Onskuldige [boodskap #63397 is 'n antwoord op boodskap #63382] Mon, 10 June 2002 09:33 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is goed dat Morkel hom in die openbaar verbind het tot "iets" mbt sy
moontlike betrokkenheid by geldkry - die feitelikhede sal moet seevier in
die saak. Ek meen hoe gee jy derduisende maar het geen rekord nie? Ek sal my
linkerlong (of iets anderse) ge om tydens die kruisondervraging van Harksen
(?) teenwoordig te wees ...

"Annette" skryf in boodskap news:ae1m09$3310u$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Na die naweek se koukusdinge het die DA verklaar dat hulle nog steeds wag
> vir die forensiese uitslag van die ondersoek om uit te vind hoeveel geld
> Morkel van Harksen gekry het.
> Morkel en Markovitz is egter goed geroskam omdat hulle sulke dik pelle met
> Harksen was.
> Nou, ek weet ek raak oud, maar ek kan half goed onthou toe die storie die
> eerste keer gebreek het, het Morkel onomwonde verklaar dat hy Harksen glad
> nie ken nie, en slegs miskien een of twee keer by gesellighede raakgeloop
> het.
> Vanoggend op RSG het hy niks te sê oor die roskammery nie, net dat hy nie
> geld gekry het van Harksen nie.
> Ek sluk ook maar dik aan Harksen se stories wat hy onder eed as die waarheid
> aan Regter Desai verkoop het.
> Mens moet wragtag dik pelle met iemand wees om die telefoon op te tel en vir
> die persoon te vra om R20 000 te gee om 'n huis te kan huur.
> Aan die ander kant "dink" politici mos anders as regte mense.
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Dokterlose Hospitale
Volgende onderwerp: GROOT NAME BY KUNSTEKAAP VIR ATKV SE LIEDJIETALENT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 19:28:14 UTC 2025