Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » GROOT NAME BY KUNSTEKAAP VIR ATKV SE LIEDJIETALENT
GROOT NAME BY KUNSTEKAAP VIR ATKV SE LIEDJIETALENT [boodskap #63406] Ma, 10 Junie 2002 11:43
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
NUUSBERIG

GROOT NAME BY KUNSTEKAAP VIR ATKV SE LIEDJIETALENT

BEKENDE Afrikaanse sangers en verhoogkunstenaars gaan liedjieskrywers in die
fynere kunsies van ligteliedjies oplei by die ATKV-Ligteliedjieslypskool wat
einde van die maand by die Kunstekaap Teatersentrum aangebied word.

Benewens die kursusanker, Mynie Grové, gaan kunstenaars soos Nataniël,
Coenie de Villiers en Anna Davel hulle kennis en ondervinding met opkomende
liedjieskrywers deel. Enige persoon wat reeds 'n liedjie geskryf het, kan
vir die kursus inskryf wat van Vrydagoggend 28 Junie tot Sondagoggend 30
Junie 2002 by Kunstekaap plaasvind.

Dit is die eerste keer in die sewentienjarige bestaan van die ATKV se
Ligteliedjieslypskool dat dit in Kaapstad aangebied word. Dié landwye
slypskool is voorheen by ATKV-Klein-Kariba in die Noordelike Provinsie
gehou.

"Kunstekaap wil die baken van uitmuntendheid in skeppende kunste wees. Dit
was dus logies om as medevennoot betrokke te raak. Deur ons geriewe en
dienste teen billike pryse beskikbaar te stel, help ons om die kursusfooi
meer bekostigbaar te maak," sê Michael Maas, bestuurshoof van Kunstekaap.

"Ons het voorts, deur ons Gemeenskapshulpsentrum, beurse aan twee opkomende
liedjieskrywers vanaf die Kaapse Vlakte, Charles Louw van Manenberg en André
Petersen van Greenhaven gegee, om vir die slypskool in te skryf."

Volgens die ATKV-projekorganiseerder, Ilse Schürmann, sal net 20 persone tot
die slypskool toegelaat word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag,
19 Junie.

"Mense wat belangstel moet vinnig spring. Daar is nog enkele plekke
beskikbaar," sê Schürmann. "Die R950 kursusfooi dek alle kursusmateriaal en
etes. Ons gaan in die bestek van drie dae 'n wye reeks toepaslike onderwerpe
dek. Dit sal wissel van musiek- en komposisietegnieke tot die aanwending van
rekenaartegnologie, bemagtiging en kopiereg.

"Ons wil die slypskool so toeganklik as moontlik maak en daarom kan
voornemende kursugangers die kursusfooi oor 'n tydperk van ses maande
afbetaal. 'n Bedrag van R50 is betaalbaar met die goekeuring van die aansoek
en die res kan van begin Julie af oor 'n tydperk van ses maande betaal
word," sê Schürmann.

Inskryfvorms kan verkry word deur Ilse Schürmann te skakel by telefoon 012
886 4888. Meer inligting en die inskryfvorm kan ook by die ATKV-webwerf. by
www.atkv.org.za verky word.

Kapenaars wat nie toegang tot 'n rekenaar het nie, kan die internetgeriewe
by die Gemeenskapshulpsentrum van Kunstekaap gebruik. Die nodige reëlings
vir toegang kan met Sally Sch�nenwolf van Kunstekaap getref word by telefoon
021 410 9986 of sel: 083 529 9795.

NAMENS KUNSTEKAAP UITGEREIK DEUR AFRIKOM
Navrae: Michael Maas, KUNSTEKAAP, Tel: 021 410 9921
Marlene le Roux, Kunstekaap, Tel: 021 410 9962
Ilse Schürmann, ATKV, Tel: 011 886 4888
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: 021 423 7263

--

Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
The SA Arts, Culture and Entertainment Hub

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon
Vorige onderwerp: Morkel Die Onskuldige
Volgende onderwerp: SA-indeks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:17:20 MGT 2024