wanneer, wat??? [boodskap #50904] |
Sat, 29 September 2001 19:29 |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink en dink, maar kry nie 'n antwoord nie.
In Afrikaans word baie en veel gebruik. Wanneer gebruik 'n mens baie en
wanneer veel???
dieselfde vra vir hoop en wens.
en neem en vat.
Gr.Rico
|
|
|
Re: wanneer, wat??? [boodskap #50906 is 'n antwoord op boodskap #50904] |
Sat, 29 September 2001 21:28 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> Baie is positief {eintlik baie positief :-) } terwyl veel in die
> algemeen in 'n negatiewe sin gebruik word wanneer ons praat van 'te
> veel'.
Jy het my nogal aan die dink gesit oor hierdie sakie. Ek bedoel nou,jou
siening dat die een positief gebruik word en die ander negatief.
Ek neig om van jou te verskil, maar sal eers nog moet dink.
"Baie" (van Maleis 'banyak') het die Nederlandse "veel" omtrent
vervang, veral voor selfstandige naamwoorde. (Ons sê nogtans
"vele hande maak ligte werk" en in sekere omstandighede "vele
mense dink nie so nie." Maar die gebruik van "veel" as 'n
byvoeglike naamwoord is nie wyd versprei nie en die gebruik
daarvan maak die konteks taamlik formeel.
Maar in Afrikaans word "te veel" gebruik vir "too much" en
gewoonlik nie "te baie" nie, alhoewel dit seker toelaatbaar is.
"Ek hou nie te veel van hierdie ding nie."
"Ek hou nie te baie van hierdie ding nie."
Gloudina
|
|
|
Re: wanneer, wat??? [boodskap #50907 is 'n antwoord op boodskap #50904] |
Sat, 29 September 2001 21:44 |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:inecrt878d4vj6di6pt4jesi6v3mi4em9r@4ax.com...
> On Sat, 29 Sep 2001 21:29:57 +0200, "Rico"
> wrote:
>
>> Ek dink en dink, maar kry nie 'n antwoord nie.
>>
>> In Afrikaans word baie en veel gebruik. Wanneer gebruik 'n mens baie en
>> wanneer veel???
>>
>> dieselfde vra vir hoop en wens.
>>
>> en neem en vat.
>>
>>
>> Gr.Rico
>>
>
> Baie is positief {eintlik baie positief :-) } terwyl veel in die
> algemeen in 'n negatiewe sin gebruik word wanneer ons praat van 'te
> veel'.
>
> 'Hoop' dink ek is meer realisties as wens. Ek hoop op iets wanneer dit
> realisties is om daarop te hoop omdat dit kón gebeur (en bes moontlik
> in 'n proses is - soos die perde wat hardloop en ek hoop dat my keuse
> gaan wen)
> 'Wens' weer, is op iets wat beslis ook kón gebeur maar is ietwat in
> die verskiet is omdat ek wens om eendag die regte perd te kies.
>
> 'Neem' is byvoorbeeld meer manierlik as 'vat' want ek neem iets wat jy
> my aanbied maar as jy dit nie wil gee nie en ek wil dit hê {en ek is
> groter as jy :-) } dan 'vat' ek dit.
>
> Daar is heelwat meer uiteenlopende maniere om dit te beskryf en
> hierdie is maar enkele voorbeelde daarvan.
>
>
>
>
> ((( Interessant dat 'veel' ook in die straattaal gebruik word (baie
> somtyds en ek het dit jare laas gehoor!) in die plek van 'verdra'.
> wanneer iemand nie iemand anders kan 'veel' nie. Maar vergeet hiervan
> want ek dink nie dat dit enigsins aanvaarbare taalgebruik is nie.)))
Dankie DD, dit word nou net 'n bietjie meer duidelik.
In Nederlands, jy kan ook se dat jy iemand nie kan veel nie, maar dan kom
dit van die werkwoord velen.
Gr.Rico
|
|
|
Re: wanneer, wat??? [boodskap #50908 is 'n antwoord op boodskap #50904] |
Sat, 29 September 2001 21:54 |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 29 Sep 2001 21:29:57 +0200, "Rico" wrote:
> Ek dink en dink, maar kry nie 'n antwoord nie.
>
> In Afrikaans word baie en veel gebruik. Wanneer gebruik 'n mens baie en
> wanneer veel???
>
> dieselfde vra vir hoop en wens.
>
> en neem en vat.
>
>
> Gr.Rico
>
Baie is positief {eintlik baie positief :-) } terwyl veel in die
algemeen in 'n negatiewe sin gebruik word wanneer ons praat van 'te
veel'.
'Hoop' dink ek is meer realisties as wens. Ek hoop op iets wanneer dit
realisties is om daarop te hoop omdat dit kà n gebeur (en bes moontlik
in 'n proses is - soos die perde wat hardloop en ek hoop dat my keuse
gaan wen)
'Wens' weer, is op iets wat beslis ook kà n gebeur maar is ietwat in
die verskiet is omdat ek wens om eendag die regte perd te kies.
'Neem' is byvoorbeeld meer manierlik as 'vat' want ek neem iets wat jy
my aanbied maar as jy dit nie wil gee nie en ek wil dit hê {en ek is
groter as jy :-) } dan 'vat' ek dit.
Daar is heelwat meer uiteenlopende maniere om dit te beskryf en
hierdie is maar enkele voorbeelde daarvan.
((( Interessant dat 'veel' ook in die straattaal gebruik word (baie
somtyds en ek het dit jare laas gehoor!) in die plek van 'verdra'.
wanneer iemand nie iemand anders kan 'veel' nie. Maar vergeet hiervan
want ek dink nie dat dit enigsins aanvaarbare taalgebruik is nie.)))
|
|
|
Re: wanneer, wat??? [boodskap #50910 is 'n antwoord op boodskap #50904] |
Sat, 29 September 2001 22:47 |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 29 Sep 2001 21:28:37 GMT, @home.com wrote:
> Davie Davis wrote:
veel in die
>> algemeen in 'n negatiewe sin gebruik word.......
>
> Jy het my nogal aan die dink gesit oor hierdie sakie. Eintlik het Rico 'n baie interessante onderwerp opgehaal hier.
> Ek neig om van jou te verskil, maar sal eers nog moet dink.
Ek is nie veel verbaas dat jy baie positiewe voorbeelde ook kan ophaal
hier nie. En ek hou daarvan dat jy sê dat hy 'eers sal moet dink'
terwyl ek myself nie daardie weelde gegun het nie. Inderwaarheid het
ek glad nie veel tyd gebruik eer ek geantwoord het nie en dìt is
waarom ek glad nie baie verbaas is dat jy rede het om te verskil nie.
Maar ek het baie ruimte vir myself geskep deur te noem dat daar vele
ander voorbeelde ook kan opduik:-)
DD
> Gloudina
|
|
|
Veel [boodskap #50911 is 'n antwoord op boodskap #50907] |
Sat, 29 September 2001 23:17 |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DD
> ((( Interessant dat 'veel' ook in die straattaal gebruik word (baie
> somtyds en ek het dit jare laas gehoor!) in die plek van 'verdra'.
> wanneer iemand nie iemand anders kan 'veel' nie. Maar vergeet hiervan
> want ek dink nie dat dit enigsins aanvaarbare taalgebruik is nie.)))
Rico
Dankie DD, dit word nou net 'n bietjie meer duidelik.
In Nederlands, jy kan ook se dat jy iemand nie kan veel nie,
maar dan kom dit van die werkwoord velen.
Wouter
Wat my betref is daar niks ongewoons daaraan om "veel" in die
betekenis van uitstaan of verdra te gebruik nie. Dis goeie normale
Afrikaans en kom geredelik voor. Ons het baie Nederlandse
woorde geërf wat in sommige kontekste soos in Nederlands
gebruik word en in 'n ander konteks weer 'n bietjie anders.
|
|
|