Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Evers en vlakvarke
Evers en vlakvarke [boodskap #50912] Sa, 29 September 2001 23:30 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter : "Evers" kan ek nie. Waar is hulle?

Danielle : Stepping Stones in Eversdal - dis waar mens al die
Evertjies in hulle mosterd-kleurige uniformpies gekry het. :-)

Wouter
Ek weet presies waar die skool is. Sam Pienaar was lank die hoof daar
gewees. Maar ek dag jy sê n Ever is 'n soort vark? Waar kry mens hulle en
wat is dit, 'n bosvark?

Danielle
(Ek onthou vaagweg iets van Evert's en Eksteen's wat die oorpronklike
plaas besit het - en dat die vratvarkkop dalk deel van hulle
familiewapen was)

Wouter
Die oorspronklike plaas was Evertsdal, ek het aangeneem dat die
oorspronklike eienaars Evert was. Die ou opstal is vandag 'n restaurant, dis
net onderkant Durbanweg, nie ver van Eversdalweg af nie.

Op ons vorige huis se erf, ook in Durbanville (Valmary Park) het ons 'n
boorgat gehad wat klaarblyklik die Evertsdal-plaas se hoofwaterbron was. Ons
het ook aan ons bure boorgatwater voorsien, dit was 'n onuitputbare bron.

NS vir ons Nederlanders :
In Afrikaans is 'n plaas 'n "farm" en nie 'n plek of 'n plein nie.
Re: Evers en vlakvarke [boodskap #50913 is 'n antwoord op boodskap #50912] So, 30 September 2001 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Danielle
Ever= wilde vark
Volgens van Dale:
wild zwijn - synoniem: ever
ever = everzwijn

Waar kry mens hierdie evers? Soos ek verduidelik het - die enigste
plek wat ek van weet in SA is in Eversdal.

Wouter
Eversdal kry nie sy naam van varke af nie, maar van 'n Nederlandse
vryburger met die van Evert. Sy plaas is op die titelakte Evertsdal
gespel (en nie Eversdal soos wat hier onder aangedui word nie).

Die Evertsdal Sportklub en die Evertsdal Bistro dra vandag nog
die oorspronklike naam. Die woonbuurt en die skool word egter
Eversdal genoem.

Hier is 'n stukkie geskiedenis, van:

http://www.eversdal.co.za/hist.html

In 1680, Freeburger Evert was allocated 60 morgen of ground by the Dutch
East Indian Company to cultivate much needed fruit and vegetables required
by the trade fleets. It is therefore accepted that the farm, Eversdal was
named after him.

Nineteen years later Evert sold his farm to Hendrik Oostwald Eksteen. He
built a fortlike structure which was used as a wine cellar, which later fell
into disuse. One can still observe the gunfire slits used against attacking
Khoi Khoi and San.

The Deed of transfer to Eksteen in 1714 indicates that the origin of the
Kuils River is a well in the cellar of the house. The original house, with
its T-design, is traditional Cape Dutch, dating from that period.

Ten years later the property was sold to Gysbert Verwey and the deed of
Transport of this sale was signed by Ryk Tulbagh, Registrar of Deeds at the
Cape at that time.

Previous owners were:
1764 Johannes Louw
1803 Pieter Joosten
1815 Jacobus Wynand Louw
1855 The Schabort Family (wife of Jacobus Louw)
1973 Jan Beyers Linden Marais

With exceptional skill, research work, patience and dedication,this
farmhouse has been restored by the present owner, Mr J B L Marais.
Re: Evers en vlakvarke [boodskap #50914 is 'n antwoord op boodskap #50913] So, 30 September 2001 12:45 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Danielle
> wild zwijn - synoniem: ever
> ever = everzwijn
> Waar kry mens hierdie evers?

> Wouter
> Eversdal kry nie sy naam van varke af nie, maar van 'n Nederlandse
> vryburger met die van Evert.

Evers is "wild boars" (Sus Scrofa) van Eurasia en NoordelikeAfrika. As dit op
die skoolwapen van Eversdal was, dan was
dit miskien op die familiewapen van die vryburger Evert. Mens
weet egter dat die Vryburgers nie gegoede ekonomiese
en sosiale agtergronde gehad het nie ( - hulle was meestal
matrose op die skepe wat tussen Nederland en die Ooste
gevaar het) en mens wonder of iemand in die twintigste eeu
nie die wapen van 'n familie Evert wat wel aan die hoër lui
behoort het, gaan neem het en dit op die skoolwapen gesit
het nie?

Gloudina

>
Vorige onderwerp: wanneer, wat???
Volgende onderwerp: Re: ....study of people 101.........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:36:57 MGT 2024