Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kwêla en Kunskafee op kykNET
Kwêla en Kunskafee op kykNET [boodskap #49881] |
Mon, 10 September 2001 08:32 |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: January 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kwêla en Kunskafee op kykNET
Persvrystelling
Kwêla (91)
Woensdag 12 September 2001
kykNET 20:30
herhalings: Vrydag 14 September om 14:00
Sondag 16 September om 16:30
Bydraes oor:
Die nuwe rektor van die Universiteit van Stellenbosch, Chris Brink.
Jaco du Plessis is die nuwe lid van die gewilde 'boyband" "Eden"
Lannice Snyman, die hooforganiseerder van die "Chateau Libertas Barbecue
Kampioenskappe, wat 2-4 November in Kaapstad gehou word.
Die skrywer Erika Murray Theron. Haar roman is getiteld 'Sê Maria" en vertel
die verhaal van 'n familie oor ses geslagte heen - vanaf die Anglo
Boere-oorlog tot vandag.
Die blinde straatmusikant van Bloemfontein, Ismael Mbelo.
Visie 2012, 'n entrepreneursprogram vir jong Suid-Afrikaners in Londen.
ATELJEEGASTE
Hennie van Greunen, skrywer van die produksie "Café Boerlesque', wat by
Aardklop opgevoer gaan word, kuier in die ateljee.
KUNSKAFEE
SONDAG 16 SEPTEMBER 2001
kykNet 20:00
Herhalings:
Maandag 17 September om 16:00
Donderdag 21 September om 18:00
"KUNSKAFEE" is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer
dat dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer
teleur te stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns;
klassieke musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.
"Kunskafee" word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is
verskillende en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere
stuk argitektuur, 'n gallery en so meer.
Shemane Harris is die ankeraanbieder.
Die Kunskafee-ateljee Sondagaand is die huis en ateljee van skilder Ansa
Clacey. Om 'n akrielskildery en borduurwerk op dieselfde doek voor te stel,
klink onwaarskynlik, maar dit is presies wat Ansa regkry met haar vars
benadering tot kuns. Sy's ewe bekwaam in skilderwerk as in die
tekstielbedryf, daarom dat sy albei dissiplines met oorgawe kan doen.
"Supa Strikas" is die verhaal van 'n fiktiewe sokkerspan wat in die
kleurvolle wêreld van die strokiesprent 'n werklikheid word. Ons gaan loer
in by die kreatiewe span wat hieragter sit.
Tydens 'n onlangse musiekfees het Ladysmith Black Mambazo saam met die
Engelandse Kamerorkes opgetree. Tydens die geleentheid het die lede van die
wêreldberoemde orkes ook tyd afgestaan om 'n werksessie vir belowende
strykers in Soweto aan te bied.
Die Gauteng kringloop sluit onder meer die Suid-Afrikaanse akteur Jeremy
Crutchley in. Hy woon en werk in Engeland, maar is tans in die land om in
Pieter Toerien se produksie "Stones in his Pocket" te speel. Ducan besoek
ook die Tina Skukan galery waar Retha Buitendach uitstal. Ons was ook by die
bekendstelling van Janita Claasen se nuwe CD "Wilde Alwyn".
Die Wes-Kaap kringloop maak Charlene 'n draai by 'n uitstalling getiteld
"Telling Tales", wat werke bevat van onder meer Lien Botha, Jean
Doylearlene, Amaler-Ravis en Dale Yudelman. Die werke is by die 3rd I
Gallery te sien. Sy kuier ook by die immergroen Danielle Pascal om oor haar
vertoning "Vagabond" te gesels.
--
"Arts world in one website"
http://www.artslink.co.za
Arts and Culture Trust of the President Award
Electronic Media of the Year in support of the arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Nominated 2000/1
IAWMD Golden Web Awards Winner May 2001
Support South African Arts and Culture:
Dial-Up with Artslink.co.za and save!
http://www.at.artslink.co.za/isp
Debate issues affecting the arts and culture industry
http://www.at.artslink.co.za/egroups.htm
|
|
|
DIE 2001 STELLENBOSCH MUSIEK- EN KUNSTEFEES [boodskap #49883 is 'n antwoord op boodskap #49881] |
Mon, 10 September 2001 10:03 |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: January 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE 2001 STELLENBOSCH MUSIEK- EN KUNSTEFEES
Die veertiende jaarlikse Stellenbosch Musiek- en Kunstefees vind vanjaar van
21 tot 30 September plaas
Die veertiende jaarlikse Stellenbosch Musiek- en Kunstefees vind vanjaar van
21 tot 30 September plaas en vir die eerste keer val die gebeurtenis saam
met die Van der Stelfees en die Wynfees. Stellenbosch vier die lente met
musiek, teater, kunsuitstallings, gemeenskapsprojekte, straatmarkte,
jeugprogramme, besondere rolprent- en blommeskoue, asook tradisionele en
historiese geleenthede wat die dorp se verskeidenheid van kultuur en
kookkuns vier.
Die Burgemeester van Stellenbosch, Raadslid Willie Meyer sê "Dit is 'n groot
voorreg om die verteenwoordiger van ons gebied te wees as soveel deur ons
mense vermag word. 'n Nuwe era begin en ons het die geleentheid om 'n
venster tot ons pragtige deel van die land oop te maak. Ek is bly om te merk
dat ons hierdie jaar 'n fees het wat werklik die mense van Stellenbosch en
omstreke verteenwordig."
Die Lentefees word moontlik gemaak deur die ruimhartige finansiële
ondersteuning van die Stadsraad van die Stellenbosch Munisipaliteit, Die
Rupert Musiekstigting, Remgro/VenFin, Distell - Stigting vir die Uitvoerende
Kunste, Absa, Parmalat en die Vriende van die Stellenbosch Musiek- en
Kunstefees.
Distell het 'n groot slag geslaan vir die fees met 'n enkele uitvoering van
Cesaria Evora, die "kaalvoet diva" van Kaap Verde. Sy sal haar
Suid-Afrikaanse toer by die Oude Libertas Amfiteater op 29 September afskop.
'Cize' soos sy genoem word, het die klanke van 'morna' om die wêreld geneem
en nou sal haar Kreools-Portugese musiek op Stellenbosch gehoor word.
Die hoof-fokus is MUSIEK waar die kollig val op die beste musici wat
Suid-Afrika en Afrika kan aanbied. Solo-uitvoerings, duette, kwartette,
orkes-, ensemble- en kamermusiek-konserte gaan in die manjifieke konsertsale
van die Konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch en die
betowerende Oude Libertas Amfiteater aangebied word.
Konserte sluit Rossini se glorieryke Stabat Mater met die Feesorkes en die
Studentekerk-koor onder leiding van Louis van der Watt in. Die soliste is
Hanneli Rupert, Beverley Chiat, Wilhelm Theunissen en André Howard.
Die Suid-Afrikaans gebore pianiste Petronel Malan - wat reeds in 1988 die
eerste Stellenbosch Musiekfees ingelei het - keer terug na Suid-Afrika vir
'n uitgebreide toer. Die Stellenbosch Musiekfees sal haar eerste halte wees.
Haar debut, verlede jaar in New York se Carnegiesaal-kompleks, het die
hoogste lof van die New York Times se musiekresensent ontlok.
Uitvoeringe deur die Crowson-strykkwartet met gaskunstenaar François du Toit
(klavier), die verfrissende Magalhaes & Schumann-klavierduet en 'n
uitvoering van Franse Kunsliedere deur bariton André Howard, begelei deur
Nina Schumann, tel onder die hoofaanbiedinge van die 2001-fees.
Die groot Tsjaikofski-afsluitingskonsert deur die Simfonie-orkes van die
Universiteit van Stellenbosch onder leiding van sy dinamiese dirigent Eric
Rycroft en met solis Nina Schumann rond die konsertreeks en 2001-fees op 'n
paslike wyse af.
Konserte in die Moederkerk, skemerkonserte in die Fismersaal en die
Nasionale Ensemble-kompetisie vir Hoërskool-leerlinge aangebied die Hoër
Meisieskool Bloemhof, voltooi die musikale aanbiedinge.
Teateropvoerings deur die Departement Drama van die Universiteit van
Stellenbosch en gemeenskapsteater aangebied deur die Klein Libertas Teater
is sterk verteenwordig in dié jaar se feesprogram, terwyl vertonings van
uitstekende gehalte by die Dorpstraat TeaterCafé aangebied word.
Die Zonnebloem Exploring Consciousness FilmFest voeg nog 'n fassinerende
aspek by tot die program as 'n geheel.
Toegangsgeld vir die onderskeie konserte en teateropvoerings wissel van R10
tot R58. Besprekings kan by Computicket gedoen word 083 915 8000
www.computicket.com - Vir navrae kontak die Feeskantoor by tel/faks 021
883-3891. Feesbrosjures is by alle Computicket-verkoopspunte beskikbaar
asook by die Stellenbosch Inligtingskantoor en die Feeskantoor te Kerkstraat
29, stel...@kingsley.co.za of wagn...@freemail.absa.co.za,
www.istellenbosch.org.za en www.stellenboschfestival.co.za.
eindig hier
Uitgegee namens
Die 2001 Stellenbosch Musiek- en Kunstefees
Vir verdere inligting en media-navrae kontak asseblief
Berniece Friedmann
021 434-4951 / 082 892 5877
bern...@kingsley.co.za
Feeskantoor: Kerkstraat 29 Stellenbosch 7600
Tel/faks 021 883-3891
wagn...@freemail.absa.co.za
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Wed Jan 01 04:38:17 UTC 2025
|