Die Amanzimtoti-tottie en sy geliefkoosde onderwerp [boodskap #49424] |
Tue, 04 September 2001 12:08 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> Wat meer is, as ek reg lees het Danielle van haarself gepraat toe sy gesê
> het, haal aan "Ja, ek is 'n ongeskikte en arrogante Afrikaner - nes JY!" En
> die "jy" was natuurlik ons geliefde Dina.
>
Tog so snááks dat dié mense, wat veronderstel is om
my te ignoreer, die oues is wat die meeste oor my sit
en praat. Dis 'n bekende sielkundige toestand. Sakkie
se probleem het oorspronklik begin toe hy verkleinerend
oor "Dina" se Adams College wou praat, en toe deur sy
eie navorsing uitgevind het dat dit 'n inrigting was wat in
die verlede eintlik beroemd was. Dis 'n patologiese
reaksie om mense te ignoreer en te verkleineer as hulle
jou vooroordele bedreig.
Tant Venus van een van die voorste planetêre van
Helsdingens
|
|
|
Re: Die Amanzimtoti-tottie en sy geliefkoosde onderwerp [boodskap #49427 is 'n antwoord op boodskap #49424] |
Tue, 04 September 2001 12:50 |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3B94C545.7498594C@home.com...
> Sakkie se probleem het oorspronklik begin toe hy verkleinerend
> oor "Dina" se Adams College wou praat.......
> Tant Venus van een van die voorste planetêre van
> Helsdingens
Ek het Dina van my "Block Sender" afgehaal om te sien of sy die moed het om
te reageer op 'n vraag wat iemand haar gevra het na gelang van een van haar
baie stellings. Ek moet sê die moed is seker daar, maar die geheue is nie
meer so lekker nie so dit is moeilik om te onthou waar sy al haal opmerkings
gelos het. Die probleem daarmee is natuurlik dat sy nie altyd reageer op
sulke teenvrae nie, so die meeste van ons dink natuurlik dat sy nie weet hoe
om te antwoord nie. Wees geduldig ouens, die geheue pla.
Om terug te kom by "Dina se Adam's" Ek onthou net dinge wat vir my
belangrik is so die Adam's sage is maar onsamehangend en in die agtergrond.
Wat ek wel kan onthou is dat Adam's persentasie gewys 'n geweldige klomp
toekomstige politiese "leiers" opgedis het, wat my laat wonder het watse
opleiding die mense gekry het. Iemand wat dit sien as "verkleinerend",
beskou dit as 'n belediging om politiese leiers op te ly.
|
|
|
|
|