Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 9 AUGUSTUS
9 AUGUSTUS [boodskap #47924] Sat, 11 August 2001 03:52 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: February 1997
Karma: 0
Senior Lid
9 AUGUSTUS

1706 - Die Kaapstadse geregshof verban nege burgers weens opstandigheid na
Mauritius.
1861 - Charl Theodorus Muller Wilcocks, voormalige Administrateur van die
OVS, is op Graaff-Reinet gebore. In die Engelse Oorlog was hy saam met die
Vrystaters op kommando, is hy gevange geneem en na Ceylon verban. Hy het
enkele jare na die oorlog Volksraadslid geword en in 1929 Administrateur van
die OVS. Hy is op 14 November 1936 is Bloemfontein oorlede.
1920 - Ds Marius Goddefroy oorlede. - Mari'e Joseph (Marius) Goddefroy is
op 30 Oktober 1848 in Brussel, Belgi"e, gebore.
As predikant, skrywer, volksman, kommandoprediker en krygsgevangene, verwerf
hy sedert 1887 bekendheid as kampvegter vir die belange van die NH Kerk, en
die behoud van vryheidsideale onder die Transvalers. Hy is in 1920 in
Pretoria oorlede.
1945 - 'n Tweede atoombom binne 'n week vernietig meer as die helfte van
die Japanse stad Nagasaki.
1968 - Gewese Eerste Minister John Voster kondig sy eerste groot
kabinetskommeling aan. - Die begin van ons moeilikheid.
Re: 9 AUGUSTUS [boodskap #47966 is 'n antwoord op boodskap #47924] Sat, 11 August 2001 15:01 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> 9 AUGUSTUS
>
> 1968 - Gewese Eerste Minister John Voster kondig sy eerste groot
> kabinetskommeling aan. - Die begin van ons moeilikheid.

Verduidelik, asseblief, Frikkie. Dis die jaar dat ek SA vir die tweedekeer
verlaat, dus kan jy my nie blameer dat ek effens wasig is oor die
sake nie.

M8
Vorige onderwerp: 6 AUGUSTUS
Volgende onderwerp: 10 AUGUSTUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 18:59:42 UTC 2024