Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 10 AUGUSTUS
10 AUGUSTUS [boodskap #47925] Sa, 11 Augustus 2001 03:54 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
10 AUGUSTUS

1783 - Voortrekkerleier Louis Trichardt gebore. Louis Tregardt is op
Oudtshoorn, in die distrik Swellendam, gebore. Later het hy op verskillende
plekke in die Graaff-Reinetse distrik geboer, en teen 1834 was hy in die
omgewing van die Wit Kei gevestig. Hy neem deel aan die Groot Trek in 1835.
Naby Bethulie het hy oor die Oranjerivier getrek, en daarna het hy die
Caledonrivier bereik, waar die trek van Johannes J. Janse van Rensburg by
hom aangesluit het. Gesamentlik, maar afsonderlik, het die twee geselskappe
noordwaarts getrek tot by die Strydpoort-berge, waar hulle geskei het.
Tregardt het in die omgewing vir meer as 'n jaar vertoef. Sy trekgeselskap
vertrek in Augustus 1837 op die moeisame en rampspoedige tog deur die
Laeveld en oor die Drakensberg na Lourenco Marques. Geteister deur malaria,
bereik die gehawende geskelskap Lourenco Marques in April 1838, waar eers
Tregardt se vrou, en daarna hyself op 25 Oktober 1838,
beswyk. Tregardt se dagboek is 'n belangrike historiese bron terwyl hy deur
sy trek nie net die noordwaartse roete vir die Voortrekkers gebaan het nie,
maar die begeerte geprikkel het by sommige om hulle in die oor-Vaalse gebied
te vestig.
1920 - Suid-Afrikaanse Reserwebank word gestig in Pretoria.
1991 - Slag van Ventersdorp: Die AWB en NP-regering bots geweldadig by
uitlokkende de Klerk vergadering. Boerseuns Bardenhorst en Conradie
sneuwel.
Re: 10 AUGUSTUS [boodskap #47967 is 'n antwoord op boodskap #47925] Sa, 11 Augustus 2001 15:06 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> 1991 - Slag van Ventersdorp: Die AWB en NP-regering bots geweldadig by
> uitlokkende de Klerk vergadering. Boerseuns Bardenhorst en Conradie
> sneuwel.

Ah, die "Slag van Ventersdorp"! Hoe kan ek daarvan vergeethet? En jy sal in 'n
spesiale hoekie van die hel braai, Frikkie, omdat
jy en jou trawante die respektabele geskiedenis van die Voortrekkers
meng met hierdie swynedrek.

M8.
Vorige onderwerp: 9 AUGUSTUS
Volgende onderwerp: Laat weet asb.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:09:05 MGT 2024