Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 6 AUGUSTUS
6 AUGUSTUS [boodskap #47921] Sat, 11 August 2001 03:47 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: February 1997
Karma: 0
Senior Lid
6 AUGUSTUS

1863 - Seegeveg in Tafelbaai tussen die *Alabama* en die *Sea Bride*. Die
stoomskip *Alabama* het sonder moeite met netjiese seemansvernuf sy prooi
van Tafelbaai afgesny en dit binne sig van 'n groot groep Kapenaars , wat
geesdriftig van die hawe se kant af toegekyk het , oorrompel. Daar is sy
naam mettertyd verewig in die volksliedjie *Daar kom die Alabama*.
1876 - Annie Visser gebore op Lokshoek , distrik Jagersfontein , was een
van die eerste Afrikaanse sangeresse wat plate van Afrikaanse liedere gemaak
het.
1883 - Stigting van die Republiek Stellaland. As gevolg van inboorlingonrus
by die Transvaalse suidwestelike en westelike grens het Paul Kruger , en
Rhodes in Kaapland namens Brittanje , bekommerd geraak dat sake sodanig kan
vertroebel dat groot ellende kan uitbreek. Die Boere het van Massouw 'n
grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk 'n republiek gestig.
Re: 6 AUGUSTUS [boodskap #47965 is 'n antwoord op boodskap #47921] Sat, 11 August 2001 14:56 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> 6 AUGUSTUS
>
> 1863 - Seegeveg in Tafelbaai tussen die *Alabama* en die *Sea Bride*. Die
> stoomskip *Alabama* het sonder moeite met netjiese seemansvernuf sy prooi
> van Tafelbaai afgesny en dit binne sig van 'n groot groep Kapenaars , wat
> geesdriftig van die hawe se kant af toegekyk het , oorrompel. Daar is sy
> naam mettertyd verewig in die volksliedjie *Daar kom die Alabama*.

Dankie Frikkie. Dis interessant. Ek het nie geweet dat daar 'n seegevegin
Tafelbaai plaasgevind het nie. Hierdie skip van die Confederates in die
Amerikaanse Burgeroorlog het groot beroemdheid verwerf, maar is
uiteindelik erens naby Engeland gekelder. As ek reg onthou, het die
Amerikaanse regering ge-eis dat Engeland skadevergoeding moes betaal
vir die skade wat dit aangerig het, want die skip was in Engeland gebou.

Gloudina
Vorige onderwerp: 4 AUGUSTUS
Volgende onderwerp: 9 AUGUSTUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 18:55:59 UTC 2024