Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 4 AUGUSTUS
4 AUGUSTUS [boodskap #47919] Sa, 11 Augustus 2001 03:44 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
4 AUGUSTUS

1914 - Uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog. Reeds sedert die sestiende eeu
word die verhouding tussen die Europese moondhede deur die beginsel van die
magsewewig be"invloed.
Teen Duitsland en Oostenryk-hongarye het gestaan Brittanje, Frankryk,
Rusland en seder 1915 ook Italië. Dit was gou duidelik dat Duitsland
onoorwonne was, die teenpartye is egter gered in 1917 deur die toetrede van
Amerika tot die oorlog.
'n Groot deel van die wêreld was nou teen Duitsland, wat op die vasteland
van Europa geblokkeer was, sodat hy ekonomies steeds swakker geword het. Dit
was hierdie feit wat die nederlaag van Duitsland beklink het. 'n Revolusie
het in Duitsland uitgebreek, en op 11 November 1918 is 'n wapenstilstand
gesluit. Met die
Vrede van Versailles op 28 Julie 1919 is swaar laste op Duitsland gelê, om
te verhinder dat hy weer in staat sal wees om die magsewewig te versteur.
Ook die Unie van Suid-Afrika het in die oorlog betrokke geraak toe hy op
versoek van Brittanje, Duits-Suidwes-Afrika verower het. Vir 'n deel van
die Afrikaanse volk wie se republikeinse onafhanklikheid slegs twaalf jaar
tevore deur Brittanje vertnietig was, was dit te veel, en 'n Rebellie was
die gevolg. Hoewel die opstand maar kort van duur was, was die politieke
uitwerking daarvan besonder groot. Die Rebellie was die groot faktor wat die
Nasionale Party so 'n groot opgang laat maak het
Re: 4 AUGUSTUS [boodskap #47964 is 'n antwoord op boodskap #47919] Sa, 11 Augustus 2001 14:51 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> Ook die Unie van Suid-Afrika het in die oorlog betrokke geraak toe hy op
> versoek van Brittanje, Duits-Suidwes-Afrika verower het. Vir 'n deel van
> die Afrikaanse volk wie se republikeinse onafhanklikheid slegs twaalf jaar
> tevore deur Brittanje vertnietig was, was dit te veel, en 'n Rebellie was
> die gevolg. Hoewel die opstand maar kort van duur was, was die politieke
> uitwerking daarvan besonder groot. Die Rebellie was die groot faktor wat die
> Nasionale Party so 'n groot opgang laat maak het

My pa was vir 'n rukkie deel van die Rebellie. Dis nog voordathy my ma ontmoet
het. Sy het altyd met aangesitte bitterheid vertel
hoedat my pa uit die bulte op die plek geskiet het waar hulle toe
gebly het aan die noordelike oewer van die Oranje-Rivier, regoor
Kakamas.

Gloudina
Vorige onderwerp: Onse Vader
Volgende onderwerp: 6 AUGUSTUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 12:47:09 MGT 2024