30 JULIE [boodskap #47633] |
Sa, 04 Augustus 2001 06:47 |
Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383 Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
30 JULIE
1852 - Prof. N. Mansvelt gebore. Nicolaas Mansvelt is in Wassenaar,
Nederland , gebore. Hy ontvang sy onderwysopleiding aan die
bekende Klokkenberg in Nijmegen , en op 17 Julie 1874 vertrek hy
na die Kaap. Hy werk hoofsaaklik op Stellenbosch. Hy was
ook stigterslid en eerste sekretaris van die *De
Zuid-Afrikaansche* Taalbond , 'n organisassie wat die voorkeur wat in
daardie tyd aan
Engels op amptelike vlak gegee is , wou bekamp. In 1891 word hy
superintendent van onderwys in die ZAR.
|
|
|